Bomplanter McBride se pa sê ‘wittes’ is teen hom

Magoo's Bar
Magoo’s Bar

Bomplanter Robert McBride is die regte man vir die pos het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor gesê na McBride se benoeming as nuwe hoof van die polisie-ondersoekdirektoraat (Opod).

McBride se rol in die Magoo’s Bar-bomaanval in 1986 in Durban waarin drie wit vroue gesterf en 69 mense beseer is, is bekend. McBride is in 1986 aan moord skuldig bevind weens die bomaanval wat hy as lid van umKhonto weSizwe (MK) uitgevoer het.

Hy is ter dood veroordeel, maar is later begenadig. Die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) het amnestie aan McBride verleen in 2001.

Volgens sy pa Derrick McBride het hy “swaar gely onder vooroordeel” deur die media. “Maar daar word deur wit mense oor hom verslag gedoen. En daar is druk op hom omdat hy drie wit vroue (in die Magoo’s Bar-bom) doodgemaak het.” Sy pa sê sy seun “moes al minister van polisie gewees het”.

McBride het vroeër gesê hy het nie alleen opgetree nie. Hy was onder die gesag van die ANC. Saam met Gordon Webster, het hy die eenheid vir spesiale operasies vanuit Gabarone bedryf en is opgekommandeer deur Aboobaker Ismail. Ismail het aan Joe Slovo verslag gedoen.

Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, het gesê McBride het die nodige kwalifikasies met sy ervaring as oudmetropolisiehoof van Ekurhuleni.

Dr. Johan Burger, senior navorser aan die ISS, het by navraag aan Beeld gesê hy is “uit die veld geslaan”.

Hy was veral verras in die lig van McBride se onlangse verlede. “Die minister moes tog gedink het dat met al die moeilikheid in die polisie dié benoeming betwis sal word,” het Burger gesê.

Burger het egter aan die M&G gesê McBride sal waarskynlik sê al die voorvalle in sy onmiddellike verlede was blote bewerings en hy is vrygespreek van alle aanklagte.

Burger het gesê McBride is gekwalifiseer vir die pos. “In terme van kwalifikasies, weet ons hy het ‘n graad in polisiëring. Dus, in terme van kwalifikasies, het hy aan die vereistes voldoen. Dit moet ook in gedagte gehou word dat hy die hoof van ‘n polisie-agentskap was.”

Mthethwa het bevestig dat die kabinet McBride vir die pos aanbeveel het uit die nege kandidate vir die pos.

Dr. Mark Shaw, direkteur van gemeenskappe, misdaad en konflik by STATT Consulting in Hongkong, was een van die gunsteling-kandidate, berig Beeld.

STATT is ’n organisasie in Hongkong soortgelyk aan die plaaslike Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).

McBride is in 1992 saam met 150 politieke gevangenes vrygelaat. In 1998 is hy as ’n hooggeplaaste amptenaar in die departement van buitelandse sake, in Mosambiek weens beweerde wapensmokkelary in hegtenis geneem.

Hy het aangevoer dat hy saam met die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) gewerk het. Alle aanklagte teen hom is later laat vaar.

McBride, en die beweerde handlanger van die Tsjeggiese Mafiabaas Radovan Krejcir, Cyril Beeka en nog ’n man is vroeër weens aanranding aangekla by ‘n Kaapse ontkleeklub.

Die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging het besluit om McBride nie te vervolg nie en Beeka en nog ’n beskuldigde het alleen tereggestaan.

In 2011 word McBride skuldig bevind aan dronkbestuur en regsverydeling ná ’n ongeluk in Desember 2006 toe sy ampsmotor naby Centurion op pad terug van ’n werkpartytjie naby die Hartbeespoortdam gerol het. Hy is later op appèl vrygespreek.

Die DA sê McBride is nie geskik vir die rol nie omdat Opod “daagliks met sensitiewe inligting werk”.

37 thoughts on “Bomplanter McBride se pa sê ‘wittes’ is teen hom”

  1. Rampokkers en terroriste is nou die Baas-bantjies vir boeties-dis hoe dit nou werk in die nuwe SA. Bekwaamheid tel nie, kriminaliteit seëvier-hoe lank nog? Hy het skotvry afgekom by TRC sirkus soos baie van sy “comrades”, maar wittes soos veiligheidspolisie moes maar boet-behalwe wit verraaiers en ANC gatkruipers. Mandela het nooit om verskoning en vergifnis gevra vir hierdie 3 wit vroue se dood en talle ander slagoffers voor 1990. Nooit het hy ook die gewapende stryd gestaak nie, nie in die media, nêrens nie. Dan is daar ‘n klomp wit idiote wat hom aanhang-hulle behoort hulle te skaam.

  2. Maak ‘n moordenaar hoof van ‘n organisasie om die polisie we werk na te gaan en die polisie in toom te hou? Hy het geen probleem daarmee om wittes dood te maak nie – dit het hy in die verlede bewys. Is dit hoekom hy nou die posisie moet beklee? Hy moet dalk juis nie optree as wittes deur polisie “vermoor” word nie.
    Op al die ander aanklagte het hy ook maar net op ‘n tegniese punt vrygekom.
    Die ou kaders sorg maar vir mekaar. DIT is hoekom die ANC hom daardie pos sal sit. Of hy sy werk sonder voorbehoud sal doen maak nie ‘n snars saak nie.

          1. Ag my mens, laat dit gaan. Ek het hierdie afgelope tyd geleer dat goed nie aan my moet kleef soos skuldgevoelens. So ek laat gaan.

  3. Praag raak nou bietjie erg. Mens verstaan hulle beleid, maar kommentaar binne die beleid word ook nie geplaas nie.
    Doodeenvoudig geseg dat ‘n politieke ontleder op KYK NET geseg het dat McBride se aanstelling die regte ding is. Ook geseg dat aanstellings in die polisie kriminele insluit veral in hoër poste.

  4. Ek begryp maar al te goed die woede wat mense jeens Bomplanter McBride koester. Ek wil ook nie voortdurend op die gevolge van die 1992 JA-stem hamer nie.
    Vir diegene wat so ‘n bietjie van ons meer onlangse geskiedenis kan onthou–Onthou julle die polisie spioen Gerard Ludi ? Die man wie se getuienis Bram Fischer se doppie geklink het .
    Hy het die ANC/SAKP waarskynlik beter geken as meeste “kenners” in SA.
    So ongeveer 10 dae voor daardie berugte referendum publiseer die CITIZEN ‘n brief deur Ludi waarin hy waarsku om NIE JA TE STEM NIE. Sy laaste paragraaf het so gelui:’don’t vot YES, YOU DO NOT WHO YOU ARE DEALING WITH”
    Die hele siek besigheid herinner my op ‘n vreemde manier aan die gedig van AG Visser –“in Die Sondagskool”
    Ja, veertig dae agtereen
    En veertig nagte lank gereen!
    Dis ‘n rekord tot op hede.
    Meneer mag ek Meneer iets vra ?
    Maar alte seker Japie. Ja ?
    was die boere toe tevrede ?
    Is die JA-stemmers nou tevrede ?

Maak 'n opvolg-bydrae