Mandela-fliek in Britse top-tien

Die film Mandela: Long Walk to Freedom het in Brittanje en Ierland geopen en sal na verwagting oor die R26 miljoen in sy eerste drie dae van die vrystelling inoes. Die film is gewild by die Britte en Iere en sal die naweek een van die top 10 presteerders by die Britse loket wees, het

Lees verder: Mandela-fliek in Britse top-tien

Soennie-geweld in Irak duur voort

Bomme wat in motors en langs die pad in Bagdad ontplof het, het minstens 19 mense gedood in Irak. Die dodelikste aanval het in die hoofsaaklik Sjiïtiese gebied, Shaab plaasgevind, waar minstens 9 mense dood en 25 beseer is. Soennitiese insurgente het hul aanslae op die Irakse sekuriteitsmagte en ondersteuners van die premier, Nuri al-Maliki

Lees verder: Soennie-geweld in Irak duur voort

Marikana-ondersoek hervat

Die Marikana Kommissie van Ondersoek sal na verwagting vanoggend hervat word ná ‘n maandlange reses. Verlede maand het Brigadier Adriaan Calitz van die polisie getuig. Hy het getuig oor of die polisie uit noodweer opgetree het toe hulle in 2012 op die stakende mynwerkers geskiet het. Vier-en-dertig myners is in die skietery dood. Die regsverteenwoordiger van die

Lees verder: Marikana-ondersoek hervat

Swartes betoog oor Israel se aanhouding van immigrante

Duisende swart immigrante het Sondag in Tel Aviv betoog teen ‘n nuwe aanhoudingswet wat toelaat dat immigrante na ‘n woestyntronk toe gestuur word. Die betogings in Israel het gelei tot ‘n seldsame en sterk bewoorde verklaring van die VN se vlugtelingagentskap. Die verklaring sê dat die aanhouding van immigrante wat broodwinners insluit, “swaarkry en lyding”

Lees verder: Swartes betoog oor Israel se aanhouding van immigrante

Matriek 2013: Uitslae vanaand bekend

Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, sal die uitslae van die 2013 matriekeksamen Maandagaand om sesuur bekend maak. Die voorspelling is dat die algehele slaagsyfer sal verbeter van 2012 se 73,9%. Meer as 500 000 voltydse matrikulante het vir die finale eksamen in 2013 geregistreer en die resultate sal Dinsdagoggend in die media bekend gemaak word.

Lees verder: Matriek 2013: Uitslae vanaand bekend

‘Rasvermenging skep geslagte lange probleme’

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Eintlik wou ek vandag oor iets heel anders geskryf het, oor die Dawid-en-Goliatstryd wat Afrikaners tans moet voer. Daar bestaan ten minste twee of drie Goliats wat op ons afmarsjeer: die groot swart meerderheid in Suid-Afrika, die buitelandse moondhede wat ons

Lees verder: ‘Rasvermenging skep geslagte lange probleme’

‘n Tata, nie ‘n Mercedes nie

deur Leon Lemmer Uit die buiteland word ek oorval met boodskappe deur mense wat dink almal in Madibië rou. Ek wens dat almal nou van die Mandela-wa afklim en besef dat dit nie ‘n Mercedes is nie maar ‘n Tata. Tog voel ek verplig om, hopelik vir oulaas, ‘n herbesoek aan twee neo-swartes, eintlik bruines,

Lees verder: ‘n Tata, nie ‘n Mercedes nie

praag verskuif aanstons na ‘n nuwe en kragtiger bediener

Ons werk tans aan die trek na ‘n nuwe, kragtiger bediener wat die gebruikerservaring op ons webwerwe nog beter behoort te maak. Ons sal ook bykomende dienste aan ons praag-vriende kan bied, waaroor ons baie opgewonde is. Verder in die verskiet lê ‘n virtuele betaaldiens of gemeenskapspaarkas waaroor ons reeds geruime tyd praat en waarvoor

Lees verder: praag verskuif aanstons na ‘n nuwe en kragtiger bediener

Ernie sal twee Europese toernooie misloop

Die wêreld se voormalige nommer een gholfspeler verkies om tyd te spandeer saam met sy gesin as deel van ‘n plan om sy toerskedule vanjaar te verkort. Die wêreldkampioen het reeds 25 toerseisoene agter die blad. Ernie Els sal die Volvo Golf Champions-toernooi in Durban misloop in Suid-Afrika sowel as die Abu Dhabi HSBC-kampioenskap in

Lees verder: Ernie sal twee Europese toernooie misloop

Schumi word 45, steeds in koma

Die Formule Een-legende, Michael Schumacher word vandag 45 terwyl hy steeds in ‘n koma in ‘n Franse hospitaal lê, nadat hy erge kopbeserings in ‘n ski-ongeluk opgedoen het. Sy dokters sowel as familie se monde wou nie enige verklarings oor sy huidige toestand maak nie. Hy het in die Franse Alpe verongeluk by Meribel waar hy

Lees verder: Schumi word 45, steeds in koma