Die sekretaris van die ANC in Limpopo, Knocks Seabi sê die Munisipale Afbakeningsraad kan dalk sy besluit oor Malamulele verander nadat etniese konflik tussen Vendas en Tsongas die gebied reeds weke lank teister. Die Afbakeningsraad het vroeër die Tsongagemeenskap se eis vir ‘n eie munisipaliteit van die hand gewys. President Jacob Zuma het vroeër gesê
Onverwerkte riool spoel in Vaalrivier
Die Matlosana-munisipaliteit by Stilfontein is glo besig om die Vaalrivier te besoedel met onverwerkte riool. Die rioolstelsel in Stilfontein is gebrekkig, of werk glad nie, en onverwerkte riool spoel in die Koekemoerspruit in wat direk in die Vaalrivier vloei. ‘n Klag is glo reeds by die Groen Skerpioene gelê. Die ANC-beheerde munisipaliteit se verantwoordelikheid om
Westerse media rig ultimatum aan Poetin
Rusland het Maandag gesê pres. Wladimir Poetin sal geen ultimatums rakende die Oekraïne duld nie. Dié reaksie volg op Anglo-Amerikaanse mediaberigte dat Duitsland Poetin “tot môre tyd gegee het om tot ’n nuwe vredesplan in te stem, anders sal Rusland nuwe sanksies in die gesig staar”. Poetin se woordvoerder, mnr. Dmitry Peskof, het op ’n
Haïti weer in opstand oor brandstofpryse
Oproeriges wat teen die regering van Haïti gekant is, het Maandag begin om die hoofstad lam te lê. Die beplande tweedag-staking is uit protes teen stygende brandstofpryse en kom midde ’n toenemende ekonomiese en politieke krisis in die land. Protesorganiseerders het inwoners gewaarsku om tuis te bly en gesê diegene wat dit op straat waag,
‘Jan Kempdorp-vier moet billike kans kry’
Die vier geskorste leerlinge van ‘n Noord-Kaapse landbouskool wat van verkragting en aanranding aangekla word, moet tydens hul tugverhoor die geleentheid gegun word om hul saak aan die skoolbeheerliggaam te stel. Provinsiale onderwyswoordvoerder, Sydney Stander, sê hulle verstaan die erns van die saak, maar die gemeenskap, wat daarop aandring dat die seuns permanent uit die
Lyke in Windhoekse hospitaalsaal gelaat
Die lyke van twee pasiënte wat tydens hul opname in Saal 4 Wes in die Windhoek Sentrale Hospitaal op dieselfde dag gesterf het, is glo vir ure daarna steeds in hul onderskeie kamers tussen ander pasiënte gelaat, voordat die liggame verwyder is. Volgens ’n voormalige pasiënt is gordyne glo bloot rondom die oorledenes se beddens
Motors: klasbestes 2015 (deel 2)
Soos met die outomatiese sedanmotors in ons vorige artikel het ons al die nuwegeslagluikrugmotors wat tans beskikbaar is met mekaar gaan vergelyk. Daar is slegs vyf luikrugmotors wat nie heeltemal as primaklas beskou kan word nie, maar so ‘n trappie hoër is as die gewone 1.6-modelle. Die vyf motors beskik almal oor nuwegeslag- kleinkapasiteitenjins wat
Grondwethof genader oor partybefondsing
Die Grondwethof sal vanoggend betoë aanhoor in ‘n aansoek om toegang te kry tot inligting oor die privaat befondsing van politieke partye. Die saak is deur die nie-winsgewende veldtog My Vote Counts ingedien, het RSG berig. Hulle wil hê die hof moet die Parlement opdrag gee om wetgewing in te stel wat toegang tot sulke
Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie
In ‘n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde “grondwetlike waardes” waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke
Lees verder: Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie
Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand
Skermutselinge tussen onwettige myners, het die Oos-Rand nege ure lank in paniek gehad. Gevegte tussen twee groepe strydende onwettige mynwerkers het veroorsaak dat gesinne onder hul beddens en binne kaste moes wegkruip vir gewapende mans wat mekaar agtervolg het en by hul eiendomme ingebars het. New Modder, buite Benoni, is Sondag omskep in ‘n oorlogsone
Lees verder: Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand
