Klipgooiers val simbole van ‘witheid’ by Wits aan

Tydens gister se onluste deur swart studente aan die Universiteit van die Witwatersrand is simbole van “witheid” soos die Grootsaal met sy nieuklassieke pilare aangeval. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die ruite van die ingang tot die Grootsaal waar geslagte Engelse studente hul graaddiplomas onder begeleiding van “Gaudeamus igitur” ontvang het, stukkend

Lees verder: Klipgooiers val simbole van ‘witheid’ by Wits aan

VSA vra dat SA politieke geweld in DRK keer

Die Verenigde State het Dinsdag ‘n beroep op Suid-Afrika gedoen om sy spesiale invloed in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te gebruik om hierdie week se ontploffing van politieke geweld te keer en te sorg dat dit nie buite beheer raak nie. Polisie het traangas gebruik talle ondersteuners van opposisiepartye in Kinshasa te

Lees verder: VSA vra dat SA politieke geweld in DRK keer

Russe woedend oor blaam vir hulpkonvooi-aanval

“Ons is werklik woedend oor hierdie aanval. Daar was ‘n lang proses van toestemming en voorbereiding voordat die konvooi toegelaat is om geïsoleerde burgerlikes te gaan bystaan,” het die Verenigde Nasies (VN) se spesiale gesant vir Sirië, Steffan de Mistura, in ’n verklaring aan Reuters gesê, nadat ’n noodleni­gingskonvooi onderweg na Aleppo Maandagaand aangeval is.

Lees verder: Russe woedend oor blaam vir hulpkonvooi-aanval

Amokmakers dreig UV, UK en NWU

Swart studente van die Universiteit van die Vrystaat (foto) het besluit op ‘n aggressiewe plan van aksie om die regering te dwing om aan hul eise vir gratis hoër onderwys te voldoen. Na ‘n vergadering op die Bloemfontein-kampus van die UV, is ook besluit om die UV-bestuur te dwing om alle dissiplinêre optrede teen diegene

Lees verder: Amokmakers dreig UV, UK en NWU

Drie Brandfort-plaasaanvallers voor

Die drie swart mans wat aangekla word van poging tot moord op Charl Gutter in Brandfort verlede maand, sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn. Teboho Francis, Tefo Tlhabo en Tsietsi Rampa is by hulle vorige hofverskyning borgtog geweier. Die vermeende aanvallers staar aanklagte van poging tot moord en poging tot roof in

Lees verder: Drie Brandfort-plaasaanvallers voor

Polisie monitor steeds situasie in Langa

Die polisie het die situasie in Langa op die Kaapse Vlakte deur die nag gemonitor. Dit volg na gewelddadige betogings in die gebied waarin die poskantoor aan die brand gesteek en winkels geplunder is. Die polisie het 40 mense op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem. Inwoners eis nou dat hulle vrygelaat word. Sowat

Lees verder: Polisie monitor steeds situasie in Langa

Heidelbergpad lank gesluit na vragmotors bots

Die R549 tussen Deneysville in die Vrystaat en Heidelberg in Gauteng is vanoggend eers heropen ná ‘n botsing tussen twee vragmotors Dinsdagaand. Polisiewoordvoerder, Livhuhani Hani, sê die bestuurder van die aankomende vragmotor en ‘n passasier is op die toneel dood. ‘n Wa wat deur ‘n vragmotor getrek is, het vermoedelik losgekom en daartoe gelei dat

Lees verder: Heidelbergpad lank gesluit na vragmotors bots

Kenia en Somalië takel mekaar in oliegrensdispuut

Kenia het Somalië Maandag betig omdat die land Kenia voor die Verenigde Nasies se hoogste hof gesleep het om ‘n maritieme grensdispuut te verdedig. Die finale beslissing kan ‘n groot invloed op die potensieel uiters winsgewende olie- en gasreserwes van die Indiese Oseaan hê. Mogadishu se saak teen Nairobi voor die VN-hof is ‘n poging

Lees verder: Kenia en Somalië takel mekaar in oliegrensdispuut

Boerehaatjoernalis Allister Sparks sterf

Die Boerhaatjoernalis en voormalige redakteur van die Rand Daily Mail, Allister Sparks (83) is oorlede volgens ‘n verklaring wat sy seun Michael gister uitgereik het. Sparks het na afloop van die Dakarkonferensie met die ANC in 1987 gesê dat “dit jammer is dat die Britse weermag nie al die Afrikaners in 1902 doodgemaak het nie”.

Lees verder: Boerehaatjoernalis Allister Sparks sterf

Oproeriges versper Wits-ingang na landwye fooieprotes hervat

‘n Groot groep swart oproeriges versper die hoofingang na die Universiteit van die Witwatersrand se kampus in Braamfontein in Johannesburg. Witsstudente (foto) het Maandag by ‘n massavergadering besluit om vanoggend met protesoptrede voort te gaan. ‘n Privaat veiligheidsdiens is aangestel om te verhoed dat die oproeriges motors aanval wat by die universiteit wil ingaan. Die

Lees verder: Oproeriges versper Wits-ingang na landwye fooieprotes hervat