Grondwetlike krisis dreig in Limpopo

‘n Grondwetlike krisis dreig in Limpopo nadat Vuwani-inwoners beloof het om die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) te verhoed om die 2016 munisipale verkiesings in die geweldgeteisterde gebied te hou. Eindelose geheime vergaderings, wat daarop gemik was om ‘n oplossing vir die voortdurende krisis te vind, het in duie gestort met geen ooreenkoms wat nog bereik

Lees verder: Grondwetlike krisis dreig in Limpopo

Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

Solidariteit en Afriforum, wat tans die hofsaak namens die sogenaamde “SAUK-4” hanteer, maak gebruik van die advokaat Steven Budlender, wat voorheen deel van die veldtog was om Steve Hofmeyr te keer om “Die Stem” te sing en sy hele loopbaan te ruïneer. Budlender het pro bono teen Steve Hofmeyr opgetree namens Conrad Koch, die hatige

Lees verder: Solidariteit gebruik anti-Steve, anti-Afrikaanse advokaat in ‘SAUK-4’-saak

Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer

Met mevrou Angela Merkel wat Duitsland se grense vir Moslemimmigrante uit die Midde-Ooste oopgegooi het, is terreur besig om in die land handuit te ruk. Die jongste voorval is ‘n man “van Siriese afkoms” wat by Ansbach, naby Nürnberg, ‘n bom aan sy lyf laat ontplof het en 12 mense beseer het, waarvan drie in

Lees verder: Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer

Die groot ironie: Max Price kanselleer meningsvryheid-lesing by UK

Die ironie kan nie groter wees nie. ‘n Spreker wat uitgenooi is om die jaarlikse akademiese meningsvryheidlesing aan die Universiteit van Kaapstad (UK) te lewer, is verhinder deur die Universiteit se Uitvoerende Raad. In Maart 2015 het die die Universiteit van Kaapstad se komitee besluit om Flemming Rose (foto hierbo), ‘n prominente aktivis vir die

Lees verder: Die groot ironie: Max Price kanselleer meningsvryheid-lesing by UK

Twee IVP-lede geskiet In KZN

Twee IVP-lede is doodgeskiet in die Umtshezi-gebied naby Estcourt in KwaZulu-Natal. Siyanda Mnguni en Thokozani Majola is Vrydagaand geskiet. Besonderhede is nog onduidelik. Daar is gerugte dat die twee IVP-lede vir die munisipale verkiesing op 3 Augustus stemme gewerf het toe hulle gekonfronteer is deur mense wat na bewering dra ANC T-hemde gedra het, maar

Lees verder: Twee IVP-lede geskiet In KZN

Mugabe se einde: Etniese konflik wat oorspoel na SA

Vrees vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe is besig om te verdamp nadat sy mees lojale ondersteuners, die veterane van die terreuroorlog, besluit het om hul steun te onttrek van sy party, die Zanu-PF. ‘n Groeiende aantal oorlogsveterane eis dat Mugabe, 92, ‘n “diktator”, uittree en sê hulle sal hom nie ondersteun in die volgende

Lees verder: Mugabe se einde: Etniese konflik wat oorspoel na SA

Adv. Jan Heunis bedank uit US-raad uit protes teen voortgaande verengelsing

Die voorsitter van die konvokasie aan die Universiteit van Stellenbosch, adv. Jan Heunis, het uit sy posisie as raadslid van die universiteit bedank omdat hy glo dat “die vertrouensbreuk tussen die Konvokasie en die Raad… en die Bestuur… nou so groot geword het dat ek nie meer met ‘n rein gewete ‘n lid van die

Lees verder: Adv. Jan Heunis bedank uit US-raad uit protes teen voortgaande verengelsing

Irannese skieter in München dood 9 en homself

‘n Agtienjarige Moslemman het selfmoord gepleeg nadat hy 9 ander mense om die lewe gebring het in ‘n moordtog in München, die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere. Die Duitse minister van binnelandse sake, Thomas de Maizière sal om 11-uur vanoggend met die veiligheidsdienste in Berlyn vergader. Die amptelike dodetal staan tans op 10, waarby

Lees verder: Irannese skieter in München dood 9 en homself

Kovsies appelleer teen pro-Afrikaanse uitspraak

Die Universiteit van die Vrystaat het besluit om teen die pro-Afrikaanse uitspraak van die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein te appelleer. Dié besluit is binne 24 uur nadat die uitspraak gelewer is deur die universiteit bekendgemaak. In ‘n verklaring deur Lacea Loader (Direkteur: Kommunikasie en Handelsmerkbestuur) van die universiteit, word die volgende gesê: Die uitspraak van

Lees verder: Kovsies appelleer teen pro-Afrikaanse uitspraak

Leon Lemmer: Bram Fischer, dié verloopte Afrikaner

Daar is talle hedendaagse Afrikaanssprekende blankes wat skynbaar meeding om as dié verloopte Afrikaner, dus as bv die hoof-ANC-kruiper, erken te word. Van hulle name word later in hierdie teks genoem. Na die Anglo-Boere-oorlog het veral Louis Botha en Jan Smuts uitgemunt as jingo’s, dus as Engelsgesinde blankes, hoewel albei van huis uit Afrikaanssprekend was.

Lees verder: Leon Lemmer: Bram Fischer, dié verloopte Afrikaner