praag.co.za

Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer

Written by

in

,

Met mevrou Angela Merkel wat Duitsland se grense vir Moslemimmigrante uit die Midde-Ooste oopgegooi het, is terreur besig om in die land handuit te ruk. Die jongste voorval is ‘n man “van Siriese afkoms” wat by Ansbach, naby Nürnberg, ‘n bom aan sy lyf laat ontplof het en 12 mense beseer het, waarvan drie in ‘n ernstige toestand verkeer.

Die 27-jarige man is blykbaar toegang tot die Ansbach Ope-musiekfees geweier, volgens die Duitse minister van binnelandse sake, Joachim Herrmann. Die verdagte was bekend aan die polisie, het Hermann gesê, en woon reeds twee jaar in die land, maar is ‘n jaar gelede asiel geweier.

Die minister meen ook dit is “onduidelik” of die man ander wou doodmaak of bloot homself en dat hy reeds twee keer “selfmoord wou pleeg” en voorheen vir psigiatriese behandeling na die distrikshospitaal in Ansbach verwys is.

Foto’s is gepubliseer van gewapende polisie wat ‘n perseel in Ansbach deursoek, wat volgens die plaaslike media die woning van die selfmoordbommer is.

Dié voorval geskied kort op die hakke van ‘n ander voorval waarin ‘n swanger vrou op straat in Reutlingen deur ‘n Siriese asielsoeker met ‘n vleisbyl vermoor is.

Die Duitse owerheid sê die 18-jarige aanvaller wat Vrydag nege mense doodgeskiet en nog 27 in Munchen gewond het, het die aanval ‘n jaar lank beplan.

Die kantoor van staatsmisdaad sê David Sonboly het die onwettige pistool wat in die aanval gebruik is, aanlyn gekoop op die internet waar dié produkte slegs met die hulp van spesiale sagteware toeganklik is.

Volgens die Britse Uitsaaikorporasie was die slagoffers nie sy klasmaats nie en is hulle nie spesifiek geteiken nie.

Sonboly het vroeër die toneel van ‘n skoolskietery in die dorp Winnenden besoek en foto’s geneem.

Daar is ook bevestiging dat hy psigiatriese behandeling ontvang het.

Dit is die vyfde terreuraanslag in Europa binne ongeveer 10 dae, terwyl owerhede probeer voorgee dat dit “enkelgevalle” is wat “versteurd” is.

Comments

8 responses to “Bomontploffing in Ansbach, Duitsland: 12 beseer”

  1. Chroom Avatar
    Chroom

    Wat my dwars in die krop steek is dat die Merkel vroumens opdrag gegee het dat GEEN inligting aangaande die heidene bekend gemaak mag word nie. Al wat gesê mag word is dat dit deur sus of so gedoen is en dat daar geen verbintenis gemaak mag word nie. Wonder hoekom sy die gemors so beskerm, of is dit omrede sy die grootste voorstander van die NWO is en wat is in dit vir haar? Word sy ook deur die heidense lande betaal om die heidene te akkommodeer?

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!

    2. henkst Avatar
      henkst

      Die mens van ouds het homself eintlik beskou as ’n stukkie van die Natuur. Die mens van ouds het besef dat die mensdom volledig afhanklik is van die Natuur. As die mens verseker wil wees van sy voortbestaan moet hy die Natuur oppas en in stand hou. As jy die moeder wat jou voed oppas, sal die Moeder ook vir jou sorg. Dit is merkwaardig dat die mense van die outyd so deeglik bewus van hierdie feit, terwyl die moderne mens dit nouliks besef.
      Die Midde-Oosterse religieë het geen belangstelling in die natuur nie. Die heilige boeke van hierdie godsdienste gee ook geen riglyn oor natuurhandhawing nie. Die Christen, Jood en Islamiet strek hom/haarself van die Aarde af weg, uit na ’n God wat in die verre verskiet lê; na ’n hemel en ’n wonderbaarlike paradys tussen êrens en nêrens. Dáár kry hierdie mense hulle Utopia. Wat hierdie gelowiges betref kan die aarde tot niet gaan, want dit is onbelangrik. Wat belangrik is, is dat die siel na God gaan en die hele lewe van hierdie gelowiges is daarop ingerig om definitief seker te maak dat die siel in die hemel aankom. Vir hierdie gelowiges is Moeder Aarde geen moeder nie en sy sorg ook nie vir die mens nie. God sal sorg dat hierdie skapies geen gebrek ly in tye van nood nie. Hierdie lewensfilosofie het gelei tot ’n grootskaalse vernietiging van die natuur op ons planeet. Die eerste Christelike sendelinge was direk daarop uit om die Natuur wat vir die Heiden heilig, heilig en nogmaals heilig was, te vernietig. Tydens die hele kersteningstrajek is die natuur op groot skaal vernietig omdat dit nou as onheilsneste beskou was.
      Omdat die Aarde, die mens en die Natuur vir die Christen, Jood en Islamiet sleg is, is daar ook geen rede vir vrolikheid en lewensgenietinge nie. Alle vrolikheid op aarde moet gedemp word. Vanaf die ontstaan van die Christendom is eeue lank geprobeer om alle vrolike volksfeeste te smoor en liefs volledig uit te roei. Die Christelike ‘fees’ moet somber wees en die mens moes vervul word met die idee dat hy en sy aardse bestaan, sleg en vol sonde is.
      Die Heiden daarenteen, lééf op hierdie wêreld. Van die skoonheid van die natuur word met volle teue geniet. Volksfeeste word uitbundig en kleurryk gevier, met dans, musiek, sang en vrolikheid. Die Heiden geniet nie alleen van die oorvloedigheid van die Natuur nie, maar pas dit ook op. Die Natuur is Heilig. Die Moeder is Heilig. Die Natuurskoon word bewonder en gerespekteer. Die soetigheidjies van die lewe word met smaak beproef. Dit staan is skerpe kontras met die Christendom wat ’n filosofie aanhang waarvolgens die aardse bestaan beskou word as ’n pot vol ellende, waaruit hierdie hulpelose wesens verwag op ‘spoedig’ verlos te word, deur ’n vername redder.

  2. G Avatar
    G

    Nee dis net mal mense, dis nie terroriste nie. Hulle het almal redes gehad om geweld te pleeg. Die regses was lelik met hulle. [sarkasme]

  3. Wim Avatar
    Wim

    Ja und der IS Angriff auf einen Bundespolizisten in Hannover durch ein minderjähriges Mädchen und der IS Anschlag auf einen Sikh-Tempel in Essen?

    1. G Avatar
      G

      So jy probeer sê daar is nog twee ander aanvalle ook?

Leave a Reply