Die Burgerlugvaart-owerheid en die polisie ondersoek ‘n helikopter-ongeluk waarin twee mense in Bainskloof naby Wellington in die Boland dood is. ‘n Woordvoerder van Working on Fire, Linton Rensburg sê die slagoffers was besig om brande in die Wynland-omgewing te bestry toe die vlieënier ‘n noodlanding moes uitvoer, het RSG berig. Rensburg sê die slagoffers se
Departement teiken Afrikaanse skole in Pretoria
‘n Kennisgewing van die Gautengse Onderwysdepartement oor die verandering van sommige enkelmedium skole na dubbelmedium, sorg vir groot ongelukkigheid onder Afrikaanssprekendes in Pretoria. Al die skole wat op die departement se kennisgewinglys verskyn, is Afrikaanse skole. Die departement is klaarblyklik nie bewus daarvan dat die besluit om ‘n skool se taalbeleid te verander die verantwoordelikheid
Lees verder: Departement teiken Afrikaanse skole in Pretoria
Swaziland se hoofregter op vrye voet
Swaziland se hoofregter, Michael Ramodibedi is steeds op vrye voet, het RSG berig. Dit volg nadat die polisie ‘n finale waarskuwing aan hom uitgereik het om homself oor te gee. ‘n Lasbrief vir Ramodibedi se inhegtenisneming is verlede Vrydag uitgereik. Hy word onder meer van korrupsie beskuldig. Intussen sê Swaziland se teen-korrupsie kommissie hy gaan
VSA woedend oor EU-besluit wat GM-gewasse raak
Die Europese Kommissie se voorgestelde wette wat individuele lidlande van die Europese Unie sal toelaat om invoere van geneties gemanipuleerde gewasse te beperk of te verbied, het ‘n skerp reaksie van die VSA ontlok. Selfs al is sulke GM-gewasse goedgekeur vir die EU as ‘n geheel, sal lidlande nog self kan besluit of dit strydig
Universiteit Stellenbosch haal Verwoerdplaat af as deel van suiweringsveldtog
Na aanleiding van die gedoente rondom die Rhodesstandbeeld by die Universiteit van Kaapstad, het die Universiteit van Stellenbosch besluit om die kampus van veral Afrikanersimbole te suiwer. ‘n Gedenkplaat vir dr. H.F. Verwoerd gaan verwyder word en in die universiteitsmuseum geplaas word waar dit “behoorlik gekontekstualiseer sal word”, vermoedelik op ‘n baie negatiewe wyse. ‘n
Lees verder: Universiteit Stellenbosch haal Verwoerdplaat af as deel van suiweringsveldtog
DA veroordeel bewaringsgesinde en wetsgehoorsame Afrikaners
In ‘n mediaverklaring wat slegs in Engels uitgereik is, het die DA die protes veroordeel wat op Kerkplein gehou is teen die onwettige skendings van standbeelde. Die party het Steve Hofmeyr, Sunette Bridges en ander Afrikaners se oproep om wetsgehoorsaam te wees en kultuurgoedere te bewaar, veroordeel. Hulle het ‘n bewaringsgesindheid as “racially divisive” beskryf.
Lees verder: DA veroordeel bewaringsgesinde en wetsgehoorsame Afrikaners
Demokratiese VS-senator reël visums vir damesimmigrante met groot borste
Volgens die webblad Vdare.com het ‘n Amerikaanse senator, Bob Menendez (Demokraties, Nieu-Jersey), sy posisie misbruik om visums aan damesimmigrante met groot borste te verskaf. Die webblad verwys daarna as die “36DD-visumprogram”, ‘n pikante toespeling op die VSA se hele “alfabetsop” van visums wat gebruiklik toegestaan word: B-1 vir sakebesoekers, B-2 vir toeriste, F-1 vir studente,
Lees verder: Demokratiese VS-senator reël visums vir damesimmigrante met groot borste
Departement sê lokasie-skole net so goed soos model C
‘n Amptenaar van die Departement van Basiese Onderwys, James Ndlebe sê ouers se persepsies dat skole buite hul eie woongebiede gehalte-onderwys aanbied, is jammer. Hy het gesê daar is selfs mense wat die persepsie gebruik om geld te maak. Beide model C en lokasie-skole gebruik dieselfde leerplanne wat gevolg moet word. Ndlebe het in ‘n
Lees verder: Departement sê lokasie-skole net so goed soos model C
Nazi-verhoor te midde van openlike Nazisme in Europa
‘n Sogenaamde oorlewende van Auschwitz, me. Eva Pusztai-Fahidi, is die klaagster in die verhoor van die voormalige Nazi-offisier Oskar Groening, in Lueneburg, Noord-Duitsland. Die 93-jarige man, wat die bynaam die “Boekhouer van Auschwitz” het, word aangekla as medepligtige tot moord in 300 000 gevalle van gedeporteerde Hongaarse Jode wat na Duitse kampe gestuur is. Intussen
Lees verder: Nazi-verhoor te midde van openlike Nazisme in Europa
Vier polisielede vas wat huis beroof
Vier polisiebeamptes is Dinsdagoggend in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle ‘n huis na bewering beroof het. Die beamptes het by ‘n huis in Akasia opgedaag, het hulleself as polisiebeamptes aangekondig en daarop aangedring dat die perseel deursoek moet word, het Mack Mngomezulu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. Hulle het nege selfone, drie skootrekenaars
