praag.co.za

Universiteit Stellenbosch haal Verwoerdplaat af as deel van suiweringsveldtog

Written by

in

,

Na aanleiding van die gedoente rondom die Rhodesstandbeeld by die Universiteit van Kaapstad, het die Universiteit van Stellenbosch besluit om die kampus van veral Afrikanersimbole te suiwer. ‘n Gedenkplaat vir dr. H.F. Verwoerd gaan verwyder word en in die universiteitsmuseum geplaas word waar dit “behoorlik gekontekstualiseer sal word”, vermoedelik op ‘n baie negatiewe wyse.

Dr. en mev. Verwoerd, afgeneem voor die Sosiale Wetenskappegebou toe dit in 1963 na hom vernoem is
Dr. en mev. Verwoerd, afgeneem voor die Sosiale Wetenskappegebou toe dit in 1963 na hom vernoem is

‘n Woordvoerder vir die universiteit, Martin Viljoen, het gister verklaar:

“Dit is iets wat al tien jaar gelede gedoen moes gewees het toe die [Rekeningkunde- en Statistiek-] gebou se naam verander is.”

Die Rekeningkunde- en Statistiek-gebou het tot tien jaar gelede as die H.F. Verwoerd-gebou bekendgestaan.

Die linksliberale dagblad in die Wes-Kaap, Die Burger, het voorheen in sy blaaie ‘n veldtog teen die gedenkplaat gevoer ten einde die US te dwing om dit te verwyder.

Daarom het die universiteitsbestuur amptelik besluit om dit af te haal, het Viljoen gesê.

Die universiteitsbestuur sal verder met linkse en marxistiese groepe op die kampus vergader om die revolusionêre transformasie van alle “visuele en simboliese elemente” op die kampus te bespreek. Daar word verstaan dat alle Afrikanerfigure uit die geskiedenis dit sal ontgeld.

Volgens inligting wat aanlyn beskikbaar is, moes die HF Verwoerdgebou eers die departement Sosiale Wetenskappe gehuisves het, want dit is in 1963 na die voormalige eerste minister vernoem. By die benoemingsgeleentheid het 250 studente in kleurbaadjies van die Dagbreekkoshuis, waarin Hendrik Verwoerd as student tuisgegaan het, vir hom ‘n erewag gevorm.

Danksy Die Burger is die oud-Matie, HF Verwoerd, egter vandag persona non grata op Stellenbosch.

Comments

11 responses to “Universiteit Stellenbosch haal Verwoerdplaat af as deel van suiweringsveldtog”

  1. G Avatar
    G

    Gaan hulle dr Verwoerd se akademiese kwalifikasies ook opskeur? Wat van hom stroop van sy doktorsgraad?

  2. jan Avatar
    jan

    Tsafendastan maak nou van Stellenbosch ook ‘n Xeno-kweekskool.
    Hulle moet nog net ‘n Pratt akademie begin met Rupert snr se borsbeeld voorop.

    Verhinder my aan die Vrymesselaars monument van Louis Trichardt wat so ‘n hele ruk gelede verwyder is.

  3. leonlemmer Avatar
    leonlemmer

    Wat die Universiteit Stellenbosch doen, is dieselfde as wat die ANC-regering doen. Hulle is dit eens dat blankes en veral Afrikaners in museums hoort; dus in plekke wat met die verlede te make het. Die jongste gebeure op Stellenbosch bevestig dat dit met Wim de Villiers as rektor met Afrikaans en Afrikaners niks beter daaraan toe sal gaan as tydens die Russel Botman-era nie.

  4. Fluitspeler Avatar
    Fluitspeler

    Hoekom kry ek die gevoel dat die Jannie Marais standbeeld op die Rooiplein volgende is? Hy was ‘n vegter vir Afrikaans en daarom is daar geen plek vir hom in die nuwe Suid-Afrika nie. Blade Nzimande sal seker ‘n standbeeld van homself verkies in Marais se plek as aandenking dat hy oor nog ‘n Afrikaanse universiteit/skool oorwin het. Skuus, ek het vergeet, afbreek en verwyder is hulle sterk punte, nie opbou nie.

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Ek wonder of hulle die geld wat hulle vanuit die Marais testament geïn het sal terugbetaal as sy standbeeld waai?

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Nee, want hulle het dit belê by KFC en al die ander bier brouerye.

  5. jan Avatar
    jan

    Wat het Eskom en die SU en Puk ens in gemeen.?

    Indien die Boere illuminati en super ryk Afrikaners ernstig is met die redding van ons volkie se tersiêre onderwys en opvoeding dan sal hulle die hele universiteit totaal privatiseer.

    Eskom het sopas hul hele eiendomsverband boek in die mark gesit vir verkope. So-iets soos R6 miljard? Sal die staat dit koop? – onwaarskynlik.

    Die Afrikaanse universiteite sal totaal geprivatiseer moet word of totaal nuwe volkome privaat herbou moet word.op ons eie grondgebied.

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek het ‘n gerug gehoor dat hulle nie meer in die aand eksamen op Stalinbos skryf nie weens die misdaad. Ek sal graag wil weet of dit waar is.

    Indien dit waar is sal dit baie ironies wees, want toe Dr Verwoerd se naam op die US gepryk het, kon ons in die aand rondloop en eksamen skryf, maar nou dat Dr Verwoerd se naam daar uitgewis word, is die plek onveilig. Die slapjas kripvreters en bruinboordjiewerkers daar sal egter maak asof hulle dit nie agterkom nie, want dit sal hul possies in gevaar bring.

  7. Andy van Vuuren Avatar

    Ek hoor wat jy sê, maar is dit reg. is dit nie baie hoog tyd dat daar opgetree word op daawerklike wyse om ons standpunt ook sigbaar te maak nie.
    Is ons nie maar nou soos Jannie Jammergat, en kruip nou in ‘n hoekie om tog nou maar net nie die humeure te laat opvlam nie.
    Ek hou van wat Sadie gedoen het. Hy het die knaap aangevat, en die een het toe met ‘n bek vol tande gesit. Ek dink hy het geweet nou moet hy stilbly want hier gaan hy gekou word.

  8. Nevyn Avatar
    Nevyn

    Ag nee man.

Leave a Reply