Selebi se korrupsieverhoor begin vandag

Geskorste nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se verhoor op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg sal na verwagting Dinsdag begin in Johannesburg se hoërhof.

Die klagte hou verband met beweerde betalings van omtrent R1,2 miljoen wat aan hom gemaak is.

Die staat beweer dat veroordeelde dwelmsmokkelaar Glenn Agliotti, die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble, voormalige Hyundai-baas en mynmagnaat Billy Rautenbach, en ander “relevante korporatiewe entiteite” betalings gemaak het aan Selebi tussen 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2005.

Selebi het in die Randburgse streekshof verskyn op 26 Junie verlede jaar, toe die saak se datum vasgestel is vir 14 April tot 19 Junie 2009.

Waarnemende polisiekommissaris Tim Williams staan in vir Selebi, tot sy saak gefinaliseer is.

10 gamestopcargo отзывы

Die DA en ons zombiedemokrasie

Die verklaring deur mnr. Kobus Marais van die DA dat swart ekonomiese bemagtiging "broodnodig" is, bevestig weereens PRAAG se standpunt dat dié party net 'n "ANC Lite" is. Daar is geen wesentlike verskille tussen die DA en die ANC se beleide oor ras, etnisiteit, taal en die noodsaak van anti-blanke maatreëls soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie.

Die verskille tussen die DA en ANC het met persoonlikhede en styl te make en nie met substansie nie. Ook verdedig die DA die gebreklike grondwet wat Roelf Meyer in 1994 sonder 'n werklike mandaat van die Afrikaner aanvaar het. Meyer was nie net 'n verraaier wat sedertdien by die ANC aangesluit het nie, maar ook onnosel, een van die geteelde NP-Broederbondtipes uit die verlede wat hul posisies op grond van 'n kruipende konformisme verwerf het.

Omtrent elke artikel in die grondwet is in terme van ras gekwalifiseer, sodat blankes en Afrikaners tweederangse burgers sal wees vir solank as wat die gebreklike grondwet in ons land gaan geld.

Suid-Afrika, asook ons hele subkontinent wat deur die Zimbabwekwessie oorheers word, behoef 'n nuwe visie. Amerikaanse ideologie rondom rassevoorkeure vir swartes oorheers vandag in Suider-Afrika net soos wat Sowjetdenke en rampspoedige sosialistiese eksperimente vroeër hoogty gevier het.

Die gemiddelde kieser is egter so gebreinspoel deur ons konformistiese media waarin kritiese denke en debat kwalik geduld word dat hy of sy nie in staat is om 'n rasionele keuse by die stembus uit te voer nie. Die gesig van duisende Afrikaners wat binnekort klakkeloos vir die DA met sy steun vir rassistiese anti-blanke beleid gaan stem, verteenwoordig 'n ewe groot bespotting van die demokrasie as die vorige verkiesing in Zimbabwe.

Ons leef in 'n zombiedemokrasie waarin feitlik niemand dit durf waag om die rampspoedige beleid van rassevoorkeure vir swartes te bevraagteken nie, veral nie die amptelike opposisie nie.

детские потолочные светильникиАлександр Фильчаков Васильевич

Hong Kong se mobieledataverbruik ontplof

ImageHong Kong mense het 14 keer soveel mobieledata gestuur in Januarie as wat hulle gedoen het in dieselfde maand twee jaar gelede, volgens nuus wat Dinsdag vrygestel is.

Die toename in die stuur van mobiele data van fone en handrekenaars af verteenwoordig ‘n viervoudige toename van syfers van 2008, het die gebied se telekommunikasie-owerhede gesê.

Mense in die hoë-tegnologiestad van 7 miljoen mense is van die wêreld se ywerigste gebruikers van mobiele tegnologie om lêers, foto’s en SMS boodskappe te stuur.

Syfers van die owerhede toon dat daar 10,5 miljoen mobielefoon subskripsies was in Hong Kong in Januarie, gelykstaande aan 1,5 subskripsies vir elke persoon in die voormalige Britse kolonie.

italiasvet.ruФильчаков Александр Васильевич

Noord-Korea wil kernprogram hervat

ImageNoord-Korea het Dinsdag gesê hulle sien gesprekke oor die beëindiging van hul kernwapenprogram as sinloos en beplan om ‘n aanleg vir die vervaardiging van wapenkwaliteitplutonium weer oop te maak, het die staatsmedia die minister van buitelandse sake aangehaal.

Noord-Korea het meer as ‘n jaar gelede begin om sy Sowjet-era Jongbyon-kernaanleg uitmekaar te haal as deel van ‘n ontwapeningsinisiatief vir hulp wat met Sjina, Japan, Rusland, Suid-Korea en Amerika ooreengekom is.

Die stappe behoort in totaal sowat ‘n jaar te neem om om te keer, maar kenners waarsku dat die Noorde die aanleg weer aan die gang kan hê in so min as drie maande.

Die Noorde, wat genoeg plutonium het vir 6 tot 8 atoombomme, kan waarskynlik genoeg materiaal vervaardig vir nog een bom, het kenners gesê.

Die kommentaar het gekom in reaksie van die Veiligheidsraad se eenparige verdoeming van Noord-Korea se langafstandmissieltoets twee weke gelede.

медицинскую справкутопкарго кидалы

VSA wil VN-rassismekonferensie bywoon

Die Obama-administrasie heroorweeg sy beplande boikot van ‘n kontroversiële VN-rassismekonferensie wat sterk teengestaan word deur Israel en Joodse groepe, en wat bygewoon gaan word deur die Iranse president, het die departement van buitelandse sake laat Maandag gesê.

In ‘n skuif wat sy sterkste Midde-Oosterse bondgenoot kan omkrap, het die Amerikaanse departement gesê die administrasie is tevrede met ‘n diplomatieke aksie wat poog om ‘n dokument waarteen beswaar gemaak word te verander. Die dokument kan deur die vergadering aanvaar word en Amerika kan die konferensie bywoon indien die poging suksesvol is.

“Ons hoop dat die oorblywende kommer aangespreek kan word sodat Amerika kan aansluit by die konferensieproses, met die hoop dat daar op ‘n dokument ooreengekom kan word wat ons kan ondersteun,” het Robert Wood, ‘n woordvoerder in ‘n verklaring gesê.

Israel en Kanada het reeds aangekondig dat hulle die vergadering gaan boikot.

Israel wat erg bekommerd is nadat die administrasie ‘n afvaardiging na die voorbereidingsvergadering gestuur het, het hard probeer om Amerika so ver te kry om die konferensie te boikot.

сколько стоят прозрачные брекетытопкарго отзыв

Skerp afname in Britse Noordsee-olie

Die oorblywende lewensduur van Engeland se Noordsee-olie en gasproduksie loop die risiko om gehalveer te word as gevolg van die ekonomiese krisis wat ‘n afname tot gevolg het in eksplorasie van een van die Weste se mees belangrike hulpbronne, het die industrie gewaarsku.

Die hoeveelheid verkenningsgate wat geboor word in die Noordsee het gedaal met 78% in die eerste kwartaal van 2009 vergeleke met die selfde periode verlede jaar, volgens mees onlangse industriedata van Deloitte, die rekenkundige en konsulterende firma.

Die VK en Europa sal toenemend moet staatmaak op Rusland vir natuurlike gas en die Midde-Ooste vir olie.

Die verswakkende verkenningsklimaat kan die 20 tot 30 jaar van die Noordsee se verwagte lewensduur na 10 tot 15 jaar verminder, wat beteken dat byna die helfte van alle infrastruktuur uitgedien kan raak in die volgende 11 jaar, reken UK Oil and Gas.

Pleks daarvan dat dit 45% van die VK se olie en gasbehoeftes tot in 2020 kan voorsien, word daar teen die huidige ontginningstempo voorsien dat die Noordsee slegs 12% van die behoefte sal kan voorsien.

Vanaf 2010 sal die regering waarskynlik ‘n groot afname sien in belastingwinste, omdat oliemaatskappye, saam met banke in die onlangse jare die mees belangrike bron was van hierdie fondse.

установка батарей отопленияФильчаков прокурор

VSA moet seerowery vasvat, s? media

ImageAmerikaanse media het Maandag die redding van Amerikaanse seekaptein Richard Phillips geloof, maar het sterker optrede gevra om seerowery om die Horing van Afrika onder beheer te bring.

“Die Paasnaweekredding van kaptein Richard Phillips van ‘n vragskip is ‘n erkenning van sy persoonlike dapperheid en die vaardigheid en senuwees van staal van die Amerikaanse vloot,” skryf die Wall Street Journal in ‘n hoofberig.

“Nou het die Obama-administrasie ‘n plig om hierdie wettelose rowers te stop en te straf, sodat hulle nie weer die risiko sal loop om ‘n skip wat onder die Amerikaanse vlag seil of ‘n Amerikaanse bemanning dra, sal aanval nie,” het die koerant gesê.

‘n Akademikus by die Center for Strategic and International Studies, Fred Ikle, het aan die Washington Post gesê dat dit skandalig is dat sommige Somaliese seerowers wetteloos voortgaan om te plunder om die  Horing van Afrika.

Ikle het ‘n beroep gedoen dat bemanning van handelskepe bewapen word, of dat ten minste die kaptein en die mees ervare offisiere aan boord.

“Verder behoort die Veiligheidsraad alle losprysbetalings te verhoed,” het hy voortgegaan. “Indien die bemanning van ‘n skip wat aangeval word as gyselaars gehou word, kan die Veiligheidsraad ‘n militêre blokkade hou om Somalië tot die gyselaars vrygelaat word.

online free casinoлобановский александр компромат

Instellings in SA staan sterk

ImageOnlangse gebeure het getoon dat Suid-Afrika se demokratiese instellings magsmisbruike in toom kan hou, het ANC-president Jacob Zuma Sondag in Johannsburg gesê.

“Ons het demokratiese instellings gebou wat die belange en regte van alle Suid-Afrikaners dien en beskerm,” het Zuma gesê aan mense wat byeen gekom het vir Paasnaweek by die Heilige Internasionale Pinksterkerk in Zuurbekom op die Wesrand.

“Onlangse gebeure het die kapasiteit getoon van instellings om hulle konstitusionele mandaat behoorlik uit te voer, selfs in die aangesig van hete politieke debatte en regsdispute,” het hy gesê.

“Waar daar vergrype aan mag was, was die instellings in staat om as beheerder op te tree en die probleme reg te stel.”

Ons is trots op ons instellings en behoort almal te werk om dit te ondersteun, omdat dit ons beskerming is teen die vergrype van mag en ons regte as burgers,” het Zuma gesê in ‘n toespraak wat voorberei is om gelewer te word by die geleentheid.

Zuma het aan die einde van sy voorbereide toespraak voortgegaan en in sy eie woorde aan kerkgangers in vertel dat kerke in die algemeen ook poligamie behoort te ondersteun soos die Heilige Internasionale Pinksterkerk. Ander kerke, het hy gesê, gee 'n eng interpretasie van die Bybelse Ou Testament.

тамбов шарнирно-губцевыйФильчаков прокуратура харьков

Speelparke met ho? konsentrasies lood

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat dringende stappe geneem moet word nadat 'n opname bevind het dat toerusting op speelgronde vir kinders regoor Gauteng gevaarlike hoë konsentrasies lood bevat.
'n Verslag oor die bevindings van die opname het voor die Burgemeesterskomitee van die Tshwane-metroraad gedien.

Die verslag meld dat die effekte van verhoogde bloedvlakke van lood by kinders ernstige neurologiese effekte soos gehoorverlies, spierverlamming, verlaagde IK en leerprobleme kan insluit.

Die opname is slegs in Gauteng gedoen en die resultate suggereer sterk dat dieselfde bedreiging in ander munisipaliteite regoor die land mag bestaan. Die VF Plus het gesê dat dringende aksie geneem moet word om lood uit speelparke te verwyder en dat bywette en ander wetgewing nodig is om ?n herhaling van die probleem te voorkom.

Die opname is deur die Mediese Navorsingsraad (MNR) waargeneem om die konsentrasie van lood in toerusting op speelgronde vir kinders in Metropolitaanse Munisipaliteite in Gauteng (insluitende die Tshwane-metroraad) vas te stel. Die opname het bevind dat die gebruik van verf wat lood bevat, wyd gebruik word in alle munisipaliteite wat deel van die studie was. Die loodkonsentrasie van 41% van lesings wat geneem is oorskry die verwysingsvlak (1mg/cm2 ).

"Volgens die verslag is die bevindinge van die opname reeds verlede jaar (Maart 2008) aan Munisipaliteite bekendgemaak. Dit is verstommend dat niks gedoen is om die risiko's te beperk nie. Hierdie is nog 'n teken van 'n regering wat nie vir sy mense omgee nie", het raadslid Beyers gesê.

Lood is 'n swaarmetaal wat in 'n wye reeks produkte gebruik word, onder andere in verf vanweë die metaal se teen-roes en teen-verdowwende eienskappe. Lood is ook 'n droogmiddel.

Volgens die verslag word die gebruik van lood in verf in die VSA verbied. In Suid-Afrika is daar egter geen bestaande standaarde vir loodvlakke in verf nie.

Betreffende geverfde speelpark-toerusting, skilfer die verf normaalweg af oor tyd heen en daardeur word die omringende omgewing besmet. Kinders wat op die toerusting speel kan dan van die loodgebaseerde verf inneem, veral jonger kinders wat 'n sterk geneigdheid het om objekte in hulle onmiddellike omgewing in hulle monde te sit.

Die VF Plus het gesê dat, buiten die bedreiging wat dit vir inwoners se kinders kan inhou, die bevindings ook ander ernstige implikasies kan hê soos eise teen munisipaliteite vir sk adevergoeding.

genesys club casinoФільчаков Олександр Васильович

VF Plus l? kriminele klag teen Helen Zille

Image

Conrad Beyers

‘n Raadslid van die VF Plus in die Tshwane Metroraad, dr. Conrad Beyers, het vroeër vandag ‘n klag by die Brooklyn Polisiestasie in Pretoria teen die leier van die DA, me. Helen Zille, gaan lê na aanleiding van ‘n sms-veldtog wat deur die DA in Zille se naam gevoer word, nadat hy op sy selfoon ‘n boodskap van vermoedelik die DA se massa-sms-diens ontvang het.

Die sms is op groot skaal aan VF Plus-ondersteuners regoor die land gestuur. Die sms lees soos volg:

“Net die DA is groot genoeg om 2/3des vir Zuma te keer. Moenie jou stem vermors op klein partye soos die VF nie. Stem DA en stop Zuma. Groete, Helen Zille.”

Die VF Plus se leier in Gauteng, mnr. Jaco Mulder, het in ‘n verklaring daarop gewys dat die sms neerkom op ‘n vals verklaring met betrekking tot die werking van die kiesstelsel asook die steun van die VF Plus.

Artikel 89(2) verbied die publikasie van enige vals inligting met die doel om die uitslag van die verkiesing te beïnvloed.

Volgens Mulder is die verbod so ernstig dat daar in artikel 98 ‘n vonnis van soveel as 10 jaar tronkstraf – in geval van ‘n skuldigbevinding – voorgeskryf word.

Die feit van die saak is dat geen enkele opposisieparty homself die alleen-posisie kan aanmatig om die ANC se tweederde-meerderheid weg te neem nie. Meeste meningspeilings wys dat die DA-steun die afgelope ses maande in byna al die provinsies agteruit gegaan het. Volgens Markinor gaan die posisie van amptelike opposisie waarskynlik in 7 van die 9 provinsies deur Cope of die IVP opgeneem word. Die enigste partye wat in die tyd groei aangeteken het was die VF Plus en Cope.

“As die ANC sy tweederde-meerderheid verloor sal dit danksy die groei van die VF Plus en Cope wees en nie danksy die agteruitgang van die DA nie”, het Mulder gesê.

real slotsФильчаков Александр Васильевич