Instellings in SA staan sterk

ImageOnlangse gebeure het getoon dat Suid-Afrika se demokratiese instellings magsmisbruike in toom kan hou, het ANC-president Jacob Zuma Sondag in Johannsburg gesê.

“Ons het demokratiese instellings gebou wat die belange en regte van alle Suid-Afrikaners dien en beskerm,” het Zuma gesê aan mense wat byeen gekom het vir Paasnaweek by die Heilige Internasionale Pinksterkerk in Zuurbekom op die Wesrand.

“Onlangse gebeure het die kapasiteit getoon van instellings om hulle konstitusionele mandaat behoorlik uit te voer, selfs in die aangesig van hete politieke debatte en regsdispute,” het hy gesê.

“Waar daar vergrype aan mag was, was die instellings in staat om as beheerder op te tree en die probleme reg te stel.”

Ons is trots op ons instellings en behoort almal te werk om dit te ondersteun, omdat dit ons beskerming is teen die vergrype van mag en ons regte as burgers,” het Zuma gesê in ‘n toespraak wat voorberei is om gelewer te word by die geleentheid.

Zuma het aan die einde van sy voorbereide toespraak voortgegaan en in sy eie woorde aan kerkgangers in vertel dat kerke in die algemeen ook poligamie behoort te ondersteun soos die Heilige Internasionale Pinksterkerk. Ander kerke, het hy gesê, gee 'n eng interpretasie van die Bybelse Ou Testament.

тамбов шарнирно-губцевыйФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae