VF Plus l? kriminele klag teen Helen Zille

Image

Conrad Beyers

‘n Raadslid van die VF Plus in die Tshwane Metroraad, dr. Conrad Beyers, het vroeër vandag ‘n klag by die Brooklyn Polisiestasie in Pretoria teen die leier van die DA, me. Helen Zille, gaan lê na aanleiding van ‘n sms-veldtog wat deur die DA in Zille se naam gevoer word, nadat hy op sy selfoon ‘n boodskap van vermoedelik die DA se massa-sms-diens ontvang het.

Die sms is op groot skaal aan VF Plus-ondersteuners regoor die land gestuur. Die sms lees soos volg:

“Net die DA is groot genoeg om 2/3des vir Zuma te keer. Moenie jou stem vermors op klein partye soos die VF nie. Stem DA en stop Zuma. Groete, Helen Zille.”

Die VF Plus se leier in Gauteng, mnr. Jaco Mulder, het in ‘n verklaring daarop gewys dat die sms neerkom op ‘n vals verklaring met betrekking tot die werking van die kiesstelsel asook die steun van die VF Plus.

Artikel 89(2) verbied die publikasie van enige vals inligting met die doel om die uitslag van die verkiesing te beïnvloed.

Volgens Mulder is die verbod so ernstig dat daar in artikel 98 ‘n vonnis van soveel as 10 jaar tronkstraf – in geval van ‘n skuldigbevinding – voorgeskryf word.

Die feit van die saak is dat geen enkele opposisieparty homself die alleen-posisie kan aanmatig om die ANC se tweederde-meerderheid weg te neem nie. Meeste meningspeilings wys dat die DA-steun die afgelope ses maande in byna al die provinsies agteruit gegaan het. Volgens Markinor gaan die posisie van amptelike opposisie waarskynlik in 7 van die 9 provinsies deur Cope of die IVP opgeneem word. Die enigste partye wat in die tyd groei aangeteken het was die VF Plus en Cope.

“As die ANC sy tweederde-meerderheid verloor sal dit danksy die groei van die VF Plus en Cope wees en nie danksy die agteruitgang van die DA nie”, het Mulder gesê.

real slotsФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae