VSA moet seerowery vasvat, s? media

ImageAmerikaanse media het Maandag die redding van Amerikaanse seekaptein Richard Phillips geloof, maar het sterker optrede gevra om seerowery om die Horing van Afrika onder beheer te bring.

“Die Paasnaweekredding van kaptein Richard Phillips van ‘n vragskip is ‘n erkenning van sy persoonlike dapperheid en die vaardigheid en senuwees van staal van die Amerikaanse vloot,” skryf die Wall Street Journal in ‘n hoofberig.

“Nou het die Obama-administrasie ‘n plig om hierdie wettelose rowers te stop en te straf, sodat hulle nie weer die risiko sal loop om ‘n skip wat onder die Amerikaanse vlag seil of ‘n Amerikaanse bemanning dra, sal aanval nie,” het die koerant gesê.

‘n Akademikus by die Center for Strategic and International Studies, Fred Ikle, het aan die Washington Post gesê dat dit skandalig is dat sommige Somaliese seerowers wetteloos voortgaan om te plunder om die  Horing van Afrika.

Ikle het ‘n beroep gedoen dat bemanning van handelskepe bewapen word, of dat ten minste die kaptein en die mees ervare offisiere aan boord.

“Verder behoort die Veiligheidsraad alle losprysbetalings te verhoed,” het hy voortgegaan. “Indien die bemanning van ‘n skip wat aangeval word as gyselaars gehou word, kan die Veiligheidsraad ‘n militêre blokkade hou om Somalië tot die gyselaars vrygelaat word.

online free casinoлобановский александр компромат