Selebi se korrupsieverhoor begin vandag

Geskorste nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se verhoor op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg sal na verwagting Dinsdag begin in Johannesburg se hoërhof.

Die klagte hou verband met beweerde betalings van omtrent R1,2 miljoen wat aan hom gemaak is.

Die staat beweer dat veroordeelde dwelmsmokkelaar Glenn Agliotti, die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble, voormalige Hyundai-baas en mynmagnaat Billy Rautenbach, en ander “relevante korporatiewe entiteite” betalings gemaak het aan Selebi tussen 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2005.

Selebi het in die Randburgse streekshof verskyn op 26 Junie verlede jaar, toe die saak se datum vasgestel is vir 14 April tot 19 Junie 2009.

Waarnemende polisiekommissaris Tim Williams staan in vir Selebi, tot sy saak gefinaliseer is.

10 gamestopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae