Invoere van olie, ystererts en ander rustowwe het in Maart toegeneem, wat die impak getoon het van Beijing se multimiljard-dollar stimulus op hulle nywerheid. Huis en motorverkope is op, wat aandui dat verbruikers gewillig is om meer te spandeer.
‘n Terugkeer vir Sjina, die wêreld se derde grootste ekonomie, kan ander lande help deur aanvraag vir hulle uitvoere te verhoog, hoewel analiste gesê het Sjina alleen kan nie die globale ekonomie uit sy ergste daling sedert die 1930’s help nie.
Vooruitskattings van Sjina se groei die jaar wissel van 8% – die amptelike skatting – tot so laag as 5%. Dit sal ‘n daling wees van 2007 se skitterende groei van 13%, maar steeds die vinnigste vir enige groot land op ‘n tyd wat die Amerikaanse ekonomie, die wêreld se grootste, steeds in ‘n resessie verkeer.
