Amerika se president, Barack Obama, se halfbroer is ‘n visum geweier om Brittanje binne te gaan nadat 'n klag van ‘n poging tot seksuele aanranding op ‘n jong meisie in Berkshire teen hom aan die lig gekom het.
Die News of the World kan onthul dat Samson Obama, wat in Kenia woon, probeer het om in Brittanje in te kom onderweg na Washington vir sy familie se groot dag, die historiese inhuldiging in Januarie.
Maar immigrasiebeamptes by die East Midlands-lughawe, wat die jongste biometriese toetse gebruik, het ontdek hy was betrokke by ‘n insident wat verlede November plaasgevind het. Die hoë-tegnologiedatabasis het onthul dat Samson – wat ‘n selfoonwinkel bestuur net buite Nairobi – dieselfde jong man is wat deur Britse polisie gearresteer is na hy ‘n groep jong meisies, waaronder ‘n 13-jarige, genader het en probeer het om een van hulle seksueel aan te rand.
Hy het hulle gevolg na ‘n kafee toe waar hy aggressief geraak het en gevra is om te loop. Dit is toe die polisie geskakel is en hy gearresteer is.
Hy het aan beamptes sy ma se adres in Bracknell gegee, maar aan hulle ‘n vals naam gegee, en beweer hy is Henry Aloo, wat glo ‘n werklike asielsoeker is.
Kezia, sy moeder, is met president Barack Obama se pa getroud toe sy ‘n tiener was.
