Die hoeveelheid verkenningsgate wat geboor word in die Noordsee het gedaal met 78% in die eerste kwartaal van 2009 vergeleke met die selfde periode verlede jaar, volgens mees onlangse industriedata van Deloitte, die rekenkundige en konsulterende firma.
Die VK en Europa sal toenemend moet staatmaak op Rusland vir natuurlike gas en die Midde-Ooste vir olie.
Die verswakkende verkenningsklimaat kan die 20 tot 30 jaar van die Noordsee se verwagte lewensduur na 10 tot 15 jaar verminder, wat beteken dat byna die helfte van alle infrastruktuur uitgedien kan raak in die volgende 11 jaar, reken UK Oil and Gas.
Pleks daarvan dat dit 45% van die VK se olie en gasbehoeftes tot in 2020 kan voorsien, word daar teen die huidige ontginningstempo voorsien dat die Noordsee slegs 12% van die behoefte sal kan voorsien.
Vanaf 2010 sal die regering waarskynlik ‘n groot afname sien in belastingwinste, omdat oliemaatskappye, saam met banke in die onlangse jare die mees belangrike bron was van hierdie fondse.
