Meksikostad sonder water

ImageAmptenare van Meksikostad het die hooftoevoerlyn wat vars water voorsien aan miljoene mense afgesluit omdat reserwes gedaal het tot onder die rekordvlakke.

Die sluiting, wat 36 uur kan duur sal ‘n kwart van die stad se bevolking, nagenoeg 5 miljoen mense affekteer.

Ongewoon lae reënval en groot lekkasies word aangevoer vir die rede dat die waterreservoirs minder as halfvol is.

Honderde watertrokke is ontplooi in gebiede wat die ergste geaffekteer word deur die staking van die watertoevoer.

Die plaaslike regering het gesê hulle gaan noodherstelwerk uitvoer aan die watervoorsieningsnetwerk.

Meer as 50% van die water wat deur die netwerk gedra word lek uit voordat dit by die bestemming uitkom.

Dit is die derde keer hierdie jaar wat die hoofstad geforseer word om die drastiese vorm van waterrantsoenering toe te pas.

Dit is opsetlik beplan dat dit oor Paasnaweek val, wanneer baie inwoners, of ten minste die wat dit kan bekostig die stad verlaat.

Meksikostad was voorheen ‘n drywende stad, wat gebou is op ‘n ketting van vulkaniese mere.

Maar sedert die mere gedreineer is in die 1960’s het die stad gesukkel met sy watervoorsiening.игри для днвочеклобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae