Skokkende Switserse brief

Met skok en Afgryse lees ek die brief vanaf Manfred Linke, die Switserse amptenaar, se verduideliking hoekom Krugerstraat se naam moes verander. Hy kan waarneem dat Kruger teen Britse Imperialisme baklei het maar glo dan dat alle blanke setlaars imperialiste is. As dit wel die geval is moet alle swartes, Arabiere en Moslems in Switserland dan nie as imperialiste gesien word nie?

Hulle kan Krugerstraat se naam verander as hulle de laaste swarte en Moslem uit Switserland gegooi het as 'n onwelkome imperialis. Dit is moontlik dat hy ook glo dat slegs blankes imperialiste en rassiste kan wees. In daardie geval gaan 'n debat en 'n betoog ons nie veel gaan help nie.

So kom ons los hulle met hul morele meerderwaardigheid, die demografiese veranderings in hul eie land kan hulle eerder die waarheid oor volk en rasverskille leer. Kom ons gebruik die geleentheid om te eksperimenteer met beter produkte as Nestlé. Of wat van 'n volksgerigte koffie- en sjokoladefabriek op Orania?

Ons kan selfs 'n fonds stig om Nigeriërs, Somaliërs en Turke te help om hulle in Switserland te gaan vestig. Twee miljoen van elk van laasgenoemde sodat hulle kan bewys dat hulle nie rassiste is nie.

Die belangrikste punt is dat ons versigtig moet wees om nie te veel betrokke te raak by Europa nie. Ja, ons het probleme en ja, ons het vriende nodig maar 'n beskawingsoorgang is in Europa onderweg vanaf blank en Christen na Arabies en Moslem.

Dit gaan uiteidelik op konflik en bloedvergieting uitloop tot so 'n mate dat dit heel moontlik dit wat in die Tweede Wêreldoorlog gebeur het gaan troef. Die mees suksesvolle oorlog waaraan 'n volk kan deelneem is die een waaraan al sy vyande en vriende deelneem en hyself nie.

Proaktief sou ek voorstel ons skryf Krugerstraat in Arabies en pos dit vir Manfred Linke!

you playАлександр Фильчаков прокурор

Waarom ‘n Engelse datum op praag.co.za?

Dis lekker om julle artikels te lees. Laat my dink aan die ou Star se leuse, naamlik ons vertel dit soos dit is! Hoekom egter bo-aan die blad is daardie datum in Engels? Groetnis uit Engeland.

Beste Cloete,

Ons waardeer jou ondersteuning as leser daar vanuit Engeland. Wat die Engelse datum betref, stoei ons maar deurentyd met die blikbreine om hulle Afrikaans te laat praat. Ons maak van sogenaamde oopbronprogrammatuur gebruik wat ons dikwels self in Afrikaans moet vertaal en om tegniese redes was die datum 'n tamelet om te verafrikaans. Ons sal egter jou kritiek deurgee aan ons webmeester, Albertus Kleingeld, wat weer die datumprobleem sal aanpak.

Dan Roodt, uitgewer

клей шпаклевкаФильчаков Харьков

Waar is die besware en woede teen de la Rey?

In Saterdag se Beeld is daar net een brief oor Tuks se nuwe rektor – en dit een wat vertel hoe "mooi" sy is!

Ek kan net nie glo dat dit al brief is wat Beeld gekry het nie, maar ek kan glo dat geen briewe van beswaar en woede oor hierdie aanstelling dit sommer in Naspers se publikasies sal maak nie.

Wil Praag nie 'n spesiale afdeling inrig waar briewe oor hierdie saak wat aan Naspers gestuur is maar nie gepubliseer is nie, volledig geplaas kan word?

Dit kan openbarend wees. Daar sal seker van insenders verwag word om te bevestig dat hulle wel die briewe ingestuur het, maar ek glo nie dit sal sommer misbruik word nie.

дровяные печиАлександр Фильчаков прокурор

UP slaan toe op studente wat graffitimuur verf

Image

UP-sekuriteit slaan toe

Die Pretoria Verkennersjeug het verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daar rondom. Dit handel oor die aanstelling van die nuwe rektor prof. Cheryl de la Rey.

Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie. Inteendeel blyk dit dat daar rede tot kommer bestaan oor ondermeer wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eens van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.

Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.

Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.

Die volgende dag is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.

Image

Die graffitimuur…

Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstelling van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Calie Pistorius.

Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na prof. de la Rey.

Werner Smook

Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug

 

поршневые компрессоры купитьЛобановский

UP is ‘n swart universiteit

Dan Roodt jy is 100% reg oor afrikaans by UP. Die prof. de la Rey gaan moet soek vir Afrikaanse kursusse wat sy wil beskerm. Ek is 'n tutor by metallurgiese ing. en al van 2002 daar deeltyds betrokke.

Toe porf Sandenbergh in 2002 in 'n vierdejaar klas ingestap het en vir hulle sê ons moet nou begin Engels praat, was die studente verbaas. Na een lesing was alles weer Afrikaans. Vandag word die kursus met Engels as voertaal geadverteer en tussen die 40 eerstejaars, soek jy na wit gesigte.

UP is voorwaar die grootste swart universiteit in die land en die bemarkers was baie geslaagd in hulle transformasie. Maar almal bly tjoepstil oor die patetiese slaagsyfers want die meeste studente wat hier sit met vet beurse gaan nooit anderkant uitkom nie.

Die enigste afrikaans is in M's en D's van die ou tyd ( 1992 en vroeër).

абразивный инструмент длялобановский александр компромат

Liewer Bangjan…

In die jongste verslag oor plaasmoorde en ander moorde op blankes in Suid-Afrika, toon Adriana Stuijt van Censorbugbear dat al hoe meer inwoners van die luukse woonbuurtes in die oostelike dele van Pretoria beroof, verkrag, gemartel en vermoor word.

Die vraag het nou ontstaan:"Is Pretoria nog veilig?"

Het dit nie tyd geword dat Afrikaners teen 'n tempo van "3 000 per dag" uit die misdaadgeteisterde gebiede van ons land, na veiliger gebiede moet verhuis nie?

Toe die ou NP-regering in die tagtigerjare die reuse woonbuurt – Khayelitsha – op die Kaapse vlaktes aangelê het, het Xhosas uit die Oos-Kaap teen sowat 1 000 per dag die Kaapse Skiereiland binnegestroom. En, onlangs toe die ANC-regering besluit het om die land se grens met Zimbabwe oop te gooi, het Zimbabwiese burgers teen 3 000 per dag oor die grens na Suid-Afrika gestroom.

Wat is dan fout met die Afrikaner? Waarom wil die Afrikaner nie na 'n veiliger plek verhuis nie? Die Afrikaner word teen 'n tempo van gemiddeld 5 tot 7 per dag vermoor, en die uittog uit S.A. na die buiteland is gemiddeld 150 per dag. Toegegee, die Afrikaners is veel minder as die swartes, maar in persentasie uitgedruk is die Afrikanervolk aan die verloorkant.

Ek begryp dat mens nie jou werk sommer net so kan opgee en trek nie, maar as in ag geneem word dat 500 000 Afrikaners werkloos en of verarm is, en seker net soveel al slagoffers van geweldsmisdaad, en of roof en diefstal was, dan is dit moeilik om te verstaan waarom daar nie veel meer Afrikaners, meer dikwels, hul goed vat en na die westelike deel van ons land verhuis nie.

Plekke soos Lambertsbaai, Melkbosstrand, Kleinmond, Gansbaai, Struisbaai, Mosselbaai, George, en Jeffreysbaai aan die kus, asook binnelandse oorde soos Orania, Vanderkloof, Carnarvon, Calvinia, Clanwilliam en vele ander, bied groot moontlikhede vir ondernemers. Begin 'n sakeonderneming in een van genoemde plekke, en adverteer poste vir werknemers binne die Afrikanergemeenskap.

Lesers sal verbaas wees om te sien hoe die Afrikaner sal begin belangstel om te trek sodra hulle sien dat kapitaal in groeiende hoeveelhede na genoemde plekke herlei word.
Die volk het 'n keuse: Bly waar julle is, en sien hoe dat die Afrikaner stadig maar seker uitsterf, of trek na 'n veilige hawe waar mede-volksgenote reeds in beduidende hoeveelhede saamtrek. "Liewer Bangjan as Dooiejan".

правило укладки ламинатаtopcargo отзыв

As jy nie werk nie, moet jy nie eet nie!

Ek het onlangs vir die eerste keer deur 'n dokument geblaai: Verslag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley 2-5 Oktober 1934.

Daar is drie besondere punte wat ek wil uitlig. Dit toon weereens vir my dat hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

1. Diepe afhanklikheid van God Drieënig

In die openingsrede, wanneer daar oor oplossising gepraat word, meld ds. van Huysteen:

"Die ewige waarheid so helder en duidelik verkondig deur die onfeilbare woord van God, toon ons aan in Ps 127:1 'As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou, as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.' Ons wil dit uitspreek as ons heilige oortuiging dat ons pragtige en haas volmaakte organisasie, ons deeglik voorbereide stukke en ons ernstige beraadslaginge weinig vrug sal dra, as ons nie in diepe afhanklikheid van die Almagtige die saak aanpak nie, en as ons nie gewillig is om die volmaakte voorbeeld te volg van ons Grote Leermeester, wat alleen die wonderlike Oplosser is van al ons probleme, tydelik en geestelik."

2. Die ongelooflike orde, volledigheid en logies praktiese implementeerbaarheid van die besluite

Die logiese orde wat gevolg is: ondersoek, besluite en handeling, met ander woorde: die Hoof, die Wil en die Hand tree een na die ander op.

Ek sal later by 'n paar interssante besluite kom, maar kyk bv. na die volgende uit dr Verwoerd se stuk:

Voorstelle om die vraagstuk van blanke armoede te beveg gaan in vyf rigtings, nl.:

1. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van die gewone gemidelde burger.

2. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van diegene net bo die armoede grens.

3. Maatreëls tot voorbehoeding van diegene wat nie beskerm kan word teen tydelike ekonomiese verdrukking nie.

4. Maatreëls tot ekonomiese opheffing van reeds verarmdes.

5. Maatreëls tot maatskaplike opheffing van reeds verarmdes.

Die kongres het o.a. bespreek;

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Verbetering van behuisingtoestande

·         Ontwikkeling van die plattelandse verpleegingsdiens

·         Ontspanning en vermaaklikheid vir minderbevooregdes

·         Subsidiëring van welvaartswerk

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en Jeugmisdaad

·         Werkverruiming in die stedelike werkkringe vir mans

·         Skepping van werksgeleenthede

·         Werkverskaffing en versorging van vroulike werksters

·         Tydelike werksverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses

·         Werkverskaffing op die platteland

·         Dwangkolonies en Kerknedersettings

·         Die posisie van die kerk

·         Die Christelike idiaal in maatskaplike werk

·         Vraagstuk as sielkundige-opvoedkundige

·         Skoolstelsel en leerplan

·         Gesondheidsonderwys

·         Beroepsleiding, Beroepopleiding en Volwasse opvoeding

·         Maatskaplikke Implikasies van die Christelike Evangelie.

Die lys verstom my met sy volledigheid, en dít in 1934!

3. Praktiese uitvoerbaarheid van die besluite wat geneem is

“Aanhef

Onder die diepe besef dat die bouliede tevergeefs arbei as die Heer die huis nie bou nie,en dat die wagters tevergeefs waak as die Heer die stad nie bewaar nie, lê die Kongres onder biddend opsien tot God die volgende besluite aan die volk voor:

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Behuising

·         Gesondheidsdiens op die Platteland

·         Ontspanning en vermaaklikheid

·         Subsidieering van welvaartswerk

·         Binnemuurse liefdadigheid

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en jeugmisdaad

·         Maatreels tot veruiming vir mans on stedelike werkkringe

·         Die skepping van groter werksgeleenthede

·         Maatreels tot verkryging van 'n meer rasionele uitplasing vir werk

·         Werkverskaffing aan en versorging van vroulike werknemers

·         Tydelike werkverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses deur werkloosheids- en Siekteversekering

·         Werkveruiming op die platteland deur die algemen bevordering van Landbou

·         Spesiale werkverskaffing op die platteland aan blanke armes

·         Dwangmaatreëls vir volwassenes

·         Kerknedersettings en arbeidskolonies

·         Sentralisasie van skole

·         Agterlike en vertraagde kinders

·         Sertifikate

·         Skoolbiblioteke

·         Voorskoolse opvoeding

·         Opleiding van onderwysers

·         Inskerping van gewoontes en geesteshoudings

·         Gesondheidsopvoeding

·         Beroepsleiding

·         Beroepsopleiding

·         Volwasse opvoeding”

Honderd en Agt (108) besluite in total.

Vir my was die implementering van dwangkolonies vir mense wat nie wou werk nie iets wat ek nooit aan gedink het nie. Die Nuwe Testamentiese Bybelse beginsel dat as jy nie werk nie moet jy nie eet nie blyk vir my die motiveering te wees.

Bogenoemde is vir my vreeslik interesant, want die geskiedenis herhaal homself maar telkens. My brief is baie oppervlakkig, en ek probeer geen stelling daarmee maak nie. Dit sal net vir my insigewend wees indien daar iemand is wat 'n artikel wil skryf oor die Kongres, met spesiale verwysing na hoe dit so suksesvol geimplementeer is dat ons teen die jare sewintig 'n groot middelklas geskep het, en werkloosheid op 'n laagtepunt was.

casino strategy slotsФильчаков прокурор отзывы

Wat vang Kruger met die renosters aan?

 Ek het Maandagoggend die Krugerwildtuin verlaat na 'n 10 dae lange rondtoer deur hierdie park. Ek is 'n Nederlander.

Ek het die volgende ongelukkig gesien:

Ondanks die Krugerbestuur se verklaring dat hulle nie meer renosters gaan vang nie, het ek gister gesien hoe hulle 2 rinosters vanaf 'n heli verdoof en toe opgelaai het in die gebied wes van Skukuza.
 
Ek is baie teleurgsteld in die bestuur van die wildtuin.

Dis vir my ongelooflik dat hulle hierdie diere in die park nie met rus kan laat nie. Die wildtuin is 'n nationale bate, die bestuur het nie die reg om diere uit die park uit te haal nie.

Ek hoop van harte dat hierdie verkoop van wild uit die park nie deur die bestuur gedoen word om hulleself te verryk nie.
светильникиФильчаков прокурор отзывы

Oor middelmatigheid en keuses

Loop mens deesdae deur ‘n goeie boekwinkel en jy stop by die rak waar populêre sielkunde (persoonlik of vir organisasies) verkoop word, let jy op dat die grootste verkopers nog steeds daardie publikasies is wat jou wil vertel hoe om die "beste jy", of 'n suksesvolle organisasie wat miljarde werd is, op die been te bring. Dus, die oorlog teen enige vorm van middelmatigheid is aan! Of so lyk dit. Die realiteit is egter anders; nasionaal en ook internasionaal het uitskieters ‘n probleem, of dalk meer as een. Die samelewing verduur nie sulke mense nie, of dan vir ‘n baie kort rukkie. Dit werp dalk refleksie op die algemene stand van IK, maar dit is ‘n ander debat.

Neem nou maar die SA van vandag. Ek gaan nie voorbeelde noem nie, want ek is seker die spasie op hierdie webwerf vir bydraes is ook beperk. Mens hoef nie eers te selektief te lees aan koerante en tydskrifte om hierdeur oordonder te word nie. Miskien net dít: ek sien dat sommige vakbonde kla oor die Engels in KZN-skole. Ek dog Afrikaans was die probleem in 1976, of is ‘n hele samelewing verlore omrede daar dalk nog die heel tyd nie die volle waarheid vertel is nie en ons gekies het om dit te glo? Ek het hierdie voorbeeld met opset gekies – terwyl ons nou by die onderwys is: wanneer laas het iemand gevra wat in die formele sektor van die skoolwese gedoen word vir diegene wat besonder begaaf is? Nou dáár is ‘n onderwerp vir ‘n insiggewende nasionale debat, sommer ook as middel om ‘n paar ander dinge op te klaar!

Kortom: middelmatigheid is volgens selfdoen-boeke (en akademiese advertensies) uit, al is dit die toestand van die meerderheid. Jy moet jouself as persoon en burger onderskei, om nie te praat van in al jou ander samelewingsrolle en verantwoordelikhede nie. Die hemele behoed jou net as jy dit regkry! Maar, wat nou gemaak as jy leef in ‘n plek waar ons nie eers regtig besig is met middelmatigheid nie, maar met goed wat effens ondertoe op die hiërargie lê? In ‘n opset waar die laagste gemene deler elke keer bepalend vir alles is en blote luiheid dikwels die botoon voer onder diegene wat dit die minste kan bekostig? En waar die afgekykte gedrag van die meerderheid alles bepaal sonder dat dit oënskynlik gesien word vir wat dit is – ‘n groot leuen gevoed ter wille van hierdie luiheid en die handhawing van ‘n vorm van "orde"? Ek het iewers verwys na fundamentele keuses wat gemaak moet word (Afrikaanse voetspore en bestemming). Daarom: óf jy kies om voort te ploeter, óf jy veredel en aspireer na dít wat iewers vêr daarbo lê, desnieteenstaande die prys wat jy hiervoor mag betaal. Dit beteken dat jy nie onnosel moet wees en ander vir jou laat dink in die proses nie, maar wel dat dit ‘n ingeligte, bewustelike keuse moet wees. Verskeie sulke keuses is uitgeoefen deur burgers en hulle leiers in hierdie land se verre en nie te verre verlede nie. Of die mees onlangse keuses nou gemaak is uit werklike oortuiging of om ander redes (sic!) is ‘n ander argument, maar as diegene wat gedink het dat hulle keuse hulle merkbaar sou onderskei en dat dit sou lei tot groot respek vir en ekonomiese voordeel uit hulle optrede, soos beloof is, is hulle wreed ontnugter. Waar eer en heldeontvangs verwag is, is ten beste nog groter minagting opgelewer, in ooreenstemming met die doodsnikke van die beskawing waarvan hierdie eer verwag is. Waar ons ons deur gedrag wou onderskei, het die afwysing bly volg. Van ons Wes-Europese stamlande kan niks meer verwag word nie. Gaan kyk eerder mooi na wat in hierdie konteks gebeur het in bv. Bosnië en omstreke, en wat die dinamiek en resultate van die historiese konflik daar vir vandag is. Vir Afrikaans en die Afrikaner is dáár veel te leer, soos ook uit die vergelykende beskawingsgeskiedenis. Soms is die waarheid en die werklikheid só voor die hand liggend dat dit gevaarlik word en daarom bestuur moet word.

Dit word steeds meer duidelik – Suid Afrika sal (dalk kan, as ons eerlik wil wees) nooit wees wat dit moontlik kon wees nie. Brute realiteite, gebore uit die geskiedenis, die antropologie, die geografie en dalk selfs die biologie (en die wisselwerking hiertussen) sorg hiervoor. Ten spyte van die soms skreiende resultate van ons gemaakte keuses: of ons onsself besig hou met middelmatigheid of met iets wat daarbo of daaronder lê? Die keuse is en bly elke individu en gemeenskap s’n. Ons telkaart lyk nie te goed in dié verband nie, ook nie die Afrikaanse een nie. Jy kan egter nie middelmatigheid reg praat nie. Jy kan slegs (in sommige gevalle) iets daaraan probeer doen. Selfrespek is steeds ‘n faktor. Die geskiedenis en die toekoms sal bly oordeel of ons sinvol gedink en gekies het.

ручной пневмоинструментДанильченко Юрий прокурор

Stig eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB

Daar heers tans 'n lewendige debat op Praag se webtuiste oor die toekoms van 'n Afrikanerleefwyse en -kultuur in die huidige opset in Suid-Afrika. Ek maak graag 'n paar opmerkings in dié verband.

Afgesien van 'n kern "suiwer" blanke Afrikaners – van wie heelwat aan die bogenoemde debat deelneem of dit ten minste op die webstuiste lees – hoeveel meestal Afrikaanssprekende blankes koester dieselfde hoop en doelwitte vir die herwinning van ons eie kultuur en identiteit? Ken hulle hulle volk se geskiedenis en prestasies? Die wêreld is besig om al hoe meer homogeen te raak waar almal Levi-denims dra, MacDonalds eet en Bold and Beautiful op TV kyk. Die opdringerige globale media skep 'n al meer homogene samelewing waar unieke kultuuridentiteite besig is om te vervaag en saam te smelt. In 'n samelewing waar ekonomiese oorlewing en gemeenskapskonformiteit al hoe belangriker raak, hoeveel mense gaan opstaan, die opofferings maak en saamtrek in 'n eie rigting wat vir die Afrikaner weer hoop gaan gee? Daar is die mense wat sal, maar daar is meer waarvoor die kool nie die sous werd is nie. Wat is die baken waarom alle Afrikaners kan verenig? Waar is die helde wat kan opstaan en leiding gee en waarop 'n nasie kan trots wees? Waar is die mense vir wie eie gewin onbelangrik is, vir wie nasiebou en volk en vaderland alles is. Wat die opofferings vir 'n groter saak sal maak? Dit raak al laat dat hulle te voorskyn moet kom.

Die moderne samelewing is op gemaksug gebou: kitskos, mikrogolfoonde, selfone en die internet. Swaarkry, eelte op jou hande en sweet op jou voorkop is vir die meeste mense heel vreemde konsepte. Die ergste swaarkry is as die krag af is en jy nie TV kan kyk nie of jy nie 'n selfoonsein het nie. Met so 'n lamlendige groep kan mens mos nie 'n oorlog wen nie of hoe? Voordat daar nie 'n algemene besef is dat oorwinning uit opoffering spruit, gaan daar bitter min vordering wees. En voordat daar nie 'n nuwe algemeen aanvaarde doelwit is, 'n doelwit wat haalbaar is, wat mense aangryp en opgewonde maak en waaraan doelgerig gewerk en nagestreef word, gaan 7de Laan nog steeds die opwindendste item op meeste mense se program wees.

Solank daar nie 'n werkbare alternatief vir die huidige onderwysstelsel is nie, gaan die Afrikanervolk deurgaans verswak. Die kommuniste is uitgeslape en dis nie verniet dat hulle Afrikanerjongelinge deur middel van 'n verwronge onderwysstelsel volgens hulle eie siening opvoed nie. Ons is besig om ons kinders aan 'n voksvreemde moondheid te oorhandig. Die tragedie hiervan is dat die Afrikanervolk nog met geen alternatief vorendag gekom het om hierdie misvorming van die jong Afrikanerverstand teen te staan nie. Waar is ons Afrikaneropvoedkundiges, waar is ons intellektuele, waar is ons akademici? En as hulle nie self in die bres sal tree nie, waar is dan bloot net die entrepreneurs wat hierdie smag na 'n eie onderwysstelsel op 'n kapitalistiese wyse kan bevredig? As ons nie eienaarskap van ons kinders en hulle opvoeding kan terugneem nie, is daar 'n skrale hoop op sukses. Ek meen dis hier waar ons ernstigste behoefte lê, dis ons belegging in ons volk se toekoms en die kommuniste het dit van ons, willens en wetens, afgeneem.

Die term "drastiese aksie" is al in bogenoemde debat gebruik. Drastiese aksie sluit in die stigting van eie Afrikanerbedrywe, sonder SEB, die sluit van besigheidskontrakte met enersdenkende maatskappye, die steun van die besighede deur die breë publiek, die bedryf van etiese besighede deur sakemanne wat hul volk se saak op die hart dra. Dit sluit ook in die uitsluit van volksvreemdes uit die "eie ekonomie", 'n tipe Afrikaner- regstellende aksie waar daar net werk en geleenthede vir Afrikaners en enersdenkendes is. Ek wil weereens weet waar is ons nyweraars, ons sakemanne, ons wetenskaplikes, entrepreneurs en finansiers? As Mammon sy kloue al so diep in hulle geslaan het dat geld hulle god geraak het, is dit reeds laat in die dag vir ons volk. Hoekom ondersteun die breë Afrikaner nie 'n eie koerant nie, of is Huisgenoot deesdae die alfa en die omega van die Afrikaanse media?

Voordat die breë samelewing, die Afrikanerman op straat, nie met die strewe na 'n eie identiteit van ons volk kan identifiseer nie, gaan die afdraande pad waarop ons as volk tans verkeer nie verander nie. Uit eie betrokkenheid met verskeie vrywilligerinstansies is dit vir my duidelik dat die gewone persoon maar heel apaties staan teenoor "die groter saak". Dis 'n opdraande stryd om mense te mobiliseer en van denkwyse te laat verander. Indien ons as Afrikaners nie beheer oor die opvoeding van ons kinders en die media gaan verkry nie, gaan die pad vorentoe maar lank wees.

PRAAG verdien volpunte vir sy onbaatsugtige diens wat hy in hierdie verband lewer. Die alternatiewe sienswyses en standpunte wat hy lewer is vir ons volk lewensbelangrik. Lesers kan gerus hierdie artikels so wyd as moontlik versprei sodat hierdie webtuiste inderwaarheid as teenvoeter vir Naspers se snert kan dien.

строительство саун москваОлександр Фільчаков прокурор

Pik Botha gee dwarsklap na die regses

Op Carte Blanche, M-Net se aktualiteitsprogram, het Pik Botha 'n klap na regses probeer uitdeel. Die program het oor die maanlanding 40 jaar terug gehandel. Daarin verkwalik hy Albert Hertzog dat SA nie al in die sestigerjare televisie gekry het om na die maanlanding te kyk nie.

Behalwe dat dit seker ook 'n kabinetsbesluit was, is Hertzog se waarskuwing (as Pik dit korrek weergegee het) dat pornografie en die diaboliese (seker uiterste geweld, moord) en lae morele waardes, ook op televisie uitgebeeld sou word, nou bewaarheid. Wat sien ons nie deesdae op die meer gewilde kanale nie? Sport is omtrent die enigste kykstof wat nie uitermate geweld, los sedes en pornografie vertoon nie!

Die Nasionale Party onder Vorster en sy navolgers het met die SAUK-TV, soos die ANC tans, televisie as propaganda- en breinspoelmiddel gebruik teen regses/teenstanders. Dus was Albert Hertzog se waarskuwings, hoe vergesog Pik hulle ook al wil maak, gegrond en bewaarheid.

зарядноеОлександр Фільчаков прокурор

Suid-Afrika word net nog ‘n agterlike Afrikastaat

Die onderliggende probleme waaraan die NP nie aandag gegee het nie, was voor die hand liggend. Die ANC bied ook geen oplossings nie.

As mens in die platteland ry, kan mens die groot nie-blanke woonbuurt op elke dorp sien. Die dorpe is oorspronklik deur blankes gestig, maar die blankes is nou oral in die minderheid weens hoë bevolkingsgroei onder nie-blankes. Die bevolkingsgroei moes lankal beperk gewees het. Die ANC doen die teenoorgestelde met kindersubsidies. Die blanke bevolking krimp al sedert die 1985-sensus, terwyl die swart bevolking steeds eksponensieel toeneem.

Die blankes het die meeste van die plaasgrond vir hulself gevat, en die nie-blankes is grootliks uitgesluit uit ekonomiese aktiwiteit behalwe as ongeskoolde arbeid (behalwe in die TBVC-state, wat bewys het dat die swartes nie hulle eie ekonomie kan skep nie). Die NP se oplossing was onwerkbaar. Hulle moes lankal 'n federasiestelsel geskep het, met state wat hulle eie graad van onafhanklikheid kon kies, en vrywillig saamwerk waar nodig.

Die NP het vir Afrikaanssprekendes werk gegee in die staatsdiens. Die ANC het nou omtrent al die blankes uit die staatsdiens geforseer. Die ANC is te onnosel om te verstaan dat jy nie die poste van 10% van die bevolking met die ander 90% kan vul nie. Die regstellendes kan nie die werk doen nie. SA word net nog 'n agterlike Afrikastaat.

real activeФильчаков прокурор харьков

Christi van der Westhuizen kort lesse in genetika

Ek het in Saterdag se By ‘n rubriek, Schadenfreude: Wie gaan laaste lag?, wat die grootste snert verkondig het, gelees. Die skryfster, Christi van der Westhuizen, se absolute – amper skokkende – onkunde aangaande genetika is tot op die been ontbloot. Sy leef in haar eie klein politiek korrekte droomwêreldjie en wat in haar biblioteek is, moet uiters beperk wees. Basies net Mau-Mau, Uhuru, Marxistiese dogma soos dit vir my voorkom. Die stomme kind is so geïndoktrineer en gebreinspoel dat sy haas nie reguit kan dink nie. ‘n Tipiese sub-intellektuele “waffer”-rubriekskrywer en/of “politieke kommentator” of “analis” wat sedert Pienk Frikkie oorgeneem het in hul dosyne saam met baie middelmatige mulatto’s deur die SAUK, Naspers, Media 24 en hul filiale en geesgenote aangestel is.

Wat van der Westhuizen “rassistiese idees” noem, is ongelukkig alles bloot hallusinasies in haar disfunksionele brein. Ongelukkig vir haar onkunde is dit weliswaar feitelik, wetenskaplik gefundeerde en bewese waarhede.

Dit sal dalk help as sy nou en dan die vrymoedigheid het om met ‘n rasegte Kaukasiese patriot van superiere (of selfs beter) IK te praat wat oor hierdie lewensbelangrike onderwerp goed ingelig is. Ek sal haar aanraai om voor die tyd ‘n paar valiums te sluk, net om die vlindertjies in haar magie tot bedaring te bring. So iets kan egter heel waarskynlik vir haar hoogs ontnugterend wees, aangesien sy ooglopend gewoond is aan die geselskap van Bantoes, mulatto’s  en “waffers”.

Abstrakte denke is duidelik nie haar en haar ”comrades” se forté nie! Ek het inderdaad nog nooit ‘n Bantoe- of mulatto-“intellektueel” in my lewe ontmoet nie. Ek lees net altyd die bragadoccio van hieride sotte in die koerante. My repliek word natuurlik nooit geplaas nie, want die lafaards is te skytbang vir iemand met werklike intellek, asook ons swart rassistiese régime! Ongelukkig haal die“waffers”, wat bekwame wit mans se werk agv regstellende aksie gesteel het, bloot net nooit die paal nie.

Net ‘n moroon stel kritiek gelyk of sinoniem aan “rassisme”. Het jul dan wragtig geen ander kaart om te speel anders as die uiters vervelige en breinlose rassekaart nie? Die idee dat ras ‘n aanduiding van mense se vermoëns is, is glad nie propaganda uit die 19de eeu nie, maar ‘n welbewese feit. Dit word veral nou in die 21ste eeu, intensief deur regdenkende en ingeligte Westerse intellektuele gedebatteer.

Dit is inderdaad nie belaglik om te dink dat iets so “arbitrêr” soos velkleur kan bepaal of iemand ‘n land kan regeer of korrup is nie! Jy is duidelik in absolute ontkenning vasgevang. Ek het nuus vir jou, sussie! Ras was NOG NOOIT “’n sosiale konstruk” nie. Waar op dees aarde het jy al dié snert geleer? Was Blade of Jansen dan een van jou “dosente”? Jy praat soveel nonsens dat ek amper op die ANC se vlag braak. In plaas van wetenskap te lees, het jy blykbaar iemand se benoude leuens en bedrog vir soetkoek opgevreet. Jou onkunde is so ongelooflik dat mens glad nie enigsins verder snert van jou wil lees nie. Is die imbesiel dan sinoniem met die feminis?

‘n “Natuurlike biologies gegronde rassehiërargie" is alles behalwe “fiksie” en word dekades al deur hoër intellektuele wat oor kritiese denke beskik, aanvaar. Miskien moet jy ophou om doelloos deur jou “Huisgenoot” te blaai en Joost van jou brein af kry. Jy is ‘n “total loser” en boonop ‘n lafhartige kermgat. Het niemand jou ooit geleer jy kan nie teen feite argumenteer nie. In plaas van “The God Delusion” het jy blykbaar “The Bantu Marxist Delusion”. Dis ‘n absolute skande dat jy jou eie ras en volk haat. Voel jy regtig so minderwaardig en verslae agv jou historiese agterstand? Lyk my jy dra maar swaar aan daai stomp op jou smal skouertjie!

Die nut van “diskriminerende hiërargieë” is omdat dit die waarheid is en baie sin maak. Daar was nog altyd hiërargieë deur die millenniums in iedere en elke ras. Jy gaan tog nie iemand met ‘n IK van 60 as premier van ‘n provinsie aanstel en ‘n kreatiewe genie gebruik om jou huis skoon te maak nie!

Ek kan my net indink wie jou “ikoon” is – deesdae is dit mos blykbaar verpligtend dat elke Suid-Afrikaner ‘n “ikoon” moet hê.

Rassevermenging is seker die grootste sonde en onding ooit. Die gevolge is katastrofies en neem wêreldwyd teen ‘n skrikwekkende tempo toe. Binnekort sal baie min mense nog enige betekenisvolle identiteit hê. Dan sal ons met ‘n sieklike, onetiese en immorele globale basterras sit!

Ek is instinktief daarvan bewus dat ek slegs by my eie ras moet hou en slegs met hul kan assosieer. Ongelukkig is die blanke nie op dieselfde intellektuele en kuturele golflengte as ander rasse nie. Die Westerse beskawing is uniek en blank. Die swart parasiete wat hulself die reg toe-eien dat die Egiptiese beskawing enigsins nie-blank was, kan hul gerus ‘n guns deur Arthur Kemp se uitstekende werk, “March of the Titans”, intensief te bestudeer.

Lyk my jy ly ook aan die swarte se patetiese, selektiewe en baie gerieflike “blaming culture”. Alles is altyd apartheid se skuld! Sies ga, hoe pateties! Apartheid was nooit ‘n verkrummelde staat nie. Basies het die inheemse barbare suid van die Sahara alles wat hulle weet by die Westerling geleer.

Ek wil jou graag help om die basiese feite aangaande genetika te verstaan. So hier is twee boeke om mee te begin wat as skokterapie sal dien om jou uit jou bedwelming te ruk:

  • The Nazi Virus  – P Welch
  • Erectus Walks Amongst Us – Richard D. Fuerte

Versuip gerus in jou Weltschmerz, sussie. Jou tipe het mos gewoonlik nie ‘n volbloed Kaukasiër as “liefling” nie. (Nie dat die skare op Loftus jou ooit “liefling” sal noem nie!)

купить липецк подъемное оборудованиеФильчаков прокурор харькова

Media24 is anti-nasionaal

Tim du Plessis skryf in Beeld van 17 Julie 2009 in 'n smalende artikel oor Afriforum oa 'Rasse-ideologie is die virus wat die land al meer as 150 jaar terughou en verhinder dat Suid-Afrika tot sy volle potensiaal ontwikkel. Eers die ideologie van wit meerderwaardigheid en sedert 1994, sy swart eweknie. Albei aangevuur deur daardie teenproduktiewe ding, nasionalisme.'

Wit meerderwaardigheid mag dalk 'n ideologie wees, maar apartheid was bloot 'n modus vivendi om te oorleef. Die huidige gemors in die land bewys dat daar niks verkeerd mee was nie.

Daar stel Tim dit uiteindelik duidelik: Hy en sy trawante is anti-nasionaal, net soos hulle geestelike vaders Marx en Lenin, al besef hulle dit moontlik nie eers nie. (Tim se eie kinders, verstaan ek, was in 'n Engelse privaatskool.)

Media 24 en sy meelopers is 'n gevaarlike vyand van die Afrikaner, netsoos die hensoppers en joiners in die Engelse oorlog. Daarom moet ons tydig en ontydig hierdie verraderlike organisasie aan die kaak stel.

промышленные погружные насосылобановский супермаркет класс