praag.co.za

Tag: genetika

  • BLM Toronto verklaar dat swartes wittes kan uitwis met beter genetika

    BLM Toronto verklaar dat swartes wittes kan uitwis met beter genetika

    Die mede-stigter van Black Lives Matter in Toronto, Kanada, glo witmense is “resessiewe genetiese defekte” en bespiegel oor hoe hulle “uitgewis” kan word volgens ‘n berig oor wat lyk na haar Facebook-blad.

    Yusra Khogali het die afgelope jaar die BLM Toronto se politieke invloed verbreed ná hul konfrontasies met Ontario Premier Kathleen Wynne.

    Khogali het ‘n bewese rekord van gewelddadige en verdelende retoriek.

    Net verlede week tydens ‘n protesoptog voor die Amerikaanse konsulaat het Khogali geskree in ‘n mikrofoon dat nie-blankes die getalle het op teen wittes op te staan.

    “Kyk na ons, ons het die getalle,” het sy gesê.

    Terwyl hierdie opmerkings talle Kanadese onthuts, is dit in vergelyking met ‘n verklaring wat Khogali blykbaar gepos het op Facebook in 2015, niks.

    “Witheid is nie menslik nie,” het die verklaring begin. “Om die waarheid te sê is witheid submenslik.” Die boodskap gaan voort om ‘n genetika gebaseer op melanien en ensiem aan te bied.

    Sy sê “swartes kan eenvoudig deur hul dominante gene letterlik wittes uitwis”.

  • Kwelvrae oor Darwinisme en evolusieleer

    Ek lees dat daar nou ‘n sg. nuwe mens species(Latynse spelling) ontdek is nadat ‘n vingerbeen gevind is. Nou toe nou!

    As ‘n wetenskaplike, medikus, genetikus, mikrobioloog en viroloog, moet ek met verbasing reageer. Hiermee ‘n paar gedagtes om mense se idees te stimuleer om oor die evolusieleer en Darwinisme te dink en kritiese denke nie onder die mat in te vee nie.

    Ek het al in 1976 in een van my werkstukke vir die graad Honneurs in molekulêre genetika ‘n storm ontketen omdat ek met ‘n stuk getiteld Darwinism, bad reflexions in a dead pool teen Darwinisme en die Evolusieleer geskryf het.

    Om ‘n lang storie kort te maak: Hoe kon lewe, soos ons dit ken, uit warm poeletjies water en borrelende gasse ontstaan het?

    Vraag een: Die kwessie van nie-reduseerbare kompleksiteit. As mens die proses van proteïensintese neem, vanaf die ongelooflike komplekse werking vanaf DNS en die interaksie tussen gene, gaan dit ons nog 100 jaar of meer neem met al ons tegnologie en dan gaan ons miskien 1% daarvan weet. Die struktuur van DNS is so gekompliseerd dit is nie nou die plek om dit eers te probeer verduidelik nie.

    Evolusie is in elk geval minder moontlik dat sou ‘n bom in ‘n papierfabriek afgaan die resultaat die volledige Encyclopedia Britannica sal wees, letter vir letter en punt vir punt, klaar gebind.

    ‘n Enkelsellige organisme soos ‘n amebe bevat inliging om meer as 100,000,000 bladsye van die Encyclopedia Britannica te vul, letterlik.

    Dan die tweede kwelvraag. Waar is die tussengangerfossiele? Tot dusver is meer as 500,000 volledige fossiele ontdek, maar nie een tussengangerfossiel nie. Darwinaanhangers beweer dat ‘n vis na ‘n reptiel, na ‘n lemur, na ‘n aap en dan na die mens verander het. Al hierdie diere het fossiele, maar waar is die tussengangers? Die antwoord sou eerder wees ‘n gedeelde Super Intelligente Skepper as ‘n gedeelde voorouer.

    Die derde vraag: Hoekom vermy al die aanhangers van evolusie die uiters belangrike faktor van massiewe variasie binne een species? Wat van die Kambriaanse ontploffing van species, toe ‘n massiewe hoeveelheid nuwe species binne ‘n baie kort tydperk gevorm het? Volgens Darwin,sou invertebrate gevorm het uit enkelselle, maar skielik verkyn die invertebrate en vertebrate in hierdie periode sonder enige voorouerfossiele.

    Insekte, knaagdiere, vlermuise se fossiele word almal gevind, maar helaas géén voorouer. Daar kan nie deur een wetenskaplike, paleontoloog, geoloog of wie ookal, aangetoon word dat een groep fossiele enigsins voorouers van ‘n ander groep fossiele was nie. As ons die variase in die aantal tipes duiwe neem, is dit nie verskillende species nie, maar mens-geselekteerde variasies binne een species. Die basiese geenpoel bly dieselfde. Deur sekere eienskappe te selekteer word variasies geskep. Baie is nie lewensvatbaar in die natuur nie.

    Die vierde vraag: Wat van die Tweede Wet van Termodinamika? Dit is beskryf deur die Duitse Fisikus, Rudolf Clausius.

    Hierdie fundamentele wet word ook beskryf as die wet van toenemende entropie. Entropie is dus die totale hoeveelheid energie wat verlore gaan en nie omskep kan word in meganiese energie of werk nie. As eenvoudige voorbeelde: Indien jy ‘n ysterpyp buite laat lê ,verroes dit. As jy ‘n huis bou en net so laat, is later van die bouwerk net ‘n hoop rommel oor. Wat het dit met evolusie uit te waai? Net dit: Die basiese aanname wat die aanhangers van die teorie maak, is dat daar êrens in die verlede, miljarde jare gelede, baie eenvoudige elemente gekombineer het en tot asemrowende komplekse organismes soos ‘n enkelse amebe ontwikkel het, maar geen tweede wet van termodinamika was betrokke nie. Hoekom dan nie? Hierdie onopgelosde kwessie is een van die grootste bewyse teen die evolusieleer.

    Vyfde vraag: Die wiskundige moontlikheid of kans dat evolusie uit eenvoudige elemente sou kon ontstaan. Veronderstel daar is ‘n oorvloed van aminosure, kataliste, water, regte temperatuur, pH,(sonder entropie,wat natuurlik nie moontlik was nie) dan sou die kanse dat slegs 10 aminosure ‘n polipeptiedketting sou vorm, 10 tot die mag-20,wees. Proteïene word natuurlik slegs gevorm, beginnende by DNS -> mRNA -> ribosome -> aminosure -> proteïen. Te kompleks om in detail te verduidelik.

    Kortom, hierdie duisende proteïene moet dan op een of ander manier saambind en ‘n komplekse organisme vorm wat verdeel, in skokkende omgewingstoestande, miljarde jare gelede en daarna uiteindelik meersellige organismes vorm? En daarbenewens is geen tweede wet van temodinamika betrokke nie!

    Hou ook in gedagte dat genetika nog nie tot ‘n wetenskapsvak ontwikkel was in Darwin se tyd nie. Hy het nie van gene ens. geweet nie.

    Vraag ses: Vertikale en horisontale mutasies. Nog nooit het ‘n puntmutasie gevorm wat ekstra informasie bygevoeg het tot ‘n geen nie. Dus geen vertikale evolusie om nuwe funksies te kan verrig nie. Wat dan van bakterieë en hulle bestandheid teen antibiotika? Hier is mutasies betrokke om te verhoed dat hulle bind aan die reseptore bv. veranderde ribosome. Hierdie bakterieë verloor dus gene, deur horisontale evolusie, en is dus geneties swakker as die wat nie bestand is nie.

    In ‘n omgewing sonder antibiotika het die mutasie dus ‘n swakker kans om te oorleef, want onthou die ribosome van die bestandes kan nou nie normale funksies uitvoer nie.

    Dit is soos ‘n dief sonder arms. Die polisie kan hom nie boei nie en hy kan dus nie gevang word nie en vlug, maar om sonder arms te wees is seker nie tot voordeel van die groep nie. Weereens horisontale evolusie.

    Wat Darwinisme en die evolusieleer aan ons beskawing gedoen het, is ‘n vraag wat ook beantwoord moet word. Ons beskawing mik tans in die verkeerde rigting. Kyk maar na hedendaagse morele waardes, moord, bedrog, gewelddadige diefstal, skool en tersiêre onderwys se lae standaarde. Al ons kinders is verslaaf aan rekenaarspeletjies en hoe meer geweld in die speletjie is, des te beter.

    Wat is die wortel van die verval van ons beskawing? Ons moet eerder vra wat het die beskawing geskep en onderhou. ongetwyfeld die Bybel. Dit was ons en ons voorouers se sentrale en gidsdokument. Hoekom het ons die respek vir ons Bybels verloor? As gevolg van Charles Darwin en sy teorie. Punt.

    Dit word in kinders wat baie vatbaar is se kele afgedruk. God is nie meer jou skepper nie en ape is jou voorouers. Die gevolge daarvan sien ons daagliks.

    play go free onlineданильченко юрій Харків

  • Christi van der Westhuizen kort lesse in genetika

    Wat van der Westhuizen “rassistiese idees” noem, is ongelukkig alles bloot hallusinasies in haar disfunksionele brein. Ongelukkig vir haar onkunde is dit weliswaar feitelik, wetenskaplik gefundeerde en bewese waarhede.

    Dit sal dalk help as sy nou en dan die vrymoedigheid het om met ‘n rasegte Kaukasiese patriot van superiere (of selfs beter) IK te praat wat oor hierdie lewensbelangrike onderwerp goed ingelig is. Ek sal haar aanraai om voor die tyd ‘n paar valiums te sluk, net om die vlindertjies in haar magie tot bedaring te bring. So iets kan egter heel waarskynlik vir haar hoogs ontnugterend wees, aangesien sy ooglopend gewoond is aan die geselskap van Bantoes, mulatto’s  en “waffers”.

    Abstrakte denke is duidelik nie haar en haar ”comrades” se forté nie! Ek het inderdaad nog nooit ‘n Bantoe- of mulatto-“intellektueel” in my lewe ontmoet nie. Ek lees net altyd die bragadoccio van hieride sotte in die koerante. My repliek word natuurlik nooit geplaas nie, want die lafaards is te skytbang vir iemand met werklike intellek, asook ons swart rassistiese régime! Ongelukkig haal die“waffers”, wat bekwame wit mans se werk agv regstellende aksie gesteel het, bloot net nooit die paal nie.

    Net ‘n moroon stel kritiek gelyk of sinoniem aan “rassisme”. Het jul dan wragtig geen ander kaart om te speel anders as die uiters vervelige en breinlose rassekaart nie? Die idee dat ras ‘n aanduiding van mense se vermoëns is, is glad nie propaganda uit die 19de eeu nie, maar ‘n welbewese feit. Dit word veral nou in die 21ste eeu, intensief deur regdenkende en ingeligte Westerse intellektuele gedebatteer.

    Dit is inderdaad nie belaglik om te dink dat iets so “arbitrêr” soos velkleur kan bepaal of iemand ‘n land kan regeer of korrup is nie! Jy is duidelik in absolute ontkenning vasgevang. Ek het nuus vir jou, sussie! Ras was NOG NOOIT “’n sosiale konstruk” nie. Waar op dees aarde het jy al dié snert geleer? Was Blade of Jansen dan een van jou “dosente”? Jy praat soveel nonsens dat ek amper op die ANC se vlag braak. In plaas van wetenskap te lees, het jy blykbaar iemand se benoude leuens en bedrog vir soetkoek opgevreet. Jou onkunde is so ongelooflik dat mens glad nie enigsins verder snert van jou wil lees nie. Is die imbesiel dan sinoniem met die feminis?

    ‘n “Natuurlike biologies gegronde rassehiërargie" is alles behalwe “fiksie” en word dekades al deur hoër intellektuele wat oor kritiese denke beskik, aanvaar. Miskien moet jy ophou om doelloos deur jou “Huisgenoot” te blaai en Joost van jou brein af kry. Jy is ‘n “total loser” en boonop ‘n lafhartige kermgat. Het niemand jou ooit geleer jy kan nie teen feite argumenteer nie. In plaas van “The God Delusion” het jy blykbaar “The Bantu Marxist Delusion”. Dis ‘n absolute skande dat jy jou eie ras en volk haat. Voel jy regtig so minderwaardig en verslae agv jou historiese agterstand? Lyk my jy dra maar swaar aan daai stomp op jou smal skouertjie!

    Die nut van “diskriminerende hiërargieë” is omdat dit die waarheid is en baie sin maak. Daar was nog altyd hiërargieë deur die millenniums in iedere en elke ras. Jy gaan tog nie iemand met ‘n IK van 60 as premier van ‘n provinsie aanstel en ‘n kreatiewe genie gebruik om jou huis skoon te maak nie!

    Ek kan my net indink wie jou “ikoon” is – deesdae is dit mos blykbaar verpligtend dat elke Suid-Afrikaner ‘n “ikoon” moet hê.

    Rassevermenging is seker die grootste sonde en onding ooit. Die gevolge is katastrofies en neem wêreldwyd teen ‘n skrikwekkende tempo toe. Binnekort sal baie min mense nog enige betekenisvolle identiteit hê. Dan sal ons met ‘n sieklike, onetiese en immorele globale basterras sit!

    Ek is instinktief daarvan bewus dat ek slegs by my eie ras moet hou en slegs met hul kan assosieer. Ongelukkig is die blanke nie op dieselfde intellektuele en kuturele golflengte as ander rasse nie. Die Westerse beskawing is uniek en blank. Die swart parasiete wat hulself die reg toe-eien dat die Egiptiese beskawing enigsins nie-blank was, kan hul gerus ‘n guns deur Arthur Kemp se uitstekende werk, “March of the Titans”, intensief te bestudeer.

    Lyk my jy ly ook aan die swarte se patetiese, selektiewe en baie gerieflike “blaming culture”. Alles is altyd apartheid se skuld! Sies ga, hoe pateties! Apartheid was nooit ‘n verkrummelde staat nie. Basies het die inheemse barbare suid van die Sahara alles wat hulle weet by die Westerling geleer.

    Ek wil jou graag help om die basiese feite aangaande genetika te verstaan. So hier is twee boeke om mee te begin wat as skokterapie sal dien om jou uit jou bedwelming te ruk:

    • The Nazi Virus  – P Welch
    • Erectus Walks Amongst Us – Richard D. Fuerte

    Versuip gerus in jou Weltschmerz, sussie. Jou tipe het mos gewoonlik nie ‘n volbloed Kaukasiër as “liefling” nie. (Nie dat die skare op Loftus jou ooit “liefling” sal noem nie!)

    купить липецк подъемное оборудованиеФильчаков прокурор харькова

  • Afrikaners dink anders as die Afrikane

    In die moderne tyd, waartydens die rasionalisme hoogty gevier het, is die dogma aangaande die mens oorheers deur 'n Griekse dualisme tussen liggaam en siel. In Griekse denke is die liggaam tydelik, stoflik en selfs minderwaardig en die siel edel, onsterflik en verhewe. In hierdie model is geglo dat differensiasiefaktore tussen rasse eintlik verskille in sosiale ontwikkeling verteenwoordig. Maak die sosio-ekonomiese omgewing tussen die rasse dieselfde, dan verval die antropogenetiese verskille tussen mense. Hierdie soort denke kan getipeer word as 'n sosiale determinisme.

    Daar moet natuurlik ook gewaak word teen 'n biologiese determinisme. Hiervolgens is die rasseverskille blywend en tiperend van die mens. Ras oorheers dus kultuur en religieuse rigting. Ras is 'n fait accompli en niks kan daaraan gedoen word nie. Prestasie word deur die rasfaktor bepaal. So word rasseapartheid vir tyd en ewigheid gelegitimeer.

    In moderne genoomstudies is herontdek dat die mens tegelykertyd sy liggaam en ook sy siel is. Die een kan nie van die ander geskei word nie. Inmiddels word nou toegegee dat in die evolusie van menswees oor honderde en ja, duisende jare, die genetiese verskille tussen die rasse ook persoonlikheidsdimensies aanneem. Dit beteken gewoon dat verskillende gemeenskappe wat afsonderlik van ander ontwikkel het, nie net uiterlik waarneembare fisiologiese verskille openbaar nie, maar ook psigologiese, sosiale, politieke en religieuse karakteristieke. Genetiese samestelling determineer 'n lewens- en wêreldbeskouing asook die politieke praktyk.

    Die implikasie hiervan is dat die verskille tussen die Wes-Europese beskawing en Afrika gewoon veel dieper as velkleur lê en eintlik in die gene van die mense ingebed is. Hierdie genetiese geaardheid laat hom in 'n eie beskawing en kultuur geld.

    Hoe verklaar 'n mens bv. die eiesoortige tendense wat die Afrika- sosiaalmaatskaplike stand van sake in postkoloniale Afrika inneem of weerspieël? Daar is die neiging tot magsmisbruik, tot sentralisering, tot korrupsie en natuurlik stelselmatige agteruitgang. Die magstaat skyn die natuurlike politieke model van Afrika te wees.

    Is dit nie miskien so dat die grootste en gevaarlikste nettoresultaat van Angel-Saksiese kolonialisme in die feit te vind is dat 'n eiesoortige Angel-Saksiese maatskaplike orde en politieke model (die Westminster-stelsel), wat vreemd aan Afrika is, op 'n andersoortige gemeenskapsituasie oorgedra is nie? Ek meen tog so!

    Neem nou maar Irak. Volgens Amerikaanse standaarde was Sadam Hoessein 'n gevaarlike diktator. Vandaar die feit dat die Amerikaners met hom moes wegdoen. In die post-Hoessein-fase kry 'n mens die indruk dat al manier wat daar werklik bestaan om die diverse Irakese samelewing te orden deur diktatoriale beheer moet geskied.

    Kyk ons krities na Suid-Afrika vanuit twee wedersyds uitsluitende modelle dan spring die antropogenetiese verskille tussen Europa en Afrika in die oog.

    Dink hier aan die oplossing van die kroniese gebrek aan “service delivery”, dus aan positiewe uitkomste in die staatsadministrasie:

    • Vanuit 'n Wes-Europese denkraamwerk moet die moderne staat van bo na onder, vanaf die nasionale vlak na die plaaslike owerheidsdimensie, sodanig gedesentraliseer word dat dit juis op die derde vlak van regering is waar die mag afgewentel word. Switserland is 'n dienstige voorbeeld. Die nasionale kabinette in gedesentraliseerde state is klein, beweeglik en beperk tot sake soos buitelandse verhoudinge, nasionale veiligheid, ens. Die werklike dienslewerende politiek geskied op die derde vlak van regering.
    • In Afrika werk dit anders. In Afrika se politieke koppe word die probleem deur groter magskonsentrasie na die nasionale vlak gekenmerk. Vandaar dat president Zuma en die ANC se bekommernis oor die gebrek aan “service delivery” opgevolg word deur sentralistiese tendense en deur 'n lompe kabinet van 35. 

    Magskonsentrasie in Afrika het ten diepste te make met 'n andersoortige kyk op die samelewing, wat teruggevoer kan word tot die tradisionele stamregering, ingevolge waarvan die stamkaptein die samelewing van bo na onder struktureer, dirigeer en orden. Oeboentoe beteken ook ten diepste akkommodasie of 'n gewilligheid van die minderheidsgroep om in die groter geheel op te gaan.

    In die ontwikkeling van die politiek sedert wyle dr. Verwoerd, is die antropoloog stelselmatig vervang met die sosioloog. 'n Antropoloog pas die politiek by die psige en kultuur van die groep aan. Vir die sosioloog kan die samelewing op patroon van die natuurwetenskaplike metode deur sosiogeniëring gemanipuleer en volgens 'n bepaalde ideologie geherstruktureer word.

    Dom soos die De Klerk-regering was, is geoordeel dat Afrikane in Afrika deur sosiogeniëring verander kan word na Swart Wes-Europeërs. Wat egter nou gebeur, is dat transformasie beteken dat Suid-Afrika as Europese buitepos sodanig verander moet word dat dit 'n ware Afrikaland word waar Afrikanorme, -standaarde en -modelle deurslaggewend sal wees.

    Die interaksie tussen politiek en antropologie is 'n komplekse werklikheid. Die mens beïnvloed nie net die politieke omgewing nie, maar die politieke omgewing het ook 'n uitwerking op menswees.

    Duitsland is 'n goeie voorbeeld. Ná die tweede wêreldoorlog is Duitsland kunsmatig opgedeel in die Duitse Westerse Bondsrepubliek teenoor die Oos-Duitse sg. Duitse Demokratiese Republiek. Ná skaars vyftig jaar het die kommunistiese ideologie van die dialektiese materialisme 'n andersoortige Oos-Duitser geskep wat van sy Wes-Duitse eweknie skerp verskil. Die Wes-Duitser is sterk individualisties en materialisties. Die Oos-Duitser, daarenteen, het 'n baie groter gemeenskapsbesef, is vriendeliker en hulpvaardig.

    In laasgenoemde verband het 'n ideologie van buite dus 'n invloed op die genoom van die gemiddelde Oos-Duitser gehad.

    Die gevare wat die Afrikaner in die oog moet kyk, is dat die transformasiepolitiek van die owerheid die Afrikaner van sy Europese herkoms sal beroof. Vandaar die noodsaak dat die Afrikaner in post-apartheid-Suid-Afrika op sy identiteit moet fokus en op sy Europese herkoms wat bewaar moet word. As die Afrikaner wil oorleef sal hy Eurokaner moet word. In die fase voor 1994 was dit nodig dat die Afrikaner hom bind aan die Afrikakontinent met die begrip Afrikaner. Omdat die omwêreld van die Afrikaner so ingrypend verander het, sal hy Eurokaner moet word.

    Die wisselwerking tussen menswees en sy natuurlike omgewing asook die sosiopolitieke omgewing druk 'n stempel af op nie net sy menswees (sy antropogenetiese identiteit nie), maar tegelykertyd op die natuurlike omgewing en die kultuur.

    Wie dus 'n student van die politiek is, moet ook kennis neem van die antropogenetiese disposisie van die groep, die politieke gemeenskap. Wie die genetiese erfenis van die groep miskyk, verskraal die politiek en verarm die politiek as wetenskap.

    косметика украинаФильчаков Александр Васильевич