praag.co.za

Oor middelmatigheid en keuses

Written by

in

Neem nou maar die SA van vandag. Ek gaan nie voorbeelde noem nie, want ek is seker die spasie op hierdie webwerf vir bydraes is ook beperk. Mens hoef nie eers te selektief te lees aan koerante en tydskrifte om hierdeur oordonder te word nie. Miskien net dít: ek sien dat sommige vakbonde kla oor die Engels in KZN-skole. Ek dog Afrikaans was die probleem in 1976, of is ‘n hele samelewing verlore omrede daar dalk nog die heel tyd nie die volle waarheid vertel is nie en ons gekies het om dit te glo? Ek het hierdie voorbeeld met opset gekies – terwyl ons nou by die onderwys is: wanneer laas het iemand gevra wat in die formele sektor van die skoolwese gedoen word vir diegene wat besonder begaaf is? Nou dáár is ‘n onderwerp vir ‘n insiggewende nasionale debat, sommer ook as middel om ‘n paar ander dinge op te klaar!

Kortom: middelmatigheid is volgens selfdoen-boeke (en akademiese advertensies) uit, al is dit die toestand van die meerderheid. Jy moet jouself as persoon en burger onderskei, om nie te praat van in al jou ander samelewingsrolle en verantwoordelikhede nie. Die hemele behoed jou net as jy dit regkry! Maar, wat nou gemaak as jy leef in ‘n plek waar ons nie eers regtig besig is met middelmatigheid nie, maar met goed wat effens ondertoe op die hiërargie lê? In ‘n opset waar die laagste gemene deler elke keer bepalend vir alles is en blote luiheid dikwels die botoon voer onder diegene wat dit die minste kan bekostig? En waar die afgekykte gedrag van die meerderheid alles bepaal sonder dat dit oënskynlik gesien word vir wat dit is – ‘n groot leuen gevoed ter wille van hierdie luiheid en die handhawing van ‘n vorm van "orde"? Ek het iewers verwys na fundamentele keuses wat gemaak moet word (Afrikaanse voetspore en bestemming). Daarom: óf jy kies om voort te ploeter, óf jy veredel en aspireer na dít wat iewers vêr daarbo lê, desnieteenstaande die prys wat jy hiervoor mag betaal. Dit beteken dat jy nie onnosel moet wees en ander vir jou laat dink in die proses nie, maar wel dat dit ‘n ingeligte, bewustelike keuse moet wees. Verskeie sulke keuses is uitgeoefen deur burgers en hulle leiers in hierdie land se verre en nie te verre verlede nie. Of die mees onlangse keuses nou gemaak is uit werklike oortuiging of om ander redes (sic!) is ‘n ander argument, maar as diegene wat gedink het dat hulle keuse hulle merkbaar sou onderskei en dat dit sou lei tot groot respek vir en ekonomiese voordeel uit hulle optrede, soos beloof is, is hulle wreed ontnugter. Waar eer en heldeontvangs verwag is, is ten beste nog groter minagting opgelewer, in ooreenstemming met die doodsnikke van die beskawing waarvan hierdie eer verwag is. Waar ons ons deur gedrag wou onderskei, het die afwysing bly volg. Van ons Wes-Europese stamlande kan niks meer verwag word nie. Gaan kyk eerder mooi na wat in hierdie konteks gebeur het in bv. Bosnië en omstreke, en wat die dinamiek en resultate van die historiese konflik daar vir vandag is. Vir Afrikaans en die Afrikaner is dáár veel te leer, soos ook uit die vergelykende beskawingsgeskiedenis. Soms is die waarheid en die werklikheid só voor die hand liggend dat dit gevaarlik word en daarom bestuur moet word.

Dit word steeds meer duidelik – Suid Afrika sal (dalk kan, as ons eerlik wil wees) nooit wees wat dit moontlik kon wees nie. Brute realiteite, gebore uit die geskiedenis, die antropologie, die geografie en dalk selfs die biologie (en die wisselwerking hiertussen) sorg hiervoor. Ten spyte van die soms skreiende resultate van ons gemaakte keuses: of ons onsself besig hou met middelmatigheid of met iets wat daarbo of daaronder lê? Die keuse is en bly elke individu en gemeenskap s’n. Ons telkaart lyk nie te goed in dié verband nie, ook nie die Afrikaanse een nie. Jy kan egter nie middelmatigheid reg praat nie. Jy kan slegs (in sommige gevalle) iets daaraan probeer doen. Selfrespek is steeds ‘n faktor. Die geskiedenis en die toekoms sal bly oordeel of ons sinvol gedink en gekies het.

ручной пневмоинструментДанильченко Юрий прокурор

Comments

Leave a Reply