Waarom ‘n Engelse datum op praag.co.za?

Dis lekker om julle artikels te lees. Laat my dink aan die ou Star se leuse, naamlik ons vertel dit soos dit is! Hoekom egter bo-aan die blad is daardie datum in Engels? Groetnis uit Engeland.

Beste Cloete,

Ons waardeer jou ondersteuning as leser daar vanuit Engeland. Wat die Engelse datum betref, stoei ons maar deurentyd met die blikbreine om hulle Afrikaans te laat praat. Ons maak van sogenaamde oopbronprogrammatuur gebruik wat ons dikwels self in Afrikaans moet vertaal en om tegniese redes was die datum 'n tamelet om te verafrikaans. Ons sal egter jou kritiek deurgee aan ons webmeester, Albertus Kleingeld, wat weer die datumprobleem sal aanpak.

Dan Roodt, uitgewer

клей шпаклевкаФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae