Twee nuwe Mozartstukke uitgevoer

Image
 
’n Oostenrykse pianis het die afgelope naweek twee nuut ontdekte stukke deur Wolgang Amadeus Mozart vir die eerste keer in die openbaar uitgevoer in ’n huis waar die meesterkomponis eens gewoon het.

Die stukke is oorspronklik deur hul argivaris, die Internasionale Mozarteum-stigting, as anonieme werke beskou.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Mozart die stukke gekomponeer het toe hy sewe of agt jaar oud was.

Albei stukke is in Mozart se pa, Leopold, se handskrif, maar die ondersoek het bevind dat hy geskryf het wat sy wonderkind op die klavier gespeel het, het die stigting se Mozart-navorser, Ulrich Leisinger, op ’n mediakonferensie gesê.

Hy het gesê die jong Mozart het sy pa gevra om die stukke neer te skryf omdat hy self nog nie musiek kon noteer nie. Hy het later sy eie veranderinge aangebring.

кардиганыФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae