Die Pretoria Verkennersjeug het verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daar rondom. Dit handel oor die aanstelling van die nuwe rektor prof. Cheryl de la Rey.
Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie. Inteendeel blyk dit dat daar rede tot kommer bestaan oor ondermeer wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eens van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.
Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.
Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.
Die volgende dag is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.
Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstelling van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Calie Pistorius.
Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na prof. de la Rey.
Werner Smook
Voorsitter: Pretoria Verkennersjeug
