In Saterdag se Beeld is daar net een brief oor Tuks se nuwe rektor – en dit een wat vertel hoe "mooi" sy is!
Ek kan net nie glo dat dit al brief is wat Beeld gekry het nie, maar ek kan glo dat geen briewe van beswaar en woede oor hierdie aanstelling dit sommer in Naspers se publikasies sal maak nie.
Wil Praag nie 'n spesiale afdeling inrig waar briewe oor hierdie saak wat aan Naspers gestuur is maar nie gepubliseer is nie, volledig geplaas kan word?
Dit kan openbarend wees. Daar sal seker van insenders verwag word om te bevestig dat hulle wel die briewe ingestuur het, maar ek glo nie dit sal sommer misbruik word nie.
