Hulle kan Krugerstraat se naam verander as hulle de laaste swarte en Moslem uit Switserland gegooi het as 'n onwelkome imperialis. Dit is moontlik dat hy ook glo dat slegs blankes imperialiste en rassiste kan wees. In daardie geval gaan 'n debat en 'n betoog ons nie veel gaan help nie.
So kom ons los hulle met hul morele meerderwaardigheid, die demografiese veranderings in hul eie land kan hulle eerder die waarheid oor volk en rasverskille leer. Kom ons gebruik die geleentheid om te eksperimenteer met beter produkte as Nestlé. Of wat van 'n volksgerigte koffie- en sjokoladefabriek op Orania?
Ons kan selfs 'n fonds stig om Nigeriërs, Somaliërs en Turke te help om hulle in Switserland te gaan vestig. Twee miljoen van elk van laasgenoemde sodat hulle kan bewys dat hulle nie rassiste is nie.
Die belangrikste punt is dat ons versigtig moet wees om nie te veel betrokke te raak by Europa nie. Ja, ons het probleme en ja, ons het vriende nodig maar 'n beskawingsoorgang is in Europa onderweg vanaf blank en Christen na Arabies en Moslem.
Dit gaan uiteidelik op konflik en bloedvergieting uitloop tot so 'n mate dat dit heel moontlik dit wat in die Tweede Wêreldoorlog gebeur het gaan troef. Die mees suksesvolle oorlog waaraan 'n volk kan deelneem is die een waaraan al sy vyande en vriende deelneem en hyself nie.
Proaktief sou ek voorstel ons skryf Krugerstraat in Arabies en pos dit vir Manfred Linke!
