Boer in Sabie doodgeskiet in plaasaanval

sabiePaul Mason (63) is Donderdag op sy plaas, Kruisfontein, by Sabie deur plaasaanvallers doodgeskiet.

Dié was die tweede aanslag op Mason, ‘n bosbouer, se lewe. Hy is in 2010 ook op sy plaas gewond.

Hy en sy vrou, Gwen (58), het vroegoggend van die huis vetrek om bosbou-spanne op die plaas te gaan besoek, berig Beeld.

Vier gewapende rowers het kort nadat die Mason-egpaar gery het toegang tot die perseel verkry deur ’n gat in die heiningdraad te knip.

Hulle het die bejaarde tuinwerker oorval, vasgebind en in ’n buitetoilet toegesluit.

Die tuinwerker het later aan die polisie gesê hy het sowat ’n uur later gehoor hoe die Masons terugkeer. Drie skote het geklap. Mason is twee keer in die bors en een keer in die onderlyf getref.

‘Aanvallers praat nie, skiet net’

shooting“Hulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.”

Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens ’n rooftog by hul huis op die Elandspruit-plotte. Iemand wat sy as “sagmoedig en oopkop” beskryf.

“Hoekom moes hulle die sneller trek? Net omdat hulle kan. Hy was nie ’n aggressiewe man nie.”

Mnr. Swanepoel (57) is Sondagoggend in die maag geskiet toe hy in drie swart aanvallers vasgeloop het. Sy vrou, Marinda, het op die tweede vloer van hul huis wakker geword van die slag en haar man hoor skree.

Sy is met die trappe af om hom te hulp te snel, maar is deur die rowers teruggedwing slaapkamer toe. Daar is sy met rekenaarkabels en haar man se skoenveters vasgebind. Een van die rowers het haar deur die gesig geslaan.

Die aanvallers het aanhoudend vir geld en kos gevra.

Hulle het mnr. Swanepoel na die badkamer gesleep en hom daar gelos. Hy het die heeltyd by hulle gesmeek: “Vat alles en gaan net.”

Sy dogter sê dat die groot aantal bloed op die vloer aandui dat hy moontlik verder mishandel is. “Mens kan nie so baie bloed uit ’n wond uit bloei nie. Ons moet maar wag vir die outopsie om seker te maak.” Die projektiel is by sy maag in en onder sy linkerboud uit.

Die aanvallers het die Swanepoel-egpaar se hele huis leeggedra. Hulle het hul buit agterop mnr. Swanepoel se werksbakkie gelaai. Daaronder was ’n rekenaar, kluis, wapens en juwele.

“Hulle het alles gevat. Selfs die Sunlight en die wasgoed seep. Hulle het die yskas leeggemaak. Die yskas het hulle gelos maar ook net omdat hy te groot was om te laai” sê Innus van der Berg, Karien se man.

Nadat die rowers fort is het mev. Swanepoel daarin geslaag om haarself los te wikkel. “Tot vandag toe weet sy nie hoe sy dit reggekry het nie want hulle het haar styf vasgemaak. Die merke sit nou nog daar. Dit was net genade van Bo.”

Sy is af na haar man en het hom in ’n plas bloed aangetref. Mev. Swanepoel het na die naaste bure, wat dieselfde naweek hul intrek gekry het, gehardloop vir hulp.

Karien en haar man het teen 02:30 ’n oproep gekry. Hulle het hul na die plot gehaas en oppad soontoe die ambulans gebel.

“Die ER24 kar het seker vyf minute na ons daar gestop en die polisie kort daarna.”

Mnr. Swanepoel is eers na die Middelburg-hospitaal geneem, maar van daar oorgeplaas eMalahleni toe omdat hy ’n dringende operasie nodig gehad het.

Na die operasie het dit gelyk asof alles beter gaan. Hy kon Sondag met sy familie praat en ’n verklaring by ’n polisieman aflê.

Mev. Van der Berg was oppad om haar pa te besoek toe die hospitaal bel en sê dat hulle dringend moet kom. Mnr. Swanepoel het in ’n koma verval en is kort daarna oorlede.

Sy voertuig is Maandag in Vosman (eMahalaleni) naby ’n treinspoor by ’n hostel teruggevind. Polisiemanne is nog besig om die voertuig te deursoek vir leidrade.

Dinsdag moes sy haar pa se lyk gaan uitken: “In die hospitaal het my pa sleg gelyk. Hy was bleek en sy oë was ingesink. Maar Dinsdag was dit anders. Hy lyk vreedsaam en gelukkig. Hy is nou waar hy moet wees.”

Mev. Swanepoel gaan nie terug na die huis waar haar man vermoor is nie. Sy moes Woensdag alleen hul 37ste huweliksherdenking vier, met die letsels op haar lyf steeds sigbaar.

“Vandag is nie ’n goeie dag vir my ma nie.”

Mnr. Swanepoel se begrafnis vind Saterdag om 11:00 in Klerksdorp plaas. Iemand wat met die familie in verbinding wil tree kan mev. Van der Berg bel by 083 330 0912.

• Enigiemand met inligting oor die misdryf, of wat dalk iets verdags gesien het, kan die bevelvoerder van die Middelburg speurtak, kolonel Filla Mahlangu by 076 942 5455 of die ondersoekbeampte, sersant Lekgeng, by 076 536 6028 bel.

Drie plaasaanvallers vas

newcastleDrie mans wat van die moord op ’n boer van Newcastle beskuldig word, is Dinsdagoggend in hegtenis geneem, het die polisie in KwaZulu-Natal gesê.

Kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het gesê die mans sal Woensdag in die Newcastle-landdroshof verskyn.

Die drie staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die 44-jarige Timothy Green is Sondagaand op sy plaas doodgeskiet. – Sapa

Boer beswyk ná plaasaanval

killboer‘n Bejaarde boer het die naweek aan sy beserings beswyk nadat hy verlede week op sy plaas buite Vanderbijlpark aangeval is.

Die hoofstroommedia probeer die aanval as ‘n “roof” voorhou en die aanvallers as “rowers”.

Aanvallers het die drie-en-sewentigjarige Hennie Bentley Dinsdag in die bors geskiet. Sy seun, George, is in dieselfde aanval beseer, en sterk steeds in die hospitaal aan.

Bentley en ander familielede is vroeër die week aangeval en erg aangerand is op hul plaas in die Lochvaal-gebied buite Vanderbijlpark.

Die gesin het op die plaas gekuier toe hulle Dinsdagaand net na 20:00 aangeval is. Die familieplaas is sowat 25km buite Vanderbijlpark.

Die aanvallers het ʼn elektriese koord gebruik om die familie mee vas te bind wat hulle van die kragtoevoer afgesny het, waarna die krag afgegaan het.

Die swart aanvallers het sowat R500 en wapens gebuit.

Bentley is na die voorval in die hospitaal opgeneem en is Vrydagaand oorlede. ‘n Ander bejaarde familielid is verskeie kere met ʼn voorwerp oor die kop geslaan en word steeds in die hospitaal behandel.

Die aanval het net sowat 20 minute geduur. “Ons glo dit sou ʼn lang uitgerekte proses gewees het indien hulp nie opgedaag het nie.” Die voorman het dadelik gaan hulp soek toe hy die skote gehoor het.

Die aanvallers was gewapen met ʼn pistool, hamer, kettie en ʼn kous vol klippe. Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Polisie soek inligting oor wit polisiehoof se marteldood

Gerrit Myburgh
Gerrit Myburgh

Die Gautengse polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat kan lei tot verdere arrestasies in verband met die moord op die voormalige Heidelbergse polisiedistrikskommissaris Gerrit Myburgh.

Die polisie het Woensdag bevestig dat hulle ‘n saak van moord en huisroof ondersoek nadat die gefolterde liggaam van die voormalige polisiehoof op sy kleinhoewe gevind is.

Gerrit ‘Billy’ Myburgh (79), is glo met ʼn strykyster en kookwater gemartel voordat hy vermoedelik met sy eie klere verwurg is.

Die 77-jarige het glo alleen op sy kleinhoewe gewoon toe hy Maandag vermoor is.

Polisie het gesê dat sy liggaam is ontdek deur sy niggie en ‘n familievriend wat hom wou gaan besoek.

Sy half-naakte liggaam is in ‘n plas bloed in sy slaapkamer gekry. Albei sy hande en voete was vasgebind met klere.

Die SAPD het nie dié martelmoord geregistreer as ‘n haatmisdaad nie hoewel die huidige regime as ‘n ondertekenaar van die Roomse Statuut verplig word om dit te doen.

Dit sal slegs ondersoek word as ‘n gewone geval van moord en huisbraak.

Die polisie se Katlego Mogale het gesê die huis is geplunder en vier vuurwapens word vermis, asook Myburgh se motor.

Myburgh se voertuig, ʼn swart Mazda 3, is tydens die voorval gesteel, maar later verlate naby Heidelberg opgespoor.

“Die voertuig is aan die brand gesteek en was heeltemal uitgebrand toe die polisie Dinsdagoggend in die vroeë oggendure daarop afgekom het,” het Mogale bygevoeg.

Volgens ʼn polisiebeampte, wat anoniem wou bly, is drie vuurwapens en ʼn polisiesabel van die toneel gesteel. Mogale kon dit vroeër egter nie bevestig nie en sê hulle wag nog vir die man se familie om vas te stel of daar iets uit die huis vermis word.

‘Sterf, wit skuim!’ skree plaasaanvaller

In ‘n duidelik rasgemotiveerde aanval, het ‘n plaasaanvaller gister op ‘n boervrou “Die, malungu!” en “Viva Malema” geskree toe hy haar aangerand het. Mnr. Leon Koekemoer het egter sy vrou te hulp gesnel, een aanvaller in die gang van hul plaashuis naby Brits doodgeskiet en ‘n ander in die slaapkamer met ‘n byl gekap.

Die aanval het gisteroggend om vyfuur plaasgevind. Blykbaar het joernaliste van die SAUK by die plaas aangedoen, maar besluit om geensins daaroor te berig nie aangesien dit “politieke spanning mag aanwakker”.

Twee uit die vier aanvallers het weggekom.

“Malungu” is ‘n skelwoord vir blankes wat algemeen deur swartes in Suid-Afrika gebruik word en as “wit skuim” vertaal kan word.

трансформер праймДанильченео

Invalide erg geslaan in plaasaanval

‘n Boer van Brits se vrou is ernstig geslaan en uit haar rolstoel gegooi gedurende ‘n aanval op hulle plaas, het polisie van Noordwes Vrydag gesê.

“Die vrou was in haar kamer toe sy gehoor het hoe die venster oopgaan en toe ‘n geweer gesien het wat op haar gerig is,” het snr. supt. Kebaakae Metsi oor die voorval wat laat Donderdagmiddag plaasgevind het, gesê.

“Terwyl die een verdagte die rewolwer op haar gerig het, het ‘n ander die kamer binnegegaan, haar vuurwapen geneem en vir geld gevra.”

Volgens Metsi het die twee weggekom met onder andere ‘n skootrekenaar en selfone ter waarde van R14 280.

Die twee rowers het vroeër die boer en ‘n dominee, wat na herstellings aan ‘n gebou op ‘n kleinhoewe in die area gekyk het, aangehou.

“Dieselfde twee verdagtes het die mans genader en ‘n vuurwapen op hulle gerig. Hulle het die mans met hul skoenveters, gordels en ‘n tou vasgemaak,” het Metsi gesê.

Toe die rowers van die toneel vlug het hulle na die plaashuis gegaan.

Die boer en die dominee het losgekom terwyl die mans in die huis was.

“Die boer het sy vuurwapen gevind wat buite weggesteek was…” het sy gesê.

Hy het gedurende ‘n rusie met die rowers op hulle begin skiet en beide is beseer.

Polisie wat in die omgewing gepatrolleer het, het die skote gehoor en na die plaas gehaas waar die twee in hegtenis geneem is en na die hospitaal is vir behandeling.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

 

укладка ламината стоимостьлобановский александр игоревич харьков

Egpaar oorleef wrede plaasaanval

Twee swart mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde egpaar in Limpopo aangeval het ná afloop van ‘n kerkdiens.

Izak en Mariaan Jansen van Vuuren is Sondagoggend op hulle plaas in Marken, naby Swartwater, aangeval toe hulle ná afloop van ‘n kerkdiens by hulle plaashek stilgehou het.

Volgens Anél Jansen van Vuuren het haar ma en pa met hulle bakkie tot by die hek gery.

Mariaan Jansen van Vuuren het uitgeklim om die hek oop te maak.

“My ma het gesukkel om die hek oop te kry. My pa het uitgeklim om haar te help. Terwyl hulle besig was, het twee mans hulle genader wat glo werk gesoek het.

“My pa het hulle gevra om te loop. Die mans het egter nader geloop en my pa deur die gesig geslaan,” het sy gesê.

Die mans het glo ‘n hamer, stok en byl in hulle besit gehad. Hulle het Izak Jansen van Vuuren begin slaan.

“My ma het in die bakkie gespring en my pa het vir haar gesê sy moet wegry. Sy het gevlug, maar die mans het haar ingehaal en weer teruggeneem na die hek, waar my pa op die grond gelê het.

“Hulle het my pa vasgebind en agter op die bakkie gegooi. Beide mans het voor in die bakkie langs my ma gaan sit en weggery. ‘n Paar kilometer verder het hulle beheer oor die voertuig verloor en in ‘n heining vasgejaag,” het sy gesê.

Izak Jansen van Vuuren het losgekom en begin hardloop. Die verdagtes het hom agternagesit en hy het hulle met klippe bestook. Hy het by plaaswerkers se huise hulp ontbied.

Voor die polisie opgedaag het, het die Jansen van Vuuren-egpaar se bure reeds met ‘n soektog begin om die mans vas te trek.

Izak Jansen van Vuuren is na die Moropong-hospitaal geneem en later na die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die beserings aan sy gesig is van so ‘n aard dat hy plastiese chirurgie sal moet ondergaan.

Die twee verdagtes sal binnekort in die plaaslike hof in Lephalale verskyn.

 

подвесные светильникиФильчаков прокурор харьков