Invalide erg geslaan in plaasaanval

‘n Boer van Brits se vrou is ernstig geslaan en uit haar rolstoel gegooi gedurende ‘n aanval op hulle plaas, het polisie van Noordwes Vrydag gesê.

“Die vrou was in haar kamer toe sy gehoor het hoe die venster oopgaan en toe ‘n geweer gesien het wat op haar gerig is,” het snr. supt. Kebaakae Metsi oor die voorval wat laat Donderdagmiddag plaasgevind het, gesê.

“Terwyl die een verdagte die rewolwer op haar gerig het, het ‘n ander die kamer binnegegaan, haar vuurwapen geneem en vir geld gevra.”

Volgens Metsi het die twee weggekom met onder andere ‘n skootrekenaar en selfone ter waarde van R14 280.

Die twee rowers het vroeër die boer en ‘n dominee, wat na herstellings aan ‘n gebou op ‘n kleinhoewe in die area gekyk het, aangehou.

“Dieselfde twee verdagtes het die mans genader en ‘n vuurwapen op hulle gerig. Hulle het die mans met hul skoenveters, gordels en ‘n tou vasgemaak,” het Metsi gesê.

Toe die rowers van die toneel vlug het hulle na die plaashuis gegaan.

Die boer en die dominee het losgekom terwyl die mans in die huis was.

“Die boer het sy vuurwapen gevind wat buite weggesteek was…” het sy gesê.

Hy het gedurende ‘n rusie met die rowers op hulle begin skiet en beide is beseer.

Polisie wat in die omgewing gepatrolleer het, het die skote gehoor en na die plaas gehaas waar die twee in hegtenis geneem is en na die hospitaal is vir behandeling.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

 

укладка ламината стоимостьлобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae