Swartes vra dat Godsell bedank

Die Black Management Forum, BMF, waarvan Jacob Maroga ’n lid is, wil nie aanvaar dat Maroga bedank het nie en het ’n giftige aanval gedoen op Bobby Godsell, voorsitter van die direksie van Eskom.

Themba Mnyaka, waarnemende voorsitster van die BMF, het Godsell uitgedaag om met Maroga se bedankingsbrief vorendag te kom.

“Godsell het Eskom se personeel en die publiek onder die wanindruk gebring dat Maroga bedank het,” het sy op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê.

Sy het namens die BMF daarop aangedring dat Godsell sy pos moet ontruim.

“In Eskom is daar ’n verwydering tussen die strategiese doelwitte van die regering as aandeelhouer, wat ’n ontwikkelingsagenda najaag aan die een kant, en die direksie met Godsell as voorsitter, wat die strategiese rigting en siening van Eskom raak,” het sy gesê.

Die BMF het ook vir Barbara Hogan voor stok gekry en het die ANC gevra om haar tot orde te roep.

“Die ANC moet met progressiewe beleid vorendag kom om die bydraes van staatsbeheerde korporasies tot ’n ontwikkelingstaat te versnel,” het Mnyaka gesê.

сделать освещение в магазинеФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae