Twee lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is dood in ‘n valskermongeluk, het die departement van verdediging en millitêre veterane Vrydag gesê.
Die ongeluk het Donderdagoggend 10:30 plaasgevind, het die departement in ‘n verklaring gesê.
Beide lede was deel van ‘n opleidingsprogram wat in Januarie afgeskop het.
“Hulle was besig met opleiding as deel van die finale fase van hul opleiding as valskermsoldate,” het die departement gesê.
‘n Ondersoek deur die polisie en die SANW se ondersoekraad is geloods.
Die slagoffers was John Mpshe (23) van Britstown in die Noord-Kaap en Thabang Mokoena (22) van Weppener in die Vrystaat.
