Eskom het dokumente by die hof ingedien waarin hy sy voormalige uitvoerende hoof Jacob Maroga beskuldig dat hy “versuim het om sy pligte uit te voer” en omdat hy “oneerlik” was, het Business Day Dinsdag berig.
“Die raad het hom genoeg waarskuwing en tyd te gee om sy werk te doen. Hy het eenvoudig gefaal om sy pligte uit te voer,” het Mpho Makwana, waarnemende voorsitter van Eskom in hofdokumente gesê.
Maroga is in Oktober onder ‘n wolk van omstredenheid weg by Eskom ná hy sy bedanking vir die raad gegee en later teruggetrek het.
Die hofdokumente is ingedien ná Maroga se vergoedingseis van R85,7 miljoen of dat hy in sy pos heraangestel moet word.
Luidens hofdokumente het Maroga sy bedanking aangebied by ‘n raadsvergadering ná Bobby Godsell, Eskom se voorsitter, “duidelikheid” oor sy rol as voorsitter met aandeelhouers en die uitvoerende hoof gesoek het.
Makwana het in die hofdokumente gesê Maroga wou hê sy bedanking moes “elegant en vriendskaplik” wees, maar het die volgende oggend ‘n brief geskryf waarin hy sy bedanking terugtrek en sê sy “opmerkings van frustrasie” moes nooit as ‘n bedanking aanvaar word nie.
“Dit was nie net verkeerd nie, maar onwaar,” het Makwana gesê.
Die raad het Maroga “oneerlik” genoem.
Ná die raad Maroga se brief ontvang het, het die raad besluit dat “indien daar bevind word dat sy bedanking nie geldig was nie”, sy kontrak onmiddelik beëindig sou word.
Die hofdokumente het twee gevalle van Maroga se swak prestasie uitgelig.
Maroga is daarvan beskuldig dat hy nie met ‘n plan vorendag kon kom om Eskom se geldtekort aan te spreek nie en dat hy nie met aluminiumvervaardigers heronderhandel het oor verlaagde elektrisiteit nie.
Dít het Eskom ‘n verlies van R9,7 miljard gekos.
Die maatskappy het gesê sy raad het “vertroue verloor in Maroga as ‘n uitvoerende leier van Eskom om stappe te doen om die krisis te verhoed en Eskom uit ‘n krisis te lei.”
