Verskoning vir Barkly-Wes se oproer is oop steengroef

Barkly-Wes in die Noord-Kaap is in opstand omdat die owerhede hul eise ignoreer.

Die swart inwoners het buitebande aan die brand gesteek omdat hulle oor die plaaslike munisipaliteit se reaksie op ‘n memorandum ontevrede is.

Die gemeenskap het verlede maand by die kantore van die Dikgatlong-munisipaliteit byeengekom – wat dié dorp en Campbell insluit – om te eis dat die steengroef wat verantwoordelik was vir ‘n kind se dood vroeër die maand, toegemaak word.

Die negejarige Gift Makatees se halfnaakte lyk is uit die steengroef gehaal.

Tebogo Hammer van die munisipaliteit het toe aan OFM-nuus gesê dat die munisipaliteit bewus is van die probleem, maar dat hulle nie genoeg geld het om dit toe te maak of te rehabiliteer nie.

Gemeenskapleier Patricia Katz sê die gemeenskap is in opstand want hulle is nie tevrede met die munisipaliteit se terugvoer nie.

ANC verwerp Tsonga-minderheidsaansprake

Die ANC het nie ‘n saak met minderhede nie. Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het die Tsonga-minderheid in Limpopo gewaarsku dat hulle eise om ‘n eie munisipale gebied en skole nie geduld sal word nie.

President Zuma het Mahlobo glo gestuur om te gaan ondersoek instel. Volgens die Business Day is daar “baie agterdog” oor die geweld en oproer in die gebied omdat 17 skole afgebrand is.

Mahlobo het ontken dat misdaadintelligensie misluk het, en dat dit die rede is hoekom die 24 skole wat aan die brand gesteek is, nie gered kon word nie.

Die minister van samewerkende regering, David van Rooyen het ook sê die regering gaan nie die besluit deur die Munisipale Afbakeningsraad omkeer nie.

Tsongas is woedend oor die samesmelting van Vuwani en Malamulele in Limpopo.

Hulle sê hulle wil nie onder Vendas se gesag wees nie. Oproer en onrus teister die gebied al maande lank terwyl die ANC leë beloftes maak oor inspraak en toegewings.

Verskeie skole is tydens gewelddadige protesoptrede afgebrand nadat die Hooggeregshof vroeër ten gunste van die Afbakeningsraad beslis het.

Van Rooyen het Donderdagaand in Thohoyandou gesê inwoners wat teen die besluit is, moet teen die hofbeslissing appelleer.

Intussen is nog sewe verdagtes in hegtenis geneem nadat 17 skole in die gebied afgebrand is.

Dit bring die aantal verdagtes wat in hegtenis geneem is vir openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging in Vuwani, op twaalf te staan.

Die Menseregtekommissie sê kommer heers oor 26 000 swart skoolkinders in Vuwani in Limpopo se reg tot toegang tot onderwys, wat geskend word.

Onderrig in die gebied is gestaak te midde van voortslepende gewelddadige betogings, en sowat 24 skole is al aan die brand gesteek en beskadig.

Die provinsiale Menseregtekommissaris, Victor Mavhidula het die geweld veroordeel. Hy sê mense kan ook sukses bereik deur om ‘n tafel te sit en hul griewe te spreek, eerder as om eiendom aan die brand te steek.

Rhodes sluit na boendoehof teen beweerde verkragters

Die adjunk vise-kanselier van die Rhodes-universiteit, Peter Clayton het bewerings ontken dat die universiteit weier om verkragtingslagoffers te ondersteun.

Die betogende studente beweer die bestuur het nie opgetree nie en eis dat elf studente dadelik geskors word wat van die misdade verdink word.

Die instelling het ‘n dringende aansoek gebring om te keer dat oproeriges ander studente op die kampus aanval, intimideer of dreig.

‘n Lys van die beweerde verkragters wat aan die universiteit oorhandig is, is intussen op sosiale media ook rondgestuur.

Studente beweer die universiteit wil slagoffers van seksuele geweld ontmoedig om dit aan te meld sodat die universiteit se beeld nie geskaad word nie.

Clayton sê elke persoon het die reg om ‘n saak by die polisie aanhangig te maak.

Hy sê daar is ook ‘n kantoor waar teistering by die universiteit aangemeld kan word.

Protesoptrede deur studente het akademiese bedrywighede by die universiteit tot stilstand gedwing. Die polisie moes rubberkoeëls en traangas gebruik om oproeriges uitmekaar te dryf.

Een student is glo deur ‘n bakkie raakgery in die pandemonium wat gevolg het.

Swart vrouestudente veral het hulself in gevorderde stadiums van naaktheid vertoon, glo uit protes teen verkragting.

Die polisie het Woensdag twee oproermakers op die kampus in hegtenis geneem.

Kaapstad bestry rassisme, nie geweld nie

Kaapstad bestry liewer rassisme, nie geweld en die vernietiging van infrastruktuur nie.

Wes-Kaapse Verkeersowerhede sê die N7 by Du Noon naby Milnerton is weer oopgestel na nog ‘n nag van gewelddadige protesoptrede.

Protesgangers het voertuie met klippe bestook en buitebande aan die brand gesteek.

Hulle sê daar word nie gehoor gegee aan hul eise om behuising en dienslewering nie.

Maandag is winkels wat aan buitelandse burgers behoort gestroop en ‘n MyCiti-bushalte ernstig beskadig.

Intussen sê die Kaapstadse metro sê hulle ondersoek nou meer as 30 voorvalle van rassisme in die stad en nie dienslewering nie.

Die plaaslike owerheid en die Kaapse Skiereiland universiteit van tegnologie het ‘n onderneming onderteken om rassisme te bestry.

Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille het ‘n beroep op die publiek gedoen om voorvalle van rassisme aan te meld.

Metrorail moes pendelaars waarsku dat vertragings van tot twee ure kan voorkom na vandalisme aan die seintoerusting by die Kaapse stasie.

Die pendeldiens ervaar die afgelope paar weke verskeie probleme weens ‘n onbeskermde staking.

Treinwaens is onder meer aan die brand gesteek. Nog veiligheidsmaatreëls is in plek en pendelaars is gevra om van alternatiewe vervoer gebruik te maak.

Die departement van Water en Sanitasie het ook sy kommer uitgespreek oor die toenemende beskadiging van waterinfrastruktuur weens kabeldiefstal by pompstasies.

Die departement sê kabeldiefstal kniehalter die verskaffing van skoon water aan gemeenskappe.

Water ter waarde van tot sewe miljard rand gaan jaarliks verlore weens die beskadiging van infrastuktuur.

N14 by Kuruman sluit na protes

Die Noord-Kaapse polisie is steeds besig om ‘n ogie te hou oor die betogers op die N14 naby Kuruman.

Die pad is vir verkeer gesluit nadat dit versper is met brandende bande, boomtakke en klippe vanoggend omstreeks 06:00.

Volgens polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, is die inwoners van Mapoteng gegrief oor die swak dienslewering van die plaaslike munisipaliteit. Tawana sê die situasie is kalm op die oomblik.

Verkeer vloei glo weer.

Dit volg nadat die plaaslike burgemeester en die gemeenskapsleiers ‘n vergadering gehad het wat gelei het tot die ontevredenheid.

Niemand is beseer nie en geen eiendom beskadig tydens die voorval nie. Die polisie sal voortgaan om die situasie te monitor.

Veiligheidsdiens steeds op bystand by Mafikeng-kampus

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus se akademiese program kon Dinsdag sonder enige onderbrekings of voorvalle van oproer hervat.

Kampuswoordvoerder, Phenyo Mokgothu, sê die dienste van sekuriteitsmaatskappy word steeds gebruik.

Die veiligheidsdiens is tans nie op die kampus ontplooi nie, maar op bystand as sou geweld uitbreek.

Die kampus het dié week heropen nadat dit vir bykans ‘n maand gesluit was weens gewelddadige betogings.

Mokgothu, sê klasse het na 08:00 soos geskeduleer begin en die laaste klasse het teen 17:00 geëindig.

Klasbywoning was glo goed.

Mokgothu sê bykomende klasse oor naweke begin Saterdag om agterstallige werk in te haal.

Volgens Mokgothu sal daar nie ‘n toetsreeks wees nie, maar toetse sal in klastyd geskryf word.

Werkers by Delareyville-meul maak amok

Die N14-roete tussen Delareyville en Vryburg in Noordwes is weer oop vir verkeer nadat dit Dinsdagaand weens oproer moes sluit.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die situasie is vanoggend kalm nadat die pad Dinsdag omstreeks 19:00 gesluit is weens stakende werknemers van Botselo Milling.

Die meule in Delareyville behoort glo aan ‘n familie.

Die betogers het die pad met brandende bande versper sodat verkeer van alternatiewe roetes moes gebruik maak.

Hy sê die groep werknemers neem al die afgelope drie weke aan ‘n beskermde staking deel.

Die openbare orde polisie het die situasie gemonitor.

Volgens Mokgwabone is ‘n vragmotor teen middernag aan die brand gesteek deur die betogers. Niemand is beseer nie.

Mokgwabone sê meer inligting sal later oor die voorval bekend gemaak word.

Plakkeroproer in Johannesburg steeds gespanne

Die rewolusionêre teoloog Beyers Naudé, se nalatenskap is lewendig noord van Johannesburg waar swart oproeriges Woensdag op ‘n plundertog gegaan het.

Die situasie is steeds gespanne in Zandspruit, nadat plakkers gewelddadig geraak het oënskynlik oor Eskom se verwydering van onwettige elektrisiteitkabels en “gebrekkige dienslewering”.

Oproeriges het egter op ‘n plundertog gegaan by sake-ondernemings in die omgewing wat nie verband hou met Eskom òf dienste nie.

Dele van Beyers Naude-rylaan en Peterweg was Donderdag steeds gesluit.

Verskeie winkels is leeggedra en gevandaliseer, waaronder ook ‘n vulstatsie.

Paaie in die gebied is steeds met vullis en gebrande bande besaai. Die gietende reën het die swart rookkolomme van die brandende bande effens geblus.

Klein groepe oproeriges het reeds begin bymekaarkom om verder amok te maak, maar ‘n groot aantal polisiebeamptes is ontplooi.

Die Johannesburgse metropolisie het motoriste aangeraai om die N14 en Hendrik Potgieter as alternatiewe roetes te gebruik.

TUT-kampus sluit weens voortslepende oproer

Studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguve-kampus moet vandag uit die koshuise weens voortgesette onrus en oproer.

Dit volg nadat die universiteitsbestuur aangekondig het dat die kampus buite Pretoria tot 5 April sal sluit.

Hulle het tot vanmiddag twee-uur tyd om hul koshuise te verlaat.

`n Woordvoerder van die universiteit, Willa de Ruyter, sê die besluit is geneem weens die voortgesette geweld, intimidasie en aanvalle op die Soshanguve-kampus.

De Ruyter sê die studente is gevra om teen twee-uur uit die koshuise te wees.

Sy sê die universiteit sal nie die studente fisies uitgooi nie, maar dit is nie duidelik hoe hulle gedwing sal word om te gaan nie.

Die visepresident van die TUT se studenteraad, Sthembiso Shandu het intussen ‘n beroep op studente gedoen om nie hulle koshuise te verlaat nie.

Intussen sal ‘n spesiale debat vandag in die Nasionale Vergadering oor rassisme gehou word.

Rassistiese aanmerkings op sosiale media en rasse-spanning by universiteite sal bespreek word. Die parlementêre debat sal fokus op sporadiese rassevoorvalle by verskeie universiteite.

Dit volg nadat President Jacob Zuma in sy staatsrede gesê het mense in die land moet saamwerk om rassisme uit te roei.

Die ANC, DA en EFF beskuldig mekaar aanhoudend oor en weer van rassisme wat gelei het tot die oordrewe kollig op die verskynsel.

Zuma het ook aangekondig dat vanjaar se Menseregtedag op 21 Maart opgedra sal word aan die stryd teen rassisme.

In nog ‘n verwikkeling wat volg op studentegeweld het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die VN se menseregtekomitee versoek om menseregteskendings in Suid-Afrika te ondersoek.

Hulle sê hulle is bekommerd oor die gebruik van geweld téén oproeriges.

Die MRK sê `n verslag wat die regering aan die VN verskaf het, is onvoldoende en verouderd.

Die kommissie beveel aan dat die VN-komitee die regering vra vir nuwe inligting oor stappe wat gedoen word om die kwessies in die verslag aan te spreek.

Swart Kovsies eis dat Jonathan Jansen afgedank word

Die swart voorsitter van die studenteraad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) eis dat die rektor, Jonathan Jansen, afgedank word.

Lindokuhle Ntuli sê klasse by die instelling sal nie voortgaan totdat die bestuur alle uitstaande kwessies opgelos het nie.

Hy sê hulle dring onder meer daarop aan dat die rektor afgedank word.

Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê 21 studente, waaronder twee vroue, is gistermiddag op die Bloemfontein-kampus in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings weer opgevlam het.

Nkabi sê die verdagtes sal na verwagting later vandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle ‘n hofinterdik, wat hulle verbied om onwettig op kampus te vergader en eiendom van die universiteit te beskadig, verontagsaam het.

‘n Aantal swart studente is in hegtenis geneem Donderdag vir die oortreding van ‘n hofbevel nadat hulle vergader het om die standbeeld van Marthinus Theunis Steyn naby die hoofgebou op die kampus, na bewering met die bedoeling om dit ook te beskadig.

Nkabi sê in dié stadium is dit moeilik om vas te stel hoeveel studente gearresteer is. Aphelele Mpwecu van die student en werkersforum het gesê 23 studente is in hegtenis geneem.

‘n Groep vandale wat na bewering probeer het om die standbeeld om te keer, is deur die polisie en die kampussekuriteit gekeer.

Polisielede het rubberkoeëls gebruik en skokgranate toe ‘n groep swart oproeriges by die standbeeld saamgedrom het.

Sommige joernaliste is glo gevra om hul mediakaarte te toon of die kampus te verlaat.

Ontevrede studente het ‘n optog gehou na die viserektor, Choice Makhetha, oor terugvoering rakende ‘n memorandum van griewe.

VSR-president Lindokuhle Ntuli, het voor Makhetha aangekom en gesê ontevrede studente sal voortgaan om af te sluit van die kampus tot hul eise ten volle nagekom is. Hulle wil die onmiddellike verwydering van Rektor en Visekanselier, Jonathan Jansen. Dit was een van die belangrikste eise aan die memorandum versprei deur die SR gister.

Ander eise sluit in dat studente in die gesig staar deregistrasie moet toegelaat word om hul akademiese jaar, en vir transformasie en “dekolonisasie” te bespoedig word voltooi.

Hulle wou kampus geboue vernoem na swart stryd helde, en vir die arme studente word voorkeur gegee word vir plasing, sonder al ignoreer die akademiese kriteria in plek.

Die Universiteitsraad en senaat moet ook meer swart lede kry, sê hulle.

Makhetha het in haar terugvoer dat die vraag na die verwydering van Jansen sal oorweeg word op ‘n dringende basis deur die Senaat, die Institusionele Forum en die Raad. Sy het ook gesê die universiteit sal alles in sy vermoë doen om voortgesette registrasie van studente in staat te stel.

Makhetha het bygevoeg dat koshuis demografie reeds aansienlik inklusiewe, maar weer sal hersien word met studenteleierskap.

Die woordvoerder van die Minister van Hoër Onderwys, Khaye Nkwanyana sê intussen die minister, Blade Nzimande is deurlopend besig om met verskeie rolspelers in gesprek te tree by die Universiteit van die Vrystaat.

Nzimande is glo bekommerd “nadat wit studente en rugbytoeskouers betogers op die veld aangerand het” om orde te herstel.

Meer as 20 studente van die Universiteit van die Vrystaat verskyn vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof. Hulle word aangekla van onwettige byeenkomste.

Oproeriges onderbreek gebedsessie by UV

Oproerige swartes met stokke het ‘n buitemuurse gebedsdiens op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat onderbreek.

Die diens is deur ‘n pastoor gelei. Die betogers het slagspreuke geskree en die klankstelsel wat gospel-musiek gespeel het, afgeskakel.

Die polisie het ingegeryp en die twee groepe uiteen gehou sodat die diens kon voortgaan.

Die Universiteit se kampusse in Bloemfontein sal môre en Vrydag gesluit bly. Alle akademiese en administratiewe dienste sal glo Maandag hervat word.

By die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n hofbevel ‘n groep skoonmakers en sowat 50 studente verbied om aan te hou amok maak op die kampus.

Hulle ontwrig kampusbedrywighede, het die uitvoerende bestuur gister gesê.

“Die hofbevel magtig en gelas die polisie om in te gryp en te help by die Universiteit,” het hulle in ‘n verklaring gesê.

Werkers en swart studente is sedert verlede week in opstand oor uitkontraktering by die universiteit.

Voorvalle van klasontwrigting en personeelintimidasie is aangemeld.

Dinsdag het die skoonmakers ingestem om die oproer te staak, maar ten spyte van hierdie onderneming, het hulle Woensdag oproer op die kampus voortgesit.

Geweld vlam weer op by Tuks

Geweld het vanoggend weer opgevlam by Tukkies se Hatfieldkampus.

Swart amokmakers wat onder die hutsteken “BlackMonday” agiteer het klasse probeer ontwrig en geboue gevandaliseer.

Die EFF het vanoggend klaarblyklik in Prospectstraat byeengekom om te eis dat oproeriges wat in hegtenis geneem is tydens verlede week se betoging weens openbare geweld, vrygelaat word.

Dit kon egter nie bevestig word nie.

Op Twitter het swart studente ivm die opstand by Tuks gesê swartes soek “grond”. Dit is nie duidelik hoe die opstand by die universiteit daarmee in verband gebring word nie, maar dit wil voorkom of die lys van lukraak griewe groei.

Gerugte dat ‘n wit veiligheidswag ernstig beseer is nadat hy deur swartes aangeval is, kon nog nie bevestig word nie.

Intussen sê wit studente dat hulle vir lewens vrees en nie veilig voel om klasse by te woon nie.

Geweld in Sabie kelder dalk fietswedren

Gewelddadige betogings by Sabie in Mpumalanga het tot gevolg dat die naweek se Ashburton Nasionale Bergfietswedren moontlik van die baan is, het RSG berig.

Meer as 3000 fietsryers het vir die wedren ingeskryf.

Die polisie en die plaaslike munisipaliteit sê die situasie is in die stadium plofbaar en dit is nie wenslik dat die wedren voortgaan nie.

Raadslede en gemeenskapsleiers vergader weer vandag, waarna ‘n finale besluit geneem sal word.

NWU-oproer bedaar

Die visekanselier van die Noordwes Universiteit, Dan Kgwadi sê akademiese aktiwiteite sal Dinsdagoggend op die Mahikeng-kampus hervat word.

Klasse is Maandag opgeskort weens studente-oproer. Die betogers eis dat uitkontraktering beëindig word, en dat studente met uitstaande skuld toegelaat word om te registreer.

‘n Studentevoertuig en ‘n beurskantoor is tydens die betoging aan die brand gesteek.

Kgwadi sê die EFF se studente-organisasie is verantwoordelik vir die onlangse vlaag geweld.

Hy sê maatreëls is ingestel om die veiligheid van studente wat vandag klasse wil bywoon, te verseker.