Zim steel geld uit privaat bankrekeninge

Zimbabwe se sentrale bank se goewerneur het erken dat hy sonder toestemming geld geneem het uit bankrekeninge van private besighede en hulpgroepe, en het gesê dat hy net probeer het om sy land se arm ministeries aan die gang te hou .

In ‘n verklaring wat ondenkbaar sou wees komende van die meeste sentrale banke, het dit voorgekom asof Gideon Gono, die goewerneur van die reserwebank ‘n pleidooi gemaak het om sy pos te behou te midde van toenemende kritiek.

Gono het gesê dit is tyd om “die verlede agter te laat” noudat Zimbabwe ‘n nuwe koalisieregering het wat toegewys is en wat die ekonomiese agteruitgang wil keer.

Die sentrale bankier het gesê hy het die geld wat hy geneem het as lening gegee aan verskeie ministeries, en die private rekeninge sal weer herstel word sodra die lenings terugbetaal is. Hy het gesê die bank se poging het “die land gedra” in sy uur van nood.

Gono se verklaring het getoon die praktyk is wydverspreid. Dit was verlede jaar vir die eerste keer genoem, toe die internasionale hulpagentskap Global Fund gedreig het om Zimbabwe se fondse om Vigs, TB en malaria te bestry af te sny, tensy die geld wat uit hulle rekening geneem is teruggeplaas word. Die sentrale bank het $7,3miljoen aan Global Fund terugbetaal.

Die stroop van buitelandse geld is net een van die kwessies  wat bevraagteken word en waarvoor Gono skerp gekritiseer is.

Aanvalle op Gono is tans aan die oplaai die afgelope paar dae nadat hy sowat 50 gebruikte karre aangebied het vir nuwe regeringslui van beide Mugabe se party en Tsvangirai se MDC. Kontroversie oor die karre het gelei tot ondersoeke van die sentrale bank se werking, wat strek van die koop van eetgerei tot besighede wat Gono op die kantlyn bestuur.

In sy verklaring vandag, het Gono ‘n beroep gedoen op die nuwe lede om die karre terug te gee, maar gesê dat die aanbod in goedertrou gemaak is.

Gono het gesê dat hulle vir die karre gevra het sodat hulle oor die land kan reis om die boodskap van hervorming en nasionale rekonsiliasie uit te dra.

фильтр компрессораtopcargo кидалы

Diva besteel

ImageNieu-Seeland se opera diva, Dame Kiri Te Kanawa, 65, het deurgeloop onder diefstal van meer as 650 000 dollar deur ‘n bankbestuurder wat haar aftrederekening hanteer het in Kalifornië, het nuusberigte Vrydag gesê.

Die bestuurder Sokvoeun “Cindy” Sou, 27, het Donderdag in die hof erken dat sy geld verduister het en bedrog gepleeg het, het polisiespeurder Greg Ella van Alameda, in San Francisco Baai aan Radio Nieu-Seeland gesê.

Hy het gesê dat Sou in aanhouding gaan bly tot ‘n borgtogverhoor, voor sy gevonnis word.

Ella het gesê Sou is Dinsdag gearresteer by die bank in Alameda, waar sy gewerk het as bestuurder en het erken dat sy 5 onttrekking gemaak het uit Dame Kiri se rekening tussen Mei 2008 en die maand, na sy gesê het sy het finansiële probleme.

Hy het gesê die bank het Dame Kiri, wat meeste van die tyd in Engeland woon en steeds nou en dan by konserte optree se rekening reggestel. Dame Kiri het amptelik afgetree van haar operaloopbaan vier jaar geledeхирургические методы лечения пародонтаалександр лобановский харьков класс

Vrou dood gedurende doktersstaking

‘n Swanger vrou van Noordwes is dood gedurende die huidige staking van dokters, het minister van gesondheid, Barbara Hogan Donderdag gesê.

Sy het gesê die vrou is verlede Donderdag hospitaal toe gebring met geboortekomplikasies.

“Sy het ‘n geskeurde uterus gehad en is dood omdat daar nie na haar omgesien is nie,” het Hogan in Pretoria aan verslaggewers gesê.

Sy het gesê die weermag se nooddienste sal ingetrek word om te help in die staatshospitale indien dokters voortgaan met die staking.

“Ek het aan die minister van verdediging geskryf in die verband,” het sy gesê.

Dokters is tans op ‘n staking om salarisverhogings van op tot 50%, sowel as beter werksomstandighede.

‘n Stel voorstelle is gestuur na die openbare dienste se koordineringsonderhandelingsraad.

“Ons glo dat die proses as dringend afgehandel sal word. Dit sal ons toewyding aan werksplekverwante demokratiese prosesse toon met die vind van oplossings vir die uitdagings wat ons professionele mense konfronteer,” het Hogan gesê.

online casino free betФільчаков Олександр Васильович прокурор

Kind by skool geskiet, 3 vas

Twee mans en ‘n vrou is gearresteer vir die beweerde skietery op ‘n 6-jarige meisie Donderdag in Manenberg, het Wes-Kaapse polisie gesê.

Superintendent Andre Taute het gesê twee mans het na bewering geargumenteer naby die Downville Laerskool in Tagusstraat omtrent teen 12 uur Donderdagmiddag.

Een van die mans het ‘n skoot geskiet na die ander en gemis, maar die meisie wat op die skool se speelgronde is raakgeskiet.

Die beweerde skieter het van die toneel gevlug en die wapen aan twee ander aangegee, wat toe medepligtiges geword het. Polisie het vinnig gereageer en die drie gearresteer, het Taute gesê.

Die meisie is in die bors geskiet, en is in ‘n ernstige maar stabiele toestand in die hospitaal.

Die twee mans, 28 en 32, en ‘n 25-jarige vrou gaan in die hof verskyn op klagte van poging tot moord, het hy gesê.
cluedoДанильченко Харьков

Brighton paar vermoor gevind

‘n Man en sy vrou van Brighton, in Port Elizabeth is Donderdag vermoor gevind, het Oos-Kaapse polisie gesê.

Inspekteur Hazel Mqala het gesê ‘n vriend van die oorlede vrou het gegaan om die paar te besoek by hulle huis in Dorastraat, tussen 10 uur en 11 uur, die oggend.

Die vriend het gesien die buitelig van die huis is nog aan en het die voordeur oop gevind. Toe sy die deur oopstoot het sy haar vriendin op die vloer sien lê. Die vrou het geroep maar geen reaksie gekry nie. Die man het op die bank gelê.

De vriend het toe die egpaar se dogter geskakel, wat by die huis opgedaag het en die polisie gekontak het.

Die paar is dood van ‘n skoot in die kop. Die vrou het ‘n koeëlwond gehad aan die agterkant van die kop en die man het een gehad aan die regterkant van die kop.

Die polisie het omtrent 4 uur die middag opgedaag.

Dit wil voorkom asof niks uit die huis weg is nie. Die televisie was steeds aan toe die polisie opgedaag het. Die man was 47 en sy vrou 43.

Geen arrestasies is gemaak nie. ‘n Saak van dubbele moord word ondersoek, het Mqala gesê.

детские игрушки купитьАлександр Фильчаков

Staatsgreep in Lesotho misluk

Volgens Mothetjoa Metsing, Lesotho se minister van kommunikasie, het Suid-Afrikaanse en Mosambiekse huursoldate ’n staatsgreep teen Lesotho se premier, Pakalitha Mosisili (64) probeer uitvoer.

Padblokkades was gister nog in Maseru te siene ná ’n mislukte sluipmoordpoging eergister op Mosisili.

Altesame sewe mense is in aanhouding ná die aanval op Mosilisi se ampswoning en weermagbarakke het die SABC berig. Vyf mense is in Suid-Afrika aangekeer en twee in Lesotho.

Mosisili is sedert 1998 aan die stuur. In daardie jaar het die SAOG troepe uit Suid-Afrika en Botswana ontplooi om Lesotho’n staatsgreeppoging teen Mosisili te keer. Sedertdien is Lesotho se weermag verdeeld.

Volgens Media24 se Afrika-kantoor, het die SAPD en SANW eergister gehelp om van die vermeende aanvallers langs die Caledonrivier-grens aan te keer.

Nog drie vermeende aanvallers is eergisteraand doodgeskiet in gevegte met die gesamentlike Suid-Afrikaanse en Lesotho-mag. Die aanvallers was glo uit Lesotho self.

freeslots casino slotsФильчаков прокурор харькова

ANC se posisie verbeter stadig maar seker

Die ANC se posisie is besig om stadig maar seker te verbeter. Alhoewel die stemresultate stadiger inkom het dit vroeg Vrydagoggend, teen 3 vm, verder in die guns van die regerende party geswaai.

Die ANC staan nou op 67, 04% met 8,264,909 van die12,328,424 stemme reeds getel. Die DA is besig om stoom te verloor van die 16% hoogtepunt wat die party Donderdag bereik het en staan nou op 15.82% met 1,950,025 kruisies.

Cope is in die derde plek met 7.65%, oftewel 943,232 stemme.

Die ander partye het onbenullige persentasies behaal. Die tellery het Vrydagoggend merkbaar verstadig en slegs 165,205 stemme is tussen 12.55 en 3vm getel. In die Oos-Kaap is die tellery afgehandel en het die ANC met 69.50% gewen. Dit verteenwoordig 1,499,363 uit die 2,157,366 stemme.

Volgens die OVK het 77.31% van geregistreerde kiesers Woensdag hulle stemme uitgebring.

бланк справки для бассейнаФильчаков прокурор харьков

Hoe ek Jacob Zuma ken

ImageJacob Zuma se sekretaresse ontvang my vriendelik en vergesel my na die stoep aan die oostekant. Ek kyk haar vraend aan. Met haar wysvinger maak sy 'n veelseggende draaibeweging in die rigting van die plafon.  

Buite sal ons dus meer privaat wees…

Die reusesybokhaarmat wat die voorportaal met die ou Transvaalse wapen vroeër versier het, het plek gemaak vir 'n goedkoop geel, swart en rooi geruite mat. Die stinkhout- en geelhoutmeubels van 'n vorige beskawing is weg. In die plek daarvan staan doodgewone meubels wat lyk of dit uit 'n tweedehandse meubelwinkel kom. Die stoepmeubels is twee stelle gemakstoele met botsende kleure.

Ek wag op die stoep van vervloë jare se administrateurswoning. Overvaal. In die tuine sien ek hoe vier tuiniers probeer om 'n tuinslang gekoppel te kry, terwyl 'n vyfde die hope roossnoeisels in 'n kruiwa laai. Die tuin is sonder persoonlikheid en verwaarloos.

My gedagtes gaan terug na 1967. Oom Sybrand van Niekerk, verlangs familie van my vrou, was toe nog administrateur van die Transvaal. Tannie Marietjie was 'n ywerige tuinskepper en sy en haar wit tuinier moes die groot tuin self in stand hou. Ons het daardie Sondag middagete by hulle geniet. Dit was hoe Boeremense mekaar destyds onthaal het. Ná ete besoek die manne dan die vrugteboord en pluk mandjies vars vrugte. In 1967 was die tuin 'n welige paradys.

Maar dit was 42 jaar gelede. Snaaks hoe die tyd aanstap en dinge laat agteruitgaan.  

Hier sit ek nou in Julie 2005. 'n Maand of wat gelede is ene Shabir Shaik op aanklagte van omkopery en bedrog deur regter Hillary Squires skuldig bevind en tronkstraf opgelê. President Mbeki het sy adjunk kort daarna onseremonieel in die parlement afgedank.  

Dan stap Jacob Zuma deur die sydeur, met sy gebruiklike breë glimlag, hand uitgetrek.

"How are you, Mr Wingard."

"Thank you for seeing me at such short notice, Mr Zuma."

Hy haal sy selfoon uitmekaar en plaas die drie stukke op die koffietafel tussen ons. Ek skakel my selfoon af en sit dit langs syne. Hy knik dankbaar.

"We should be OK here. I take it this is a private meeting. My situation is quite delicate and I do not want any further complications."

Ek stel hom gerus. Ons verwissel 'n paar komplimente en toe vra hy: "How are the Afrikaners?"

"I have not come to talk to you about the Afrikaners today. I want to talk to you about three things and I would be pleased if you would give me frank and honest answers to three matters that bother me."

"OK, what are they?"

Die gesprek wat ons daardie oggend in Engels gehad het, vertel ek nou oor in Afrikaans:

"Eerstens, wil ek oor Jacob Zuma praat. Ek wil sy kant van die storie hoor oor die aanklagte van korrupsie en bedrog wat teen hom gehou word."

"Tweedens, wil ek met jou praat oor 'unfinished business.' Soos jy weet, was daar onafgehandelde besigheid rondom ooreenkomste wat jy en Thabo Mbeki in 1993/94 met die Generaal en ander leiers aangegaan het, maar wat gerieflikheidshalwe onder die mat beland het."

Hy knik instemmend.

"Laastens wil ek oor projekte in Kwa-Zulu Natal praat." Ek kan nie help om die byna seunsagtige opgewondenheid in sy oë te lees nie.

"Goed, laat ek jou my kant van die storie vertel.  In die kabinet was ek die armste kabinetslid. Daarmee beskuldig ek niemand van enigiets nie, net dat dit ironies is dat almal skielik vingers na die persoon wys wat seker die minste invloed gehad het met die toekenning van wapenkontrakte. Onthou jy nog die inligtingskandaal? Connie Mulder moes die spit afbyt om te voorkom dat hy eerste minister sou word. Daarvoor is 'n skandaal geskep. Met al die geheime projekte waarmee die apartheidsregering binnelands sowel as in die buiteland besig was, kon verskeie kabinetsministers van bedrog of wanbestuur aangekla gewees het. Maar Mulder is uitgesonder omdat hy 'n politieke gevaar vir PW Botha ingehou het.

Ek word presies op dieselfde manier uitgesonder, vanweë my sterk aanhang in die party.

Ja, ek het 'n vertrouensverhouding met Shabir Shaik gehad. Ja, hy het aan my geld geleen. Natuurlik sal dit alles bewys kon word. Maar ek kan met 'n skoon gewete sê dat ek nog nooit 'n sent van die staat of van die publiek wederregtelik gevat het of dat enige besluite wat ek moes neem deur Shaik se lenings beïnvloed was nie. Ek weet nie hoe iemand ooit soiets teen my sal kan bewys nie. As ek sy saak kwansuis sou bevorder het, sou dit binne die normale menslike politikus-vriendkonteks gebeur het.  

Dan is daar ook die kwessie van ons Afrikakultuur. In die Afrikakultuur is dit nie ongewoon vir onderdane om gereeld 'n bok of selfs 'n os vir die Kgosi saam te bring nie. Daardeur bewys hy dan sy lojaliteit en maak hy staat op die wederkerige beskerming van die hoofman.

In die westerse politieke stelsel word van lobbying gebruik gemaak. Parlementariërs en ministers word met allerhande gunste bearbei om bepaalde beleidstandpunte te beïnvloed."

Ek word meegesleur deur sy driftige openhartigheid. Ná nog verdere verduideliking steek ek my hand uit:

"Dankie, ek verstaan die situasie en aanvaar jou verduideliking. Op 'n later tydstip sal ek dit wêreldkundig maak. Intussen moet die reg maar sy loop neem, maar ek sal nie my vertroue in jou verloor nie." Jacob heg waarskynlik baie waarde aan my eertydse diens by die Volkstaatraad, en aanvaar my bona fides volledig.

Hy neem my hand: "Jy weet nie wat jou woorde vir my beteken nie. My familie is baie geskok oor al die beweringe. Mense behandel my deesdae asof ek melaats is, maar soos gewoonlik verstaan die Boere my die beste. Laasweek het ek besoek gehad van 'n Boere-afvaardiging, en hulle het ook hul steun belowe."

Hy gee 'n oorsig van die historiese verhouding tussen die Boere en die Zoeloes. Jacob Zuma ken sy geskiedenis en hy respekteer die Boere. Sedert daar vrede gemaak is ná Bloedrivier was daar vir langer as 150 jaar geen noemenswaardige spanning tussen die Boere en die Zoeloes nie. Beide partye het altyd hul ondernemings nagekom.

"En wat nou van die onvoltooide besigheid?"

'n Ernstige uitdrukking kom oor sy gesig wat hy op 'n honderd plooie trek.

"As ek die president van hierdie land sou word, sal ek ernstige en dringende aandag daaraan gee. Ek sal na alle redelike versoeke luister. Ek heg baie waarde aan die mens se kultuur en besef dat die Boere ook baie gesteld is op hul eie kultuur. Maar wat Afrikaners baie mooi sal moet verstaan:  Hulle sal hul huis in orde moet kry.  Ek kan nie met verskeie teenstrydige versoeke of skemas gekonfronteer word nie. Doen julle huiswerk behoorlik en ek sal my kant ook bring."

Toe trek Jacob Zuma weg met 'n byna onthutse aanval op die huidige rasbehepte beleid van transformasie. Hy kan onmoontlik nie verstaan hoe die ANC by die punt uitgekom het waar ideologie belangriker geword het as dienslewering nie. Hoe kan die land bekostig om honderde duisende geskoolde landsburgers elke maand te verloor?

Daarna bespreek ons kortliks 'n reeks biobrandstofprojekte in Kwa-Zulu Natal. Ek verseker hom dat ek die saak op die regte tydstip verder sal voer.

Dit was byna vier jaar gelede. Sedert die Overvaal-besoek het ons weer twee keer ontmoet. Elke keer was sy uitsprake dieselfde oor Afrikaners. Dit is duidelik dat hy nie ons stemme wil werf nie, maar dat die land hulle nodig het, want, soos hy dit stel:

"We cannot run this country without the Afrikaners." 

для насосовлобановский класс

Japan betaal buitelanders om te gaan

Japan wil graag van buitelandse arbeid ontslae raak en dié land bied tans kontant aan sodat Latyns-Amerikaanse arbeiders kan terugkeer na hulle lande van oorsprong. Sover het sowat 100 gesinne aangedui dat hulle sal gaan.

Die resessie het die land genoop tot die stap maar kritici meen dit is te erg. Die arbeiders wat meerendeels uit Brasilië afkomstig is, het almal 'n Japannese voorouer. Teenstanders van die idee meen Japan gaan in die toekoms weer van hulle arbeid moet gebruik maak en dat dien stap kortsigtig is.

'n Eeu gelede het Japannese na Brasilië uitgewyk om daar in die koffieplantasies te werk en intussen ondertrou. Met arbeidstekorte in 1990 is spesiale visums aan 366 000 sulke Brasiliane en Peruviane uitgedeel en tans woonagtig in Japan.

Hulle beman die harde, vuil en gevaarlike poste en staan bekend as die drie-k werkers: In Japannees bekend as kitsui, kitanai, kiken.

Dieselfde plan is onlangs in Spanje geloods om van buitelanders ontslae te raak.

детские лосины для девочекФильчаков прокуратура харьков

Taliban slaan groot slag

Die Taliban het 'n strategiese vesting ongeveer 70km van die Pakistanse hoofstad Islamabad oorgeneem volgens die land se woordvoerders.

Die val van Buner beteken egter nie dat die Taliban die hoofstad tans bedreig nie. Dit het nietemin skokgolwe deur die internasionale gemeenskap gestuur omdat dit duidelik raak dat die insurgensie stoom optel.

Daar woon ongeveer 1 miljoen mense in die stad en Buner word beskou as die toegang tot 'n groot Pakistanse stad, naamlik Mardan. Mardan is na Pesjawar die belangrikste stad in die noordweste.

'n Senior amptenaar het aan die media gesê dat as die Taliban Mardan inneem, is dit "die einde van die spel".

Die Taliban het Buner vanuit die aangrensende Swatvallei ingeneem. Sedert Februarie heers 'n skietstilstand tussen die militantes en die Pakistanse weermag wat ingestem het om in hulle kwartiere te bly.

Teen Woensdag het Talibanstryders die gebied gepatrolleer en regeringskantore geplunder. Triomfantelike stryders het kantoorinhoud op Pakistanse televisie opgehou en vertoon.

'n Inwoner van die stad Buner sê die Taliban "is oral en daar is geen weerstand nie". Klaarblyklik is die opmars, wat al weke lank opgebou het, vergemaklik deur senior amptenare van stad self.

Die oorname kom tien dae nadat die regering van president Asif Ali Zardari ingestem het om Sjariawet in Buner af te kondig om die Taliban tevrede te stel as deel van 'n ooreenkoms tussen die militantes en die staat.

Hillary Rodham Clinton, die VSA se sekretaris vir buitelandse sake, het gesê die Pakistanse regering gee te veel aan die Taliban toe. Hulle het "basies geabdikeer aan die Taliban en ekstremiste," het sy aan 'n sitting op Capitol Hill gesê. Die Obama-administrasie is bekommerd oor die nuutste ontwikkelinge in pakistan volgens ingeligte ontleders, aangesien die land oor 'n kernarsenaal beskik.online slots free spins no depositАлександр Фильчаков

Kernreus EDF huur privaatondersoekers

Dit is nie 'n toneel uit 'n spioenasiefilm nie, maar 'n alledaagse, wettige verskynsel: Die wêreld van privaatondersoek.

Die sakeman in die vyfsterhotel se sitkamer het geen idee dat 'n span van vier mense hom alreeds ure lank volg nie. 'n Vrou wat naby hom plaasgeneem het en oënskynlik verveeld deur 'n tydskrif blaai, is eintlik besig om na sy selfoongesprek in te luister.

Kargus Konsultante is maar een van duisende maatskappye in dié lukratiewe bedryf wat daarin spesialiseer om inligting te versamel, 'n duur en tydrowende werk veral as fisieke agtervolging ter sprake is. Van Kargus se kliënte is Nestlé en Chanel. Meer bekend nog is ondersoekmaatskappye soos Kroll. Rekenmeesters weer gebruik dikwels hul eie opgeleide spanne.

Die klein Britse maatskappy Kargus sê ten minste vier mense is nodig om een persoon te volg. Daarby moet 'n voertuig, verskillende stelle klere en hope tyd bygereken word. Een professionele spioen vra gemiddeld byna R800 per uur.

Welbekende metodes soos 'n kamera by 'n voordeur, waarvan joernaliste dikwels gebruik maak om bekende persoonlikhede te volg, is nie onwettig nie, volgens Kargus. Daarbenewens gebruik hulle oop bronne waaruit hulle genoeg inligting kan versamel.

Kargus is onlangs deur die Franse elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy EDF gehuur teen R130 000 per maand om die bewegings van anti-kernkragaktiviste soos Greenpeace te monitor. Die skuif van die Franse het wenkbroue laat lig omdat kernkrag 'n uiters sensitiewe aangeleentheid is wat deur die staat behartig word.

 
Amptenare van die EDF is intussen aangekla omdat hulle sogenaamd spioene aangestel het om op Greenpeace te spioeneer regoor Europa. Een van die aangeklaagde veiligheidsmanne ontken dat hy die Greenpeacenetwerk gekraak het, maar het erken dat Greenpeace en ander groepe sedert 2002 dopgehou word.
 
Frankryk worstel steeds met hulle openbare beeld rakende kernkrag vanweë die Rainbow Warrior, Greenpeace se vaartuig, wat in 1985 deur Franse intelligensie gesink is.
 
Die EDF-spioenasiekwessie is voorbladnuus in Brittanje waar die EDF kort gelede British Energy, die Britse kernmaatskappy, oorgeneem het. 
 
Brittanje is een van die lande waar kernkrag kwaai kritiek ontlok.

 

 

slots on lineлобановский класс харьков

IMF gaan goud verkoop

ImageLeiers van die G20 het die IMF se plan om 403 ton goud op die mark gesit, ondersteun. Die IMF sê hulle wil daarmee die wêreld se armste lande van hulp wees. Daarbenewens sal die goudprys laag gehou word wat sal meewerk om beleggers te oortuig om nie aandele te versaak nie.

Die IMF het in 'n verklaring gesê dat hulle die "addisionele fondse van goudverkope sal aanwend om finansiële konsessies aan die armste lande toe te staan". Die ondersteuning van lidlande dui daarop dat die plan later vanjaar goedgekeur sal word.

Die IMF beoog al sedert 2007 om goud te verkoop om hulle inkomste aan te vul en die balansstaat te versterk. Maar die plan moet deur 85% van hulle 185 lede goedgekeur word.

Die VSA, wat 17% van die fonds se stemkrag hou, het daarmee ook vetoreg. Amerika het die IMF intussen laat weet dat hulle die goedkeuring van die Kongres sal moet verkry om voort te gaan.

Die Amerikaans tesourie het verlede jaar aangekondig dat hulle goedkeuring deur die Kongres sal nastreef.

Die IMF hou meer as 3 200 ton goud en is die grootste houer in die wêreld na die VSA en Duitsland. Die IMF se goud kom van lidlande wat verplig word om 25% van hulle kwota goud aan die fonds te gee. Hierdie goud mag nie deur die fonds verkoop word nie.

Wat hulle wel van die hand mag sit is die addisionele 403,3 ton goud wat hulle deur buitemarktransaksies bekom het tussen 1999 en 2000. Lande wat toe rente moes betaal op IMF-lenings het dit soms in goud terugbetaal en daardie goud mag die IMF volgens hulle bepalings verkoop.

flower bridal headbandАлександр Фильчаков

Oudste professie gebuk onder ekonomiese krisis

Dit was seker te wagte dat die oudste professie deur die wêreld se ekonomiese hoofbrekens ingehaal sou word.

In Duitsland, een van die enkele lande waar prostitusie wettig is en buitengewoon deursigtig, het die bedryf nou maatreëls aangekondig om sake op te kikker met moderne bemarkingstegnieke, afslag en allerlei ander foefies wat die dalende aanvraag kan tem.

Sommige bordele het hulle pryse verlaag en bied gratis promosies aan terwyl ander weer 'n inklusiewe minimumprys daargestel het. Gratis buspendelvervoer, afslag vir senior burgers en dagpasse is van die planne wat tans in werking is.

'n Eienares van 'n bordeel in Hanover sê haar inkomste het met 30% gedaal en by ander klubs met soveel as 50%. "Ons beleef beslis 'n krisis. Kliënte is suinig. Hulle is bang. 'n Mens kan nie meer vir ekstras vra nie en daar is druk om die pryse te verlaag. Almal soek 'n winskopie. Spesiale aanbiedinge is deesdae noodsaaklik,"sê sy.

Daar is 400 000 profesionele prostitute in Duitsland. Amptelike syfers dui nie die verskil tussen manlik en vroulik aan nie, maar dit word algemeen aanvaar dat vroue die bedryf oorheers. Albei geslagte word gelyk onder die wet behandel.

In 2002 het nuwe wetgewing dit moontlik gemaak om te adverteer en 'n werkskontrak aan te gaan. Dus kan sekswerkers mediese versekering uitneem wat hulle voorheen nie beskore was nie.

Die jaarlikse inkomste van die bedryf beloop 14 miljard euros volgens die Verdidienstevakbond. Belastings wat die staat danksy sekswerk in, is 'n belangrike bron van inkomste vir sekere stede.

съемные протезы зубовФильчаков прокурор

ANC neem die voortou

Met die sluiting van alle stemlokale vroeg Donderdagoggend, wys die eerste uitslae dat die ANC 'n duidelike voorloper is. Die OVK sê met 1, 3% van die stemme getel, het die ANC 160 031 stemme, byna dubbel soveel as die DA met 83 287.

Die DA loop egter voor teen Cope wat op 21 608 stemme gestaan het teen 3 uur vanmore. Patricia de Lille se ID was in die vierde plek met 8 815 kruisies. Die VF Plus het 6 539 stemme en die IVP het 5 620.

Die tellery het kort na 9 uur Woensdagaand afgeskop, nadat stemlokale amptelik regoor die land gesluit het. Daar was egter 6 000 stasies wat hulle deure oopgehou het om kiesers wat ure lank tougestaan het tegemoet te kom om hulle stemme uit te bring.

Teen 3 uur Donderdagoggend het die OVK bevestig dat die laaste stemlokale hulle deure gesluit het in KwaZoeloe-Natal.

Die DA-leier, Helen Zille, loop voor in die provinsiale stryd in die Wes-Kaap waar sy hoop om premier te word. Zille was hoogs ontsteld oor die vertragings by sommige stembusse en het gesê sy is gereed om die "patetiese" OVK hof toe te sleep omdat stembriewe by 24 stasies in die Wes-Kaap en Gauteng opgeraak het.

Sy het gesê dat verlengde stemmery die ANC kan bevoordeel. Nadat nog tyd gegun is aan kiesers om hulle kruisies te gaan trek, het die ANC in plakkersgebiede buite Kaapstad diegene wat nie langer wou toustaan nie, teruggeroep.

Zille het Zuma tydens haar veldtog as 'm "gevaar vir demokrasie" beskryf.

Ontleders het die opkoms as "oorweldigend" beskryf, maar die OVK meen dat die grootste rede vir hulle logistiese probleme eerder die konsessie was wat op die laaste nippertjie geneem is om mense by enige stemlokaal van hulle keuse te laat stem in stede van waar hulle geregistreer is.

Brigalia Bam, voorsitter van die OVK, sê die beste nuus is dat daat geen stemintimidasie was nie. Cope het egter beswaar gemaak omdat 'n senior partylid by sy huis in Motherwell in die Oos-Kaap geskiet is.

автомойка автоматическая ценаФильчаков Харьков