Die ANC se posisie is besig om stadig maar seker te verbeter. Alhoewel die stemresultate stadiger inkom het dit vroeg Vrydagoggend, teen 3 vm, verder in die guns van die regerende party geswaai.
Die ANC staan nou op 67, 04% met 8,264,909 van die12,328,424 stemme reeds getel. Die DA is besig om stoom te verloor van die 16% hoogtepunt wat die party Donderdag bereik het en staan nou op 15.82% met 1,950,025 kruisies.
Cope is in die derde plek met 7.65%, oftewel 943,232 stemme.
Die ander partye het onbenullige persentasies behaal. Die tellery het Vrydagoggend merkbaar verstadig en slegs 165,205 stemme is tussen 12.55 en 3vm getel. In die Oos-Kaap is die tellery afgehandel en het die ANC met 69.50% gewen. Dit verteenwoordig 1,499,363 uit die 2,157,366 stemme.
Volgens die OVK het 77.31% van geregistreerde kiesers Woensdag hulle stemme uitgebring.
