ANC neem die voortou

Met die sluiting van alle stemlokale vroeg Donderdagoggend, wys die eerste uitslae dat die ANC 'n duidelike voorloper is. Die OVK sê met 1, 3% van die stemme getel, het die ANC 160 031 stemme, byna dubbel soveel as die DA met 83 287.

Die DA loop egter voor teen Cope wat op 21 608 stemme gestaan het teen 3 uur vanmore. Patricia de Lille se ID was in die vierde plek met 8 815 kruisies. Die VF Plus het 6 539 stemme en die IVP het 5 620.

Die tellery het kort na 9 uur Woensdagaand afgeskop, nadat stemlokale amptelik regoor die land gesluit het. Daar was egter 6 000 stasies wat hulle deure oopgehou het om kiesers wat ure lank tougestaan het tegemoet te kom om hulle stemme uit te bring.

Teen 3 uur Donderdagoggend het die OVK bevestig dat die laaste stemlokale hulle deure gesluit het in KwaZoeloe-Natal.

Die DA-leier, Helen Zille, loop voor in die provinsiale stryd in die Wes-Kaap waar sy hoop om premier te word. Zille was hoogs ontsteld oor die vertragings by sommige stembusse en het gesê sy is gereed om die "patetiese" OVK hof toe te sleep omdat stembriewe by 24 stasies in die Wes-Kaap en Gauteng opgeraak het.

Sy het gesê dat verlengde stemmery die ANC kan bevoordeel. Nadat nog tyd gegun is aan kiesers om hulle kruisies te gaan trek, het die ANC in plakkersgebiede buite Kaapstad diegene wat nie langer wou toustaan nie, teruggeroep.

Zille het Zuma tydens haar veldtog as 'm "gevaar vir demokrasie" beskryf.

Ontleders het die opkoms as "oorweldigend" beskryf, maar die OVK meen dat die grootste rede vir hulle logistiese probleme eerder die konsessie was wat op die laaste nippertjie geneem is om mense by enige stemlokaal van hulle keuse te laat stem in stede van waar hulle geregistreer is.

Brigalia Bam, voorsitter van die OVK, sê die beste nuus is dat daat geen stemintimidasie was nie. Cope het egter beswaar gemaak omdat 'n senior partylid by sy huis in Motherwell in die Oos-Kaap geskiet is.

автомойка автоматическая ценаФильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae