In ‘n verklaring wat ondenkbaar sou wees komende van die meeste sentrale banke, het dit voorgekom asof Gideon Gono, die goewerneur van die reserwebank ‘n pleidooi gemaak het om sy pos te behou te midde van toenemende kritiek.
Gono het gesê dit is tyd om “die verlede agter te laat” noudat Zimbabwe ‘n nuwe koalisieregering het wat toegewys is en wat die ekonomiese agteruitgang wil keer.
Die sentrale bankier het gesê hy het die geld wat hy geneem het as lening gegee aan verskeie ministeries, en die private rekeninge sal weer herstel word sodra die lenings terugbetaal is. Hy het gesê die bank se poging het “die land gedra” in sy uur van nood.
Gono se verklaring het getoon die praktyk is wydverspreid. Dit was verlede jaar vir die eerste keer genoem, toe die internasionale hulpagentskap Global Fund gedreig het om Zimbabwe se fondse om Vigs, TB en malaria te bestry af te sny, tensy die geld wat uit hulle rekening geneem is teruggeplaas word. Die sentrale bank het $7,3miljoen aan Global Fund terugbetaal.
Die stroop van buitelandse geld is net een van die kwessies wat bevraagteken word en waarvoor Gono skerp gekritiseer is.
Aanvalle op Gono is tans aan die oplaai die afgelope paar dae nadat hy sowat 50 gebruikte karre aangebied het vir nuwe regeringslui van beide Mugabe se party en Tsvangirai se MDC. Kontroversie oor die karre het gelei tot ondersoeke van die sentrale bank se werking, wat strek van die koop van eetgerei tot besighede wat Gono op die kantlyn bestuur.
In sy verklaring vandag, het Gono ‘n beroep gedoen op die nuwe lede om die karre terug te gee, maar gesê dat die aanbod in goedertrou gemaak is.
Gono het gesê dat hulle vir die karre gevra het sodat hulle oor die land kan reis om die boodskap van hervorming en nasionale rekonsiliasie uit te dra.
