Kernreus EDF huur privaatondersoekers

Dit is nie 'n toneel uit 'n spioenasiefilm nie, maar 'n alledaagse, wettige verskynsel: Die wêreld van privaatondersoek.

Die sakeman in die vyfsterhotel se sitkamer het geen idee dat 'n span van vier mense hom alreeds ure lank volg nie. 'n Vrou wat naby hom plaasgeneem het en oënskynlik verveeld deur 'n tydskrif blaai, is eintlik besig om na sy selfoongesprek in te luister.

Kargus Konsultante is maar een van duisende maatskappye in dié lukratiewe bedryf wat daarin spesialiseer om inligting te versamel, 'n duur en tydrowende werk veral as fisieke agtervolging ter sprake is. Van Kargus se kliënte is Nestlé en Chanel. Meer bekend nog is ondersoekmaatskappye soos Kroll. Rekenmeesters weer gebruik dikwels hul eie opgeleide spanne.

Die klein Britse maatskappy Kargus sê ten minste vier mense is nodig om een persoon te volg. Daarby moet 'n voertuig, verskillende stelle klere en hope tyd bygereken word. Een professionele spioen vra gemiddeld byna R800 per uur.

Welbekende metodes soos 'n kamera by 'n voordeur, waarvan joernaliste dikwels gebruik maak om bekende persoonlikhede te volg, is nie onwettig nie, volgens Kargus. Daarbenewens gebruik hulle oop bronne waaruit hulle genoeg inligting kan versamel.

Kargus is onlangs deur die Franse elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy EDF gehuur teen R130 000 per maand om die bewegings van anti-kernkragaktiviste soos Greenpeace te monitor. Die skuif van die Franse het wenkbroue laat lig omdat kernkrag 'n uiters sensitiewe aangeleentheid is wat deur die staat behartig word.

 
Amptenare van die EDF is intussen aangekla omdat hulle sogenaamd spioene aangestel het om op Greenpeace te spioeneer regoor Europa. Een van die aangeklaagde veiligheidsmanne ontken dat hy die Greenpeacenetwerk gekraak het, maar het erken dat Greenpeace en ander groepe sedert 2002 dopgehou word.
 
Frankryk worstel steeds met hulle openbare beeld rakende kernkrag vanweë die Rainbow Warrior, Greenpeace se vaartuig, wat in 1985 deur Franse intelligensie gesink is.
 
Die EDF-spioenasiekwessie is voorbladnuus in Brittanje waar die EDF kort gelede British Energy, die Britse kernmaatskappy, oorgeneem het. 
 
Brittanje is een van die lande waar kernkrag kwaai kritiek ontlok.

 

 

slots on lineлобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae