Sy het gesê die vrou is verlede Donderdag hospitaal toe gebring met geboortekomplikasies.
“Sy het ‘n geskeurde uterus gehad en is dood omdat daar nie na haar omgesien is nie,” het Hogan in Pretoria aan verslaggewers gesê.
Sy het gesê die weermag se nooddienste sal ingetrek word om te help in die staatshospitale indien dokters voortgaan met die staking.
“Ek het aan die minister van verdediging geskryf in die verband,” het sy gesê.
Dokters is tans op ‘n staking om salarisverhogings van op tot 50%, sowel as beter werksomstandighede.
‘n Stel voorstelle is gestuur na die openbare dienste se koordineringsonderhandelingsraad.
“Ons glo dat die proses as dringend afgehandel sal word. Dit sal ons toewyding aan werksplekverwante demokratiese prosesse toon met die vind van oplossings vir die uitdagings wat ons professionele mense konfronteer,” het Hogan gesê.
