IMF gaan goud verkoop

ImageLeiers van die G20 het die IMF se plan om 403 ton goud op die mark gesit, ondersteun. Die IMF sê hulle wil daarmee die wêreld se armste lande van hulp wees. Daarbenewens sal die goudprys laag gehou word wat sal meewerk om beleggers te oortuig om nie aandele te versaak nie.

Die IMF het in 'n verklaring gesê dat hulle die "addisionele fondse van goudverkope sal aanwend om finansiële konsessies aan die armste lande toe te staan". Die ondersteuning van lidlande dui daarop dat die plan later vanjaar goedgekeur sal word.

Die IMF beoog al sedert 2007 om goud te verkoop om hulle inkomste aan te vul en die balansstaat te versterk. Maar die plan moet deur 85% van hulle 185 lede goedgekeur word.

Die VSA, wat 17% van die fonds se stemkrag hou, het daarmee ook vetoreg. Amerika het die IMF intussen laat weet dat hulle die goedkeuring van die Kongres sal moet verkry om voort te gaan.

Die Amerikaans tesourie het verlede jaar aangekondig dat hulle goedkeuring deur die Kongres sal nastreef.

Die IMF hou meer as 3 200 ton goud en is die grootste houer in die wêreld na die VSA en Duitsland. Die IMF se goud kom van lidlande wat verplig word om 25% van hulle kwota goud aan die fonds te gee. Hierdie goud mag nie deur die fonds verkoop word nie.

Wat hulle wel van die hand mag sit is die addisionele 403,3 ton goud wat hulle deur buitemarktransaksies bekom het tussen 1999 en 2000. Lande wat toe rente moes betaal op IMF-lenings het dit soms in goud terugbetaal en daardie goud mag die IMF volgens hulle bepalings verkoop.

flower bridal headbandАлександр Фильчаков