Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners “hande sou vat” (om nou ‘n polities-korrekte Azanië-isme te besig.)

Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is nie. Blote getalle is geen versekering vir ‘n taal se oorlewing nie. Daar is baie meer Xhosas en Zoeloes in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is (digby die 16 miljoen in totaal vir die twee groepe saam), maar dit is ‘n feit dat beide Xhosa en Zoeloe op ‘n afwaartste trajek is, die oorweldigende getalle ten spyt. Bykans alle swart ouers dring aan op skoolonderrig in Engels. Bitter weinige akademiese geskrifte of letterkunde word in hetsy Zoeloe, hetsy Xhosa uitgebring.
Daar is andersyds amper presies soveel sprekers van die Baskiese taal as wat daar Afrikaners is, sowat 2,5 miljoen, maar die Baske se taal en kultuur floreer.

Die verskil tussen Xhosas en die Baskiese taal is natuurlik dat die Baske beide ‘n sterk sin vir nasionalisme het, en hul taal ‘n trotse deel van hul identiteit vorm, teenoor die Xhosas wat hulself byna skaam vir hul eie taal asook kultuur, en nie wil toelaat dat hul kinders in Xhosa opgevoed word nie. Die intelligentsia onder die Xhosas mors geen tyd om spoedig te verengels sodra hulle die geleentheid kry nie. Die Xhosas, wat waarskynlik voorheen die belangrikste deel van die ANC uitgemaak het, het agv Engelse sendingwerk in die Ooskaap ‘n soort Pan-Britse, multi-kulti, rigtinglose en grootliks betekenislose reënboognasie-identiteit begin aankleef.

Juis om hierdie rede is Naspers se nimmereindigende propagandaveldtog en misplaaste blydskap oor die enkele bruines wat hulle op louwarm en skynheilige wyse vir Afrikaans beywer (Lionel Adendorf en Christo van der Rheede, byvoorbeeld), uiters naïef. Dis louwarm want mens kan nie eens sê dat daar juis bruin deelname aan die stryd om Afrikaans is nie. Watter bruin stemme het opgegaan teen die gedwonge verengelsing van Hoërskool Ermelo? Watter bruin akademici se voorkeurtaal is Afrikaans? Jonathan Jansen steek weliswaar sy uiters irriterende preke teenoor Afrikaners af in Afrikaans, maar maak dan aanspraak daarop dat hy Engels as huistaal het. Ditto vir Cheryl de La Rey, die rektor van UP, wat om die dood nie Afrikaans wil praat nie. Dis skynheilig omdat daai einste sogenaamde bruin kampvegters vir die taal, nie skroom om hul eie kinders na Engelse skole te stuur nie. Dis alweer die ou storie: Moenie maak soos ons maak nie, maak soos ons sê.

Die stryd om die oorlewing van Afrikaans gaan oor meer as die blote praat van die taal. Dit gaan ook oor die behoud van ‘n kultuur en ‘n erfenis, waarvan Afrikaans ‘n integrale deel is. Wanneer die ANC dus Pretoria se naam wil verander, is dit ‘n aanslag op beide die taal Afrikaans maar ook op Afrikaners se kulturele erfenis. Ek sien geen bruin leiers opstaan en te velde trek teen die naamverandering van Pretoria nie. Waarop dui dit? ‘n Gebrek aan ‘n gedeelde kulturele erfenis, moontlik? Wat ek van die bruin kultuur sien, wissel van ‘n Arabies-beïnvloede Moslemkultuur tot by ‘n soort Amerikaanse ghetto-kultuur, kompleet met halfmasbroeke en straatrenne. Van ‘n gedeelde kultuur tussen die bruines en Afrikaners sien ek al hoe minder tekens. As iemand wil aanvoer dat ‘n blote gedeelde taal dít is wat mense saamsnoer, waarom beywer die Skotse Nasionale Party hom dan vir Skotse selfbeskikking?

Wanneer daar wel die louwarm bruin steun vir Afrikaans kom, wat Naspers so opgewonde maak, skep sulke steun dikwels groot agterdog by Afrikaners. Terwyl ek nou op die onderwerp is: Afrikaners is blanke Afrikaanssprekendes. Met laasgenoemde kategorisering sou min bruines verskil. Dis ondenkbaar dat Allan Boesak, Robert McBride, Trevor Manuel, Cheryl de la Rey of Jonathan Jansen hulself as Afrikaners aan iemand sou voorstel. Dit is slegs die skisofreniese, linkse blanke Afrikaner, wat een ding sê maar gans en al ‘n ander ding doen (hulle sal nooit in ‘n bruin buurt gaan woon of met ‘n bruin vrou trou nie) wat verward is daaroor.

Om terug te keer na die punt hierbo, wanneer daar wel bruin steun vir Afrikaans is, gaan dit dikwels gepaard met ‘n verskeidenheid eise en gedwonge skuldgevoelens. Afrikaners moet byvoorbeeld eers bieg dat hulle rassiste is (Jonathan Jansen se gunstelingstokperdjie) en hulle moet nimmereindigende verskonings vir slawerny en apartheid aanbied, voordat die bruines hul louwarm steun vir Afrikaans sal bied. Sodoende word daar grootskeepse agterdog gewek dat daar eintlik politieke agendas agter die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans sou wees. Daar is heelwat kodespraak vanuit die sogenaamde bruin kampvegters vir Afrikaans hieroor. Afrikaans moet glo “die baggasie van die verlede agterweë laat” (lees: Afrikaners moet ons plek ken en ons neerbuig voor die nuwe bruin en swart heersers van die land.)

Voorts is die bruin steun vir Afrikaans ook ietwat skisofrenies van aard, omdat die ANC se oorheersende ideologie van rassistiese transformasie tot die bruines se onregverdige voordeel is. Transformasie behels o.a. die etniese reiniging van blankes uit poste . Bykans al die rektore van Afrikaanse universiteite is gevolglik bruin. Is al daardie aanstellings suiwer op meriete, of het die ANC bruines gekoöpteer in sy veldtog van etniese reiniging van blanke mans, met die bruin rektore as gewillige meemakers in hierdie veldtog?

Transformasie behels egter ook, benewens die etniese teikening van blanke mans die moord op Afrikaners se kultuur en taal – die naamverandering van Pretoria en die veldtog teen Hoërskool Ermelo se taalbeleid, byvoorbeeld. Die bruines sit dus met ‘n dilemma. Rassistiese transformasie is tot hul voordeel wanneer dit by hul beroepslewe kom. Hoe kan hulle dan wil deel word van ‘n groter taalkulturele stryd teen transformasie, wanneer Afrikaans ook deel is van dít wat geteiken word, benewens blanke mans?

Laat Naspers dus maar gerus begaan met hul naïewe opgewondenheid oor die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans, steun wat al te dikwels met die albatros van verskuilde agendas om sy nek kom, en van Afrikaners verwag om gedweë ons plek as tweedeklasburgers te aanvaar, en nimmereindigende verskonings, ook van Afrikanerskinders wat na 1994 gebore is, vereis. Waarop ek sê: basta! Ek kruip voor niemand nie, veral nie Jonathan Jansen, Allan Boesak of Robert McBride nie. Afrikaans se oorlewing hang van jou en my, die Afrikaners, af. Dit sal in Pretoria se voorstede beklink word, nie op die Kaapse Vlakte nie.

Lees ook die res van Anton Barnard se bydraes op sy woernaal, SAmizdat.

архитектурного освещенияФильчаков Александр Васильевич

Naspers, ons IG Farben?

Nasionale pers (Naspers), wat ongeveer ‘n eeu gelede ‘n beskeie begin beleef het met die stigting van die Kaapse koerant, Die Burger, is vandag die grootste mediagroep in die land en moontlik onder die toptien ter wêreld. Hulle beskik oor belange dwarsoor die aardbol, in China, Pole en Brasilië en maak iets soos ses miljard rand wins ná belasting per jaar.

Naspers het gegroei van ‘n Afrikaneronderneming na ‘n globale maatskappy. Soos die ryk man wat sy kinderdae aan die verkeerde kant van die treinspoor probeer wegsteek, het die Afrikaneroorsprong van die maatskappy vir hom ‘n verleentheid geword. Die tradisionele koerante en tydskrifte wat Naspers aanhou publiseer en wat grotendeels deur Afrikaners gelees word, word nie meer as ‘n belangrike deel van die maatskappy se portefeulje beskou nie.

As multinasionale maatskappy koester Naspers ‘n kwalik bedekte minagting vir die Afrikanerverbruiker en -leser. Soos die Sunday Times in die sestiger- en sewentigerjare, wat elke Sondag Afrikaners beledig het in die wete dat hulle wel die koerant sal koop om ontstoke te raak, publiseer Nasperskoerante reeds jare lank erge aanvalle op Afrikanerhelde van weleer en word die publiek se geregverdigde woede oor misdaad, korrupsie en verval gereeld as manifestasies van “rassisme” afgemaak.

Die voorsitter van Naspers, mnr. Ton Vosloo, het op ‘n keer in Rapport verklaar: “Die begrip ‘Afrikaner’ gee aanstoot.”

Linkse en selfs ekstreemlinkse rubriekskrywers soos Max du Preez, Christi van der Westhuizen, Leopold Scholtz, Deon Maas, George Claassen, Jakes Gerwel, Hein Willemse, Jonathan Jansen, Henry Jeffreys, Ferdi Greyling en ander is konstant besig om hul eie Afrikanerlesers af te kraak, te beskuldig, te verkleineer en te verguis.

Terwyl die land verval het in iets tussen ‘n Zimbabwe en ‘n Rwanda, met daaglikse gruweldade – net eergister is ‘n een jaar oue babadogtertjie in haar ouerhuis aangeval en vir dood agtergelaat – hou die slimjankommentators van Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport vol om Suid-Afrika as ‘n demokratiese utopie te beskryf. Die oorsprong van alle kwaad in Suid-Afrika is nie swart geweld, gierigheid, korrupsie en wetteloosheid nie, maar wit rassisme of dan spesifiek Afrikanerrassisme.

Vandeesweek het Leendert van Oostrum in die leserskommentaarruimte op Nuus24 geskryf:

“Ons sit… in die midde van ‘n intense terreuroorlog waarin die hordes inderdaad (benewens kos) bloed soek. Maar Naspes hou vol om sy lesers te trakteer op vermaaklike, werklikheidsontekennende klopdansies deur ‘n Polyanna soos hierdie rubriekskrywer (Johan Swarts)… (D)ie soort dwase ‘denialism’ wat mens hierbo sien is m.i. disfunksioneel.”

Die rubriek van Johan Swarts waarna Van Oostrum hier verwys verteenwoordig ‘n reaksie op my stuk oor Eugène Terre’Blache: ‘n Moord te veel. Volgens Swarts wat iewers vanuit sy knusse wegkruipplekkie in die Kaap pontifikeer, verteenwoordig die gevoel van bedreigdheid en selfs vrees by Afrikaners oor hul toekoms in dié geteisterde land Hersenskimme in Dan Roodt se kop. Hy skryf:

“As sodanig het (Roodt) ‘n ou nasionalistiese narratief geherapproprieer sonder om werklik te erken dat dit ‘n uitgediende verhaal is. Toegegee: om Afrikaners te probeer saamsnoer met ‘n narratief is in sommige opsigte edel. Om dit egter ten koste van ander groeperinge te wil doen, is laakbaar.”

Al wat Swarts hier in kwasi-geleerde terme doen, is om Naspers se leuse te herhaal: die Afrikanervolk is dood en sal nooit weer opstaan nie. Enige beroep op ons roemryke geskiedenis van oorlewing in die aangesig van verskeie pogings, hetsy deur Dingaan se Zoeloes, hetsy deur die Britte, om ons finaal uit te wis, is futiel en selfs – soos hy dit stel – “laakbaar”. Al word ons vermoor, ons vroue en dogters verkrag, selfs ons babas aangeval deur lede van ander groepe, is ons veronderstel om die ander wang te draai en dit maar gelate te aanvaar.

Is so ‘n houding van apatie nie ewe patologies as die verskrikkinge wat ons elke dag in dié land ervaar nie? Insgelyks vandeesweek skryf Leopold Scholtz in Die Burger: Groepsdenke is verkeerd. Volgens hom is dit veral Afrikaners wat hulle daaraan skuldig maak. “Groepsdenke” word gedefinieer as: “jy skryf sekere – meestal negatiewe – eienskappe toe aan ander groepe buite jou eie, en skeer dan al die lede van daardie groep(e) oor een kam”.

Naspers se rubriekskrywers is nie eintlik goed onderlê in die wysbegeerte of logika nie. As eerstejaartjie het ek op universiteit geleer dat jy nie iemand anders se argument kan afskiet as joune dieselfde struktuur vertoon nie. Scholtz kla dat Afrikaners “ander groepe oor een kam skeer”, maar deur dit te sê, skeer hy ons mos insgelyks oor een kam!

Freud het ‘n boek geskryf met ‘n titel wat vir die hedendaagse Suid-Afrika uiters gepas sou wees: Zur Psychopathologie des Alltagslebens, oftewel, “Oor die psigopatologie van die daaglikse lewe”. Elke dag bevat die nuus in ons land voorbeelde van uiterste afwykings soos sadisme, leuenagtigheid, kleptomanie, xenofobie, ens. Maar ook: masochisme, die neiging om pyn en vernedering te geniet.

Behalwe om die Afrikaner se sin vir identiteit en samehorigheid te vernietig, is een van Naspers se oogmerke om van ons almal masochiste te maak. Hoe meer kranksinnig en patologies ons werklikheid raak, hoe meer is ons veronderstel om dit te geniet en soos idiote na die sokker uit te sien met ‘n onderbroekvlaggie wat op jou motor se dak wapper.

Vandaar dus die pleidooi wat ene Jan ver Maak (waarskynlik die skuilnaam van ‘n Naspersredaksielid) in verlede week se By, die nasionale bylaag by hul dagblaaie, lewer: Raak lief vir Malema.

Jan ver Maak beweer:

“Net soos Terre’Blanche lief was om uit die Bybel aan te haal, asook die dominee op sy begrafnis én daarna Stofsuier Hofmeyr, kan ek dit ook doen: ‘Jy moet jou vyand liefhê soos jouself.’

Dít is natuurlik effe te veel gevra. Malema liefhê?

My vraag is: Waarom nie? Hy is bloot ’n produk van omstandighede, iemand wat ly as gevolg van die wond in sy psige wat deur wit bevoorregting veroorsaak is.

Omhels hom, nooi hom om by jou te kom kuier, stort aalmoese uit na hom. Wat kan jy verloor?”

Met ander woorde, hoe meer bepaalde swart leiers “Dubula ibhunu” of “Skiet die Afrikaners” sing, hoe meer moet ons hulle lief kry. Die godsdiensrubriekskrywer van Beeld, Neels Jackson, sing by wyse van spreke presies dieselfde deuntjie  as hy vandeesweek skryf dat Malema se haatspraak teen Afrikaners net sal verander as ons “‘n positiewe gesindheid teenoor alle Suid-Afrikaners” handhaaf. Met ander woorde, die Jood in die spreekwoordelike konsentrasiekamp by Auschwitz kon sy lot vrygespring het deur net ‘n meer “positiewe gesindheid” teenoor die Duitsers te hê. Of volgende keer as jy in jou huis of op jou plaas aangeval word, draai net die ander wang, bedank jou aanvallers dat hulle die moeite gedoen het om vir jou te kom “kuier” en dan sal alles regkom.

As dit nie so tragies was nie, sou ‘n mens jou elke dag kon doodlag vir die snert wat jy in Nasperskoerante kan lees.

Aanvalle op babas, die moord op Eugène Terre’Blanche en 3 300 ander boere, die teregstelling van dogtertjies soos die vyfjarige Danielle Esterhuysen wat deur twee Zimbabwiërs op haar ma se skoot doodgeskiet is, dit alles is normale manifestasies van liberale demokrasie soos ons dit in Suid-Afrika beleef en daarvoor moet ons die ander wang draai en ‘n “meer positiewe gesindheid” kweek. Aldus Naspers.

Geweld is aanvaarbaar solank Afrikaners maar die gedweë, masochistiese slagoffers daarvan bly. Maar as daar nou een ding is wat Naspers nie kan verdra nie, is dit die taalstryd. Vandat ons tien of meer jaar gelede begin betoog en agtiteer het oor die ongelyke behandeling wat Afrikaans van die staat ontvang, asook die berekende uitfasering van Afrikaanse skole en universiteite, het Naspers nog altyd net giftige, sarkastiese kommentaar op die “taalbulle” gehad. Ons is as “ou gryskoppe met grys skoene” verguis. In Beeld of Die Burger – ek kan nie meer onthou watter een van die twee nie – is ek ‘n “taaltollie” genoem, want selfs die stereotipe benaming “taalbul” was nie beledigend genoeg vir iemand wat jou werklikwaar vir sy moedertaal Afrikaans omgee nie.

Toe die taalkwessie ‘n faktor raak wat die openbare mening betref, het Naspers weer ‘n ander rigting ingeslaan en die sogenaamde “rassekaart” gespeel. ‘n Mens kon jou wel oor die taalkwessie uitspreek, solank jy net nie wit is nie. Of solank jy net nie op Afrikaans fokus nie, maar op die “elf amptelike tale”, asof enigiemand al ooit vir ‘n universiteit in Xhosa of Tswana gevra het.

Juis gister skryf Tim du Plessis, redakteur van Beeld, in sy weeklikse rubriek: “Lees gerus môre Marida Fitzpatrick se ‘Onder vier oë’ met Lionel (Adendorf):

“Dis wonderlik dat Adendorf se klaarblyklike passie vir Afrikaans uiteindelik nou losgelaat word en oorgaan in aksie.

Weliswaar is dit sy afkeer van wat hy noem wit Afrikaners se taalstryd wat hom tot aksie aangespoor het.”

Adendorf, ‘n ANC-lid en staatsamptenaar wat as skakelbeampte vir minister Noluthando Mayende-Sibiya werk, word deur Beeld beskryf as ‘n Jong bul in die taalstryd en Du Plessis beskou hom as ‘n moontlike redder van Afrikaans.

Net jammer Lionel Adendorf se kind praat of verstaan nie Afrikaans nie. Sy vrou is ‘n Xhosa, dus is hul huistaal Engels. Eendag gaan die driejarige Lumile Adendorf nog Afrikaans leer en dan sommer ‘n Afrikaanse skool en universiteit bywoon, as so iets teen daardie tyd nog bestaan.

Die feit dat hierdie “nuwe taalstryder” se huistaal nie eens Afrikaans is nie, is ‘n nietigheid. Tim du Plessis popel oor Lionel Adendorf se “Forum vir Swart Afrikaanssprekendes”: “Nou is daar uit ’n splinternuwe oord nog kampvegters vir Afrikaans. Dit kan mettertyd die hele tekstuur van die veldtog vir die behoud van Afrikaans verander.”

Adendorf se vereniging is glo gestig nadat hy my op ‘n oggendprogram op SABC2 gesien het. Soos hy dit in sy onderhoud met Beeld stel: “Dit het alles een Maandagoggend begin terwyl hy hier gesit en TV kyk het.

Dr. Dan Roodt van Praag was ’n ateljeegas op ’n oggendprogram ‘en toe praat hy namens alle Afrikaanse mense en Afrikaners en hy vermeng die tweetjies en ek sit hier en ek raak boos, want ek is Afrikaans, maar ek is nie ’n Afrikaner nie’.”

Trouens, volgens Adendorf het Afrikaners, nadat hulle anderhalf eeu lank ‘n taalstryd gestry het, 300 woordeboeke, Bybelvertalings, asook ‘n hele letterkunde, regspraak en geskiedenis in die taal geproduseer het, dit “vergiftig”. Hy stel dit so:

“Die taal het aansien verloor omdat die debat oor die taal vergiftig was deur die invloed van Afrikaner-nasionalisme.

Die forum het ten doel om dit te ontgif. Dit is die taal van nie-rassigheid, dit is die taal van versoening.”

Dit alles klink seker soos musiek in die ore van die Naspers-propagandiste. Stel jou voor: Afrikaans moet “ontgif” word want daar was te veel “wit mans” wat hulle met die taal bemoei het. Twee van die wit mans wat deur Adendorf in ‘n Burger-artikel uitgesonder word, is: “prof. Hermann Gilliomee van die US, en Dan Roodt, omstrede regse figuur”.

Naspers hou daarvan om etikette op mense te plak en die term “regse” is al die afgelope vyftig jaar ‘n gunsteling. As jy iemand met dáárdie teerkwas kan bykom, dan het jy so te sê die persoon se hele toekoms vernietig.

Die absurditeit van ‘n Afrikaanse “taalstryder” wat hom rig, nie teen Engelse taalimperialisme of owerheidsvyandigheid teen die taal nie, maar teen Afrikanertaalaktiviste en wie se eie kind nie eens Afrikaans verstaan nie, is so lagwekkend dat dit in ‘n satire of klug tuishoort.

Ongelukkig bestaan daar in Suid-Afrika ‘n nare werklikheid wat nie langer deur gemeenplasige skeltaal verdoesel of besweer kan word nie. Die land verkeer in ‘n laegraadse etniese konflik met geweld en rassespanning wat elke dag toeneem. Al was Naspers tien keer groter en magtiger as wat die maatskappy reeds is, kan hy eenvoudig nie aan hierdie werklikheid verander nie.

Op ‘n manier is Naspers reeds geïntegreer by die ANC en ZANU PF se wêreldbeskouing, by Malema en Mugabe se ewe absurde logika. Tydens Debra Patta se fameuse onderhoud met Malema, het hy beweer dat “Tokyo Sexwale arm is, hoewel hy oor miljoene in die bank beskik”. Net so dink Mugabe dat grondhervorming in sy land ‘n reusesukses is.

Dat Naspers se horde rubriekskrywers meen dat sadistiese Suid-Afrika ‘n normale, funksionele “demokrasie” is waar slegs ‘n “meer positiewe gesindheid van Afrikaners” die tierende geweld, onreg en korrupsie gaan stop, is deelagtig in dieselfde wêreldvreemde en siek logika.

Persoonlik is ek daarvan oortuig dat verandering in ons land nie meer ver is nie. Dit kan eenvoudig nie so aangaan nie. Een of ander tyd móét die damwal breek. Indien Afrikaners egter oor media, benewens die internet, beskik het wat ‘n konsekwente, helder standpunt kon inneem, sou verandering veel gouer kon plaasvind. Duisende lewens sou gered kon word. Daar sou veel gouer ‘n einde gemaak kon word aan diefstal, omgewingskade, selfverryking uit die staatskas, asook die haatspraak wat groepe teen mekaar opsweep.

Op grond van die keuses en standpunte wat Naspers, sy direksie en kommentators reeds ingeneem het, kan ‘n mens sê dat die maatskappy net so ‘n hegte band met die huidige orde onderhou as wat IG Farben met die Nazisme gehad het. Reeds gaan daar internasionaal onder denkende mense die kreet op dat ‘n volksmoord tans teen Afrikaners en Boere in Suid-Afrika gepleeg word.

Baie Afrikaners praat van ‘n Nürnberg-verhoor wat moet plaasvind om diegene te verhoor wat die huidige onreg teen ons pleeg, asook hulle wat daaraan medepligtig is.

In welke mate Naspers self medepligtig aan menseregtevergrype teen Afrikaners sou wees, is ‘n interessante morele, politieke en regsvraag wat in die nabye toekoms aan die orde mag kom.

районная стоматологическая поликлиникаФильчаков прокурор

Uiteindelik! ‘n Maxvrye naweek

Uiteindelik! ‘n Maxvrye naweek.

Nou nog nie heeltemal nie. Hier en daar is Max nog opgerakel om hom in die Afrikaanse pers te looi oor die donkievye wat hy, Max, so oor naweke as “juweeltjies” aan Afrikaanse redakteurs opgedis het.

Dié week was dit darem duidelik dat minstens een redakteur, Tim, genoeg gehad het van Max se halfbekookte skryfsels.

Die gevolg was dat die Ore se naweek na Vrydagaand, toe die Rosestad Reds geverf is, darem nie heeltemal wanklankig geraak het nie.

Mag dit nou sommer ook die einde wees van liberale soortgenote wat nou in die mode verval het om mekaar te probeer oortref in hul ywer oor wat alles in die land (gaap) verkeerd is, wie die meeste al (gaap) onder misdaad deurgeloop het, maar steeds ‘n goeie liberalis te bly (gaap, snork). En dan sommer ‘n paar “wenke” aan die hand te doen oor hoe om dinge reg te ruk (gee pad, daai “kerrievleis” met die klankie wat ek die slag as dienspligtige moes eet het pas erg begin werk), soos om beginselvas liberaal te bly, hard te werk en nie saam te staan nie.

Max spesialiseer daarin om met sy intellektuele meerderes te gaan skoorsoek. Gewoonlik, soos Ouma Beskuit Blik altoos gesê het, skoon uit wans uit. Sou Max nou die Gilden geleentheid benut het om buite sy diepte te gaan skoorsoek en uiteindelik sy hand oorspeel het?

Ongelukkig meen ek, Blik, dat Max nog ‘n sterk vroulike fênklub, die NPFRK (Nasionale Pers Feministiese Redakteursklub) het – dat die arme lesers nog steeds gereeld aan sulke Maximale pot tjsôl uitgelewer gaan wees.

Tim meen Max en vennote het in die verlede vasgehaak, en weet nie hoe om hulle by die nuwe omstandighede (ek meen dis by die vrug van hul arbeid) aan te pas nie.

As daar nou ‘n Afrikaanse skrywer is wat die “papiere” het dat hy deel van die struggle-era was, is dit nou Breyten Breytenbach. Hy was tjoekie toe vir sy aandeel in die Atlas-Okhela-spulletjie. Jan Rabie skryf in sy boek, ‘n Boek vir Onrus, hy meen Breyten se naïwiteit het die oorhand gekry. Nou word Breyten hier en daar en oral aangehaal oor hoe mistroostig hy is oor wat hy nou help aanvang het.

Maar minstens, ek is byna-byna oortuig Breyten se ontgogeling loop Max-hulle met dekades vooruit. Volgens my herinnering het Die Burger jare gelede, toe pres. Nelson Mandela in die parlement ‘n spiets afgesteek, geskryf dat Breyten in die openbare galery was en met die uitstapslag aan joernaliste gesê het..”en almal weet hy lieg deur sy nek.”

Maar ek kan dit nie met my hand op die Bybel sê nie, want ek kan so ‘n berig glad nie op enige Naspers elektroniese argief opspoor nie. Net soos die berigte wat ek nie kan kry nie oor die lang lyste van kriminele rekords waarmee Wes-Kaapse en Vrystaatse polisielede “spog” nie.

Maar ek meen al lank Afrikaanse letterkundeskrywers, die skeppers van ware prosa en poësie, het hul “gewete van die volk” verloor en is maar stram om die teenswoordige wanpraktyke, plaasmoorde, dienslewering wat in dui stort, wonderkure teen Vigs soos stort, en kondome wat op die land gestort word, as deel van die land se historiese letterkundige oeuvre op te teken.

Nee, om oor olie apartheid te skryf was darem te lekker om nou onder daai “comfort zone” te moet uitkruip. Nou moet die spotprenttekenaars die toon aangee.

 

медицинская справка 86Александр Фильчаков

Banggatte, verdaag asseblief!

Mens kan nogal of heel bemoerd of erg naar of sommer net die bliksem in raak indien jy iets lees van iemand soos Henry Jeffreys.

Hoekom moet geld inbetaal word in ‘n bankrekening van die plaaslike munisipaliteit as raadslede dan die geld vat en partytjie hou wat soms tot R15000 per kop kos, of hulle Mercs en BMW’s en 4X4’s inneem vir dienste, nuwe bande koop en om hulle nepotisme verder uit te brei?

Dan sit ons met die holruggeryde gevolge van geen water want die pype lek vir dae en weke aanmekaar, die swartsakke lê opgehoop en die paaie lyk soos die beste 4X4-roetes wat daar is.

Omkopery en bedrog vind daagliks plaas. Die staatsklinieke in Bloemfontein en omgewing so ver as Koffiefontein en Jacobsdal het nie net geen anti-TB en ARM nie, maar ook geen gewone antibiotika en pynmiddels nie. Daarvan het ek genoeg bewyse, vra maar.

Ons moet net eenvoudig nie meer geld aan die wolwe oorbetaal nie.

Ek wens ek kan net hierdie gedagte in mense se koppe kry. Banggatte het ons eenvoudig nie meer nodig nie.

дренажный насос купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

FW de Klerk, die geostrategiese nar

Die polemiek rondom FW de Klerk se oorgawe in die vroeë negentigerjare woed steeds voort. De Klerk se ondersteuners raak al hoe groter absurditeite kwyt, soos byvoorbeeld: al is die gevolge van die De Klerk-Meyer-oorgawe aan die ANC sleg, was die daad op sigself ‘n goeie ding. Ekskuus? Dis soos om te sê: o wel, die pasiënt is op die operasietafel dood, maar die operasie self was “geslaag”.

In die gange van die Nasperskoerante moet daar konsternasie heers, want vir twintig jaar of langer is die Afrikaner se denke vanuit Heerengracht, Kaapstad beheer. Ons Afrikaners het Beeld, Rapport en Die Huisgenoot gelees, alles vir soetkoek opgevreet en soos skape vir die Nasionale Party gestem, denkende dat die Broederbond, NP en Naspersredakteurs ons toekoms op die hart dra en “weet wat hulle doen”.

Vir die eerste keer in dekades besef die gemiddelde Afrikaner waarskynlik vandag dat hy liederlik vir die gek gehou is en wemel koerantbriewe en internetkommentare van ontnugtering, selfs wanhoop. Tim du Plessis probeer in vandag se Beeld wal gooi teen dié golf van ontnugtering wat oor die Afrikaanse media spoel deur De Klerk se kritici as “‘n klompie suur, wit regses” af te maak.

De Klerk is die liefling van Naspers en die steeds deur Afrikanerhaat besete Britse media. In hulle oë is FW ‘n held omdat hy ‘n einde gemaak het aan die Afrikaner se vryheidsideaal wat vanaf 1790 geduur het en ons finaal “geïntegreer” het by die Engelse “reënboognasie” wat hulle so graag in Suid-Afrika wou sien.

Ongelukkig is ek van mening dat die openbare beeld en reputasie van FW de Klerk ná die spontane volksuiting van die afgelope paar dae soveel skade gely het dat hy soos ‘n dronk geslane bokser in die kryt waggel. In die gehoor juig al sy joernalistieke ondersteuners nog, maar ek voorspel dat hy binnekort soos ‘n os gaan neerslaan.

Die Franse beskik oor ‘n mooi uitdrukking vir die finale slag of uitklophou: die coup de grâce, om iemand uit sy lyding te verlos deur hom die genadeskoot te gee.

Ek wil vandag hier vir Tim du Plessis en Max du Preez en die Naspersdireksie en al FW de Klerk se lojale media-ondersteuners sê dat hulle held nou liefs sy handskoene moet ophang en van die toneel moet verdwyn. Hulle moet ook ophou om hom op te hemel, want die foute wat hy begaan het, is onverdedigbaar, krimineel. Die geskiedenis oordeel reeds baie hard oor hom en gaan vorentoe nog meer ongenaakbaar wees.

Oor een ding sal ek met De Klerk se juigkommando saamstem: dié man is ‘n historiese fenomeen. Nie net omdat hy waarskynlik die grootste Afrikanerverraaier van alle tye is nie, maar ook omdat hy ‘n geostrategiese hanswors is.

Toe die Berlynse muur val en die Oos-Berlyners oor die Glienickebrug stroom, het die geskiedenis aan De Klerk ‘n sonderlinge geleentheid gebied om sowel sy land as die hele subkontinent van die kommunisme en ander radikale, sosialistiese ideologieë te verlos. Dis tog waaroor ons die Angolese oorlog geveg het en waaroor ons miljoene rande aan die tuislande en aan UNITA bestee het, in ‘n poging om gematigde swart bondgenote in dié wêrelddeel te ondersteun ten einde ons te vrywaar van die rooi verskrikking wat in Oos-Europa, China, Kuba en elders tot die dood van 100 miljoen mense in die twintigste eeu gely het.

Kortom: De Klerk het ‘n geostrategiese geleentheid in ‘n ramp omskep. Pleks daarvan dat hy die slag wat die radikales in 1989 ontvang het, gebruik het om van die hele Suider-Afrika ‘n veiliger en meer welvarende plek te maak, het hy soos ‘n harlekyn voor die TV-kameras aan die radikale ANC-SAKP oorgegee.

Op 2 Februarie 1990 het De Klerk oor ses atoombomme en die magtigste weermag in Afrika beskik. Met die ineenstorting van die kommunisme in Oos-Europa en die ANC se gepaardgaande verlies aan bondgenote, wapens en ondersteuning, was dié organisasie soos ‘n bobbejaan op ‘n tak wat so pas afgesaag is. Binne enkele maande sou die ANC tesame met die Kommunistiese partye van Oos-Europa permanent van die toneel af verdwyn.

Kuba, wat deur die Sowjetunie met wapens en energie gesubsidieer is, sou binnekort op sy knieë wees, sonder petrol of valuta om enigiets in te voer. Dat Kuba se militêre avontuur in Angola, wat die Marxistiese MPLA in daardie land aan bewind gehou het, op ‘n einde was, sou selfs ‘n blinde kon raaksien.

Indien Suid-Afrika maar net oor ‘n middelmatige staatsman as president in 1990 beskik het, sou hy ingesien het dat hier nou ‘n ongekende geleentheid was om ‘n nuwe orde van konserwatiewe wit en swart bondgenote te skep met die Afrikaners in Suid-Afrika, asook die tuislandleiers en hul volgelinge, die DTA in Suidwes, die gematigde Tswanas van Botswana, UNITA in Angola en moontlik ‘n nuwe party soos Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering in Zimbabwe wat beheer in daardie land kon oorneem.

PW Botha se “konstellasie van state” of selfs ‘n Suider-Afrikaanse konfederasie was ‘n sterk moontlikheid.

Wêreldkommunisme was op sy sterfbed en daarmee saam die kommunistiese of radikale linkse bewegings in Suider-Afrika. Maar wat doen De Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer? Hulle werp ‘n lewensboei na die “comrades”! Benewens al die rampspoedige binnelandse gevolge van De Klerk se oorgawe, verdoem hy die hele Suider-Afrika tot ‘n kommunistiese hegemonie met al die radikale bewegings aan bewind in die volgende lande:

Angola – MPLA

Suidwes/Namibië – SWAPO

Zimbabwe – ZANU-PF

Mosambiek – Frelimo

Suid-Afrika – ANC-SAKP

As gevolg van De Klerk se geostrategiese sotterny, woed ‘n burgeroorlog in Angola waardeur die land jare lank verwoes word. Jonas Savimbi, die dapper en charismatiese leier van die Ovimbundu, die grootste etniese groep in Angola wat feitlik op sigself die meerderheid van die land se bevolking verteenwoordig, word uiteindelik soos ‘n hond deur ‘n sluipmoordenaar doodgeskiet. Onder Frelimo se radikale, linkse regering is Mosambiek op ‘n stadium tot die armste land ter wêreld gereduseer. In Namibië kom SWAPO met fanfare aan bewind, verbied Afrikaans en stel grondhervorming in.

In Zimbabwe verdryf ZANU-PF met Robert Mugabe aan die stuur al die blankes uit die land, verwoes die ekonomie en veroorsaak dat vier miljoen ekonomiese vlugtelinge in Suid-Afrika beland.

Sonder die volgehoue steun van die ANC in Suid-Afrika, wat aan hom valuta, voedsel en elektrisiteit verskaf, sou Robert Mugabe nie drie maande gehou het nie.

Terwyl De Klerk die 240 miljoen mense wat in die lidlande van SAOG (die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap) woon tot ‘n vorm van kommunistiese oorheersing verdoem, steek hy in Suid-Afrika sy generaals in die pad, laat die atoombomme afbou en oorhandig sonder slag of stoot die sleutels van die Uniegebou aan die ANC!

Ongelooflik! Afgesien van Don Quijote wat sy windmeulens bestorm het, was daar nog nie so ‘n groot gekheid in die wêreldgeskiedenis nie.

Wat sou die ekwivalent in Europa gewees het? ‘n Mens moet regtig rondsoek in jou verbeelding en allerlei kinderlike moontlikhede oorweeg. Maar gestel De Klerk was president van Frankryk in 1990. Hy sien hoe Duitsland herenig word onder kapitalisme en Rusland wat insgelyks van kommunisme afstand doen onder Gorbatsjof se perestroika, met die volksoewereiniteit van Pole, Tsjeggië, Hongarye, ens. wat herstel word.

Hierop roep De Klerk die kwynende Franse Kommunistiese Party, met sommer daarby ‘n paar uitgeweke Italiaanse terroriste van die Rooi Brigade en ander bomplanters in en sê: “Man, ek sien julle kommuniste kry deesdae swaar in die wêreld. Maar vat hierso, hier is ‘n dokument wat ek geteken het. Van nou af aan is julle in bevel van die vloot, die weermag, die lugmag. Die staatsradio en -televisie is ook julle s’n. Gebruik dit goed: saai al die propaganda uit wat julle wil; oortuig die bevolking daarbuite dat kommunisme en sosialisme iets wonderliks is. Ons sal julle help.”

Natuurlik is so iets belaglik en onvoorstelbaar, dat die ineenstorting van kommunisme in Oos-Duitsland en Rusland tot ‘n kommunistiese oorname in Frankryk kon lei, maar dit is presies wat De Klerk en sy “onderhandelingspan” in Suid-Afrika en Suider-Afrika reggekry het. Hulle het die ANC en SAKP in 1990 van die hartlongmasjien afgehaal en nuwe lewe in die kommunistiese Frankenstein geblaas, met die rampspoedige gevolge wat ons vandag ervaar.

Soos hulle sê: die werklikheid is vreemder as fiksie.

As ‘n mens bietjie terugstaan van die onmiddellike situasie en na die groter prentjie kyk, dan gaan De Klerk se sotlikheid die verstand te bowe!

Pleks daarvan dat hy in 1990 enkele maande gewag het dat die ANC se bankrekening in Londen opdroog, dat Umkhonto we Sizwe se Oos-Duitse en Russiese instrukteurs na Berlyn en Moskou teruggeroep word en die organisasie, in Trotski se gevleuelde sinsnede uit 1917, “in die asblik van die geskiedenis, waar hulle hoort” verdwyn, oorhandig hy die Uniegebou, die SAUK, die weermag, Eskom, Transnet, die Landbank, ons munisipaliteite, skole, universiteite, de lot, aan die terroristebende wat besig was om hul finansiële en militêre steun uit Oos-Europa te verloor.

Aan die ANC sê hy by implikasie: voer jule oorlog teen die Afrikaner met die middele van die Afrikaner!

Selfs Zimbabwe kan op De Klerk se brood gesmeer word, want was dit nie vir sy gekke oorgawe nie, sou ‘n Suid-Afrikaanse president by sy volle positiewe lankal ons weermag in Zimbabwe ingestuur, Mugabe afgesit en vir oorlogsmisdade verhoor het en die land weer tot sy voormalige glorie en voorspoed herstel het.

Met al die wapens wat die Arikaneringenieurs van Krygkor besig was om in 1990 te ontwikkel – onder andere die Rooivalk-aanvalshelikopter – en met die Kubane en Oos-Duitsers op pad huis toe, sou ons die oorlog in Angola lag-lag gewen het en waarskynlik ‘n gemagtigde, demokratiese bewind in daardie land gevestig het.

Die sosialisme het in November 1989, moontlik vir altyd, ‘n geweldige knou gekry. Wêreldwyd het sosialistiese partye gekwyn en kommunistiese partye verdwyn. Daarom, net soos wat die meeste lidlande van die Europese Unie vandag deur sentrumregse of Christelik-Demokratiese partye geregeer word, sou Suider-Afrika ná die rooi aanslag deur gematigde regerings gelei gewees het.

Die Kaap sou weer Hollands gewees het.

Pleks van die geopolitieke geleentheid van 1990, soos soveel ander leiers ter wêreld, met albei hande aan te gryp en hul volke van kommunisme te bevry, het FW egter presies die teenoorgestelde keuse gemaak. Met sy handjie wat in Mandela s’n vasgeklem word, het hy vír radikalisme, revolusie, transformasie en die res van Marx, Engels en Lenin se drekkige idees gekies.

Vandag ly ons, die Zimbabwiërs en die 200 miljoen mense van Suider-Afrika daaronder.

As FW soos Bram Fischer ‘n oortuigde kommunis was, sou ek nog respek vir hom gehad het. Maar hy is net ‘n Dopper van Potchefstroom wat goedgelowiges met naïewe sêgoed en clichés oor “demokrasie” vermaak.

Geostrategies is De Klerk veel meer as ‘n amateur. Nie net in die Afrikanergeskiedenis nie, maar in die wêreldgeskiedenis, moet hy as die grootste gek van alle tye gereken word.

Dat hy hom tans met ‘n verdere hansworsery oor Afrikaans besig hou, asof die taal nie die doodskoot gekry het die dag toe hy die ANC carte blanche gegee het om hulle revolusie oor ons te kom voer nie, bewys eintlik net dat hy ongeneeslik is. Hy kan nie eens sy nuwe vrou kry om Afrikaans te praat nie, wat nog te sê die taal red.

Suid-Afrika het, soos meer en meer mense besef, ‘n volslae sirkus geword. Ons moet egter net onthou wie die hoofnar was wat die bende makabare grapmakers uit hul hok op ons losgelaat het: Frederik Willem de Klerk.

play ikДанильченко Юрий Брониславович

Die werklike rede vir Arthur se bedanking

Beeld en Naspers raak toenemend soos Thabo Mbeki oor vigs – hulle verkeer in ‘n staat van ontkenning oor hoe sleg dinge in die land gaan, veral waar dit kom by die regime se anti-blanke rassisme.

Vandag is Beeld se hoofartikel ‘n lang relaas oor die sogenaamde tweespalt tussen Mickey Arthur en Graeme Smith, wat luidens Beeld glo tot Arthur se bedanking gelei het. Beide Smith en Arthur ontken dit egter. Beeld lieg maw soos ‘n tandetrekker.

Waaroor dit eintlik gaan, die olifant in die kamer wat Beeld te stiksienig is om raak te sien, is eintlik die feit dat die rassistiese bestuur van Krieket SA onhoudbare druk op Arthur geplaas het om kwota-passasiers by sy span in te sluit. Arthur kon eenvoudig nie meer die politieke inmengery duld nie.

Welgedaan, Beeld. Speel lekker viool terwyl Rome brand.

ручной пневмоинструментtopcargo

Kom ons help bou aan praag.co.za in 2010!

Vanoggend toe ek so deur Rapport, Beeld en Die Burger kyk, merk ek op hoe hierdie Nasperskoerante 360 grade omgeswaai het van beriggewing deur hulle beeld na buite aan te pas om steeds in beheer van die Afrikaner se denke te bly.

Ons moet onthou dat Naspers deur die ANC beheer word met behulp van swart eienaarskap en swart direkteure.

As getroue Praag-ondersteuners het ons as blankes ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself deur bewusmaking van ons Praagkoerant se bestaan so wyd menslik moontlik te versprei – veral deur e-pos en die net.

Vervolgens moet ons verdraagsaamheid toon teenoor andersdenkendes deur met respek vir hulle standpunt te reageer met goeie, eerbare argumente.

Ons het elke blanke Afrikaner nodig om ons selfbeskikking te realiseer en ons gaan dit nie bereik deur besoekers te vervreem met aggressie nie – maar wel deur diesulkes in te trek in gesprek deur logies beredeneerde argumente.

Kom ons help bou aan Praag tot die sterkste Afrikaanse koerant vir die Afrikaner deur Afrikaners in 2010!

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om almal ‘n baie voorspoedige en geseënde Nuwejaar in 2010 toe te wens.

погремушкиФильчаков прокуратура харьков

Naspersjoernaliste se swaksinnigheid peil nuwe dieptes

Net as ek gedink het dit kan nie erger word nie, oortref Naspers homself weer met sy kruiperige gedienstigheid aan die altaar van transformasie en politieke korrektheid.

En, laat ons nie doekies omdraai nie, Naspers is veral smoorverlief op die selfaangestelde Afrikanermessias, Jonathan Jansen. Jansen, die land se voorste kwota-akademikus, se prekerige sotlikhede, meestal op ons “rassistiese” Afrikaners gemik, verskyn week ná week in die Beeld, Die Burger en Rapport. Jansen moet nog net berigte oor sport begin skryf vir hierdie liefdesverhouding om sy logiese uiteinde te bereik.

Hierdie week se hoofberig in Rapport is ‘n kruiperige lofsang, soortgelyk aan Salomo se Hooglied, aan die brulpadda-agtige Jansen. Dit loop oor van stroperige twak soos die volgende: “Jansen se skitterende akademiese loopbaan hier en oorsee boesem vertroue in, en benewens daardie voortreflike stamboom bring hy soveel meer.” Asseblief, bring vir my tog net een van daardie papiersakkies vir passasiers wat op ‘n vliegtuig naar word!

Wat Rapport genoop het om Jansen se gulp opnuut te wil oopruk, is Jansen se besluit om die klagtes teen die Reitzhuisstudente te laat vaar. Die swape by Rapport is lelik om die bos gelei deur wat die Engelse Jansen se “spin doctoring” sou noem. Dit is slegs die swaksinnige redaksie van Rapport wat nog nie vir hulself kon bedink dat daar van meet af aan geen saak teen die Reitzhuisstudente was nie.

As ek die leser mag herinner, toe die klagtes teen dié studente ingedien is, was daar reeds onsekerheid oor presies waarvoor hulle aangekla sou word. Die skoonmakers wat aan die video deelgeneem het, het immers vrywillig so gemaak en inderdaad laggend saamgespeel. Dit is natuurlik in teenstelling met swart opdrifsels wat hulself gereeld skuldig maak aan kwaadwillige vernietiging en brandstigtery by universiteite, en wat selfs doodsdreigemente teen blanke studente opper soos wat onlangs by Tukkies gebeur het. Hieroor swyg Naspers natuurlik soos die graf. As ‘n blanke landdros die Reitzhuissaak aangehoor het, sou dit uit die hof gelag gewees het, tot Jansen en die klaers se groot verleentheid.

Jansen se ruimhartigheid was dus niks van die aard nie. Hy het bloot besef wat Rapport se redaksie te gestrem is om te besef: daar was van meet af aan geen saak nie. Rapport kon egter nie wag om weer eens hul lofliedere aan hul gunsteling mak bruine, Jansen, te besing nie. Hoe kinderlik naïef kan Rapport se redaktrise wees, selfs gemeet aan die lae standaarde van haar medejoernaliste by Naspers?

машинки на радиоуправленииАлександр Фильчаков прокурор

Swart dwaling en wit woede, deel 2

In dié tweede aflewering van Swart dwaling en wit woede, skryf Gustav Venter: “As hulle en die algemene media besef het hoe diep, hoe smeulend, hoe wyd die Afrikanerwoede is, sou hulle elke dag, elke minuut, met elke nuusbulletin, op elke TV-kanaal en radiostasie en in elke koerant sonder ophou gewaarsku het: Die Afrikaner is kwaad. As hulle maar net hulle marxistiese, formulegebabbel sal staak. As hulle maar net sal vra wat staan die regering te doen om die sissende magma van Afrikanerwoede af te koel…”

Eenkeer, met sy bergfiets uit op ‘n kronkelpaadjie, toe hy stop om agter ‘n bos te gaan staan, kom hy op ‘n ou plastiese LO-sak af, so ‘n rooie met ‘n gebreekte skouerband en ‘n losgetorringde ritssluiter. Nuuskierig genoeg om die inhoud te ondersoek vind hy ‘n opgerolde sweetpakbaadjie, ‘n Rama-bakkie met drie gholfballe van alle dinge, helfte van ‘n Sydney Sheldon-riller en ‘n ou polisieuitgawe Walther P38 daarin. Sy eerste instink was om die pistool by die polisie te gaan inhandig, maar teen die tyd was hy ook al skepties en onwillig om ‘n vuurwapen via onetiese polisiehande terug op die roof-en-skaakkringbaan te kry. Hy kies om eerder die pistool te gaan versteek.

Die Dag van die Laaste Strooi, toe hy hoor van die ou tannie wie se vingers brutaal deur ‘n inbreker met ‘n snoeiskêr afgesny is, het hy die pistool gaan uitgrawe, skoongemaak, geolie en ‘n paar skote op ‘n verlate mynhoop daarmee gaan skiet. Die ontwerp daarvan was nooit die beste nie en die wapen self was in bedenklike toestand, met ‘n ietwat geslyte loop. Maar dit was akkuraat genoeg vir sy doel. Hy pak daarna sy motor, vul die brandstoftenk en kry koers Noorde toe.

Onderweg spoor ‘n vriend hom per selfoon op. Waarheen is hy op pad? wil die vriend weet.

Hy sê hy is op pad Naboomspruit toe om daar by die landdroshof te wag tot die dierlike aanvaller verskyn sodat hy hom tussen die oë kan skiet.

Die vriend, dadelik oortuig van die erns van die bedoelings, begin beswaar maak.

Wat sal dit help? Hy sal net sy eie lewe opoffer, en vir wat? Daar is duisende ander sulke geweldenaars. Hulle kan nie almal geskiet word nie.

Alles is waar. Hy verstaan dit so, maar sê hy: “Ek kan nie langer met myself saamleef as ons hierdie dinge maar net laat verbygaan nie. Watse soort mense is ons dat ons kan toelaat dat ons oumensies se vingers met snoeiskêre afgeknip word?”

Selfs buite konteks is hierdie ‘n vraag wat dwarsdeur Afrikanergeledere ‘n verslae gemoedskriewel laat. Wanneer ons dit egter binne die spreker se persoonlike kultuurhistoriese perspektief lees, moet dit elke skril emosionele alarm laat afgaan. Hierdie was nie lank terug nie ‘n vasberade voorbrandmaker vir die Nuwe Suid-Afrika, iemand wat nie vir die ANK gestem het nie maar besluit het die regte ding is om skouer aan die wiel in te val vir die algemene opheffing van die land. Sy besondere bydrae was om rekenaargeletterdheidsklasse in swart woongebiede te gee. Maar die ongeërgdheid waarmee die nuwe regering die misdaadgolf weggewink het, die skokkende vraatsugheid waarmee hulle hande in die staatskoffers gesteek het en die rasgedrewe halstarrigheid waarmee hulle ‘n hele volk vervreem het, het sy entoesiasme nie net nie gevoed nie, dit het sy ywer anoreksies gelaat en uiteindelik ‘n ontnugteringsdood laat sterf.

Wanneer liberales hiervan lees, en ek waarborg dit, sal hulle kondisionering onmiddellik ‘n verweer deur hulle lippe pers, ‘n tweeledige skouerophaling. Hoekom, sal hulle vra, is jy so ontstel oor een wit tannie wat ‘n ellende op die lyf geloop het? Jy sal nie so ontsteld wees as dit met ‘n bejaarde swart vrou gebeur het nie, sal jy? So hierdie afgryse in jou is bloot net rassismestuipe. Daarna sal hulle byvoeg: Baie meer swartmense ly onder geweld, so voor jy nie daaroor ‘n gemoedsteuring het nie, kan ons jou verdriet oor die ou tannie nie ernstig opneem nie. Hierdie mondelingse skuifelstap is soos die skyngebroke vlerk waarmee ‘n kiewiet die potensiële roofdier van haar nes aflok. Sodra ons betrokke raak in hulle afleidings van ras en getalle, versaak ons die koers en einddoel van ons argument.

Mor die Afrikaner oor regstellende aksie, is die gekondisioneerde verweer dat blanke mans nog die meerderheid bestuursposte beset. Dat bekwaamheid en doeltreffende bestuur – eerder as ‘n nuttelose gedienstigheid teenoor persentasies en getalle – nou kardinaal nodig is in die land, is ‘n primêre argument wat in al dié pom-pomswaaiery verlore gaan. Raak jy knorrig oor kragonderbrekings, word beduie dat swartmense in lokasies dit baie meer gereeld moet verduur en skielik is die feit dat hulle nie daarvoor betaal nie, nie ter sake nie. Kla jy oor vervalle infrastruktuur… en so gaan hulle aan.

Hierdie is egter loperige balsem vir ‘n man wat homself laat ompraat om nie ‘n bloedgierige, lafhartige monster tussen die oë te gaan skiet nie. En as ‘n swart barbaar, lendene styfgepomp met dierlike wellus, onbelemmer deur medemenslikheid, sonder die brieke van intelligensie, vrygestel van sosiale verantwoordelikheid – besef jy nie hoe uitputtend sy kinderjare was nie? – sy stompsinnige verveeldheid verlig deur saam met sy walglike kamerade ‘n ingetoë 19-jarige maagd gevange te neem, haar te martel, speels te belowe dat hy haar nie sal verkrag nie, en dit wel doen en dit op die verkleinerendste manier denkbaar – hy dwing haar, pistool teen die kop, om hom te soen terwyl sy onderlyf teen haar voorthamer – , wat dan? Word daar van ons verwag om, as’t ware, langs haar te kniel terwyl sy diep getref word deur die eerste rou oor die verlies van haar kosbaarste kleinood, haar maagdelikheid? En moet ons dan sê: “Toe, toe, staak die gekerm. Dis nie so erg nie. Dis omdat jy wit is dat jy jou dit so aantrek. Weet jy nie dat dit elke dag met duisende swart vroue in hierdie land gebeur nie?”

Watse anoreksiese troos is dit? Want dit is al verligting wat die liberales kan bied. Volgens liberale ortodoksie sou die ware misdaad nie die verkragting gewees het nie, maar die agterdog dat die blanke meisie se verskrikking en afsku instinktief verhewig is omdat dit ‘n swárt man was wat haar verkrag het; dat as sy ‘n duiwelskeuse gehad het, sy ‘n duisend maal eerder deur ‘n witman verkrag sou wou word. Die onderskeid tussen rasse, eerder as die molestering, is volgens die linkses se kode die Onvergeeflike Sonde.

Hierdie is ‘n loot wat groei uit hulle opvatting dat daar geen verskil tussen mense, ongeag ras of herkoms, bestaan nie, en dat geen mens moreel in ‘n uitgesonderde verwantskap met ‘n ander kan staan nie. Hiervolgens mag ‘n mens nie ‘n onderskeid in jou optrede teenoor jou eie en ander mense maak nie. As jou kind en ‘n ander kind in ‘n brandende huis is, en jy wil daar instorm, moet jy seker maak jy kan altwee red, of jy moet albei vir die vuur los.

Dit is ‘n opvatting wat teen elke natuurreël van oorlewing indruis. Selfs die Bybel, en dit in die Nuwe Testament, met al die klem op selfloosheid en opoffering daarin, ondersteun dit nie. Die man wat nie vir sy gesin kan sorg nie, sê Paulus, is erger as ‘n heiden. Hierdie is nie die hoogtepunt nie maar die vertrékpunt van moraliteit. Liefdadigheid, om presies te wees, begin by die huis.

Selfs moderne biologie bevestig dat die mens se brein bedraad is om ‘n voorkeur vir en ‘n vertroue te hê in mense wat soos hy lyk en is. Die Afrikaner, ná amper vier eeue se uitsifting in ‘n ongerepte, bloedeisende land, het geleer dat hy net twee wesens kan vertrou: die Here en ander Afrikaners. Sedert hulle samestelling as ‘n klein volkie in ‘n groot en leë land, het hulle gewys dat hulle die vermoë het om te bou en te versamel. Hulle het gou genoeg uitgevind dat wat hulle opgerig en bymekaar gemaak het, die nyd van ander, minder produktiewe, maar altyd talryker, inwoners sou trek. Hierdie afgunstige massas sou van meet af aan demonstreer dat daar in hulle ywer om die Afrikaner se goedere te bekom, geen perke aan hulle brutaliteit is nie.

Die ylgesaaide Boere het net een kans op oorlewing gehad en dit was om teen die bedreiging saam te snoer. Die harde lewe, genadelose eise en voortdurende aanslae teen hulle, het hierdie pioniers gehard gemaak, met ‘n ongeëwenaarde bedrewenheid om te oorleef. Hulle slaankrag het eksponensieel vermeerder volgens die getalle wat hulle byeen kon bring. As een Boer vyf Xhosas op loop kon jaag, kon twee van hulle twintig troef. Om dit te doen, moes hulle volslae vertroue in mekaar gehad het. Hierdie vertroue is gebou op die instinktiewe broederskap, nie net van bloed nie, maar van mense wat dieselfde ontberings moes deurly, dieselfde gevare moes oorleef, dieselfde oorwinnings moes behaal. Dit is op hierdie aambeeld wat Afrikaneridentiteit gesmee is. Hierdie Afrikanerskap is diamanthard, saamgepers deur eeue se numeriese agterstand en sy teenstaanders se afguns.

Die naaste wat die liberales daaraan gekom het om die Afrikanervolk in geheel los te torring, was om hierdie kern aan te val. Nie dat hulle dit die kern genoem het nie. Die uitdrukking wat hulle gekies het om die Afrikaner se herkenning van homself en sy gehegtheid aan sy eie mee los te torring was “laer,” of, na Engels se “laager”. Meestal is dit in ‘n samestelling gebruik, laermentaliteit, asof nasionale identiteit ‘n afwyking is.

O, dat hulle geslepe was, met die manier waarop hulle die Afrikaner se eie volksgoedere teen hom gedraai het, dié is gewis. Die laer verwys natuurlik na ‘n konvooi Voortrekkerwaens, in ‘n kring getrek en beveilig, sodat dit in alle kompasrigtings stekels gehad het om vir die eksterne bedreigings te wys. Die laer het die Afrikaner, sy gesin en sy besittings bevat. Dit was die simbool van alles wat veiliggewend, huislik en bewarend was.

Die post-NP-media het die Afrikanerlaer met verbetenheid aangeval, asof dit die boosste instelling op aarde was, ‘n nasionale sentrum vir brutaliteit, verkramptheid en stompsinnigheid. Hulle het dit so histeries uitgekryt dat ‘n mens sou dink dat enige toegeneentheid van die Afrikaner jeens sy kultuur en eie mense ‘n filosofiese vergryp op die vlak van Nazisme was. Die laer was, in liberale denke, die Afrikaner se Führer-bunker waar hy aan die een kant onheil teen ander opgebrou het en aan die ander kant homself as’t ware met die liggaamsreuk van sy eie afgesaagde lewensvisie versmoor het.

Die teenvoeter vir die laager-mentaliteit is, volgens die linkse ideeprojeksie, die “lager”-lewenstyl. Dis nou “lager” soos in “lagerbier,” ten beste vergestalt in ‘n skynbaar nimmereindigende rits bieradvertensies, waarvan die advertensiereeks vir Castle-bier die driftigste voorbeeld is. Die wêreld van hierdie advertensies is bevolk met pittige, ondeunde maar lojale jongmanne wat ‘n lewe van goedige kaskenades en avontuur deel. In die nuutste aflewering koer die klingelsanger: “Hoe goed is dit om te weet my broer is hier by my…” Die kinkel is juis dat hierdie broers nie almal wit is nie. Hierdie is getransformeerde kamerade. “Ons is nie verwant aan mekaar nie,” word daar ter slotsom beduie, “maar ons ís broers.” As die beeld van hierdie lageradvertensies beeldend van die land was, sou daar nooit twee of drie blanke mans byeen gewees het sonder dat ‘n swarte, van dieselfde geestigheid en kultuuruitlewing, in hulle midde was nie – sommer net ‘n paar ouens bymekaar, party wit, party swart. Die stilswyende beskuldiging is dat ‘n enkelrasgroepie eintlik niks meer as ‘n bende fasciste is nie.

Afrikaners, skielik in hulle land meer van ‘n muishond as wat hulle tydens apartheidsdae in die buiteland was, het begin twyfel aan die uitnemendheid van die laer bo die lagerfilosofie. Hulle het begin om uit die laer te sluip, om die spreekwoordelike kruithoring vir die liberale bierglas in te ruil. Maar buite die laer is hulle verkleineer, verstoot, verkrag en vermoor. Vir ‘n tyd was die Afrikaner verdwaal iewers tussen sy herkoms uit die laer en sy onaanpasbaarheid in die lagerlewe. Hy het nie geweet wie hy is nie en het vergeet wat hy was. Dit het alles in die laaste helfte van 2006 verander met die vrystelling deur ‘n onbekende sanger, amper per ongeluk, van ‘n lied oor ‘n gestorwe Boeregeneraal: De la Rey.

Skielik was daar ‘n kultuurverskynsel in Suid-Afrika wat nét aan die Afrikaner behoort het. Ander volke dink maar net hulle weet waaroor dit gaan; hulle voel nie dit resoneer diep-diep in hulle gemeenskaplike DNS nie. De la Rey is ons s’n, net ons s’n en kan nooit vertaal en iemand anders s’n word nie. Hierdie is nié ‘n lied wat die lagerbroederskap by hulle tradisionele gelykheidsjolyte kan luister nie. Die Engelsman in die groepie sou probeer snedig wees daaroor, met ‘n onrustigheid in sy hart, die swarte sou benoud in die koers van die agterdeur gemik het. En die Afrikaner tussen hulle sou, hand op die hart en trane in die oë, uit volle bors saamgesing het. Die Afrikaner het iets ontdek – homself. Hy weet nou weer wie hy is. Hy het sy identiteit teruggevind. Hy was terug in die laer en in die laer, boeta, daar roer die dinge!

Die herlewing van Afrikanerkultuur is die primêre nasionaal-maatskaplike verskynsel van die dekade. Vandag se Afrikaner is nie veel gestoor hoe uitlanderkultuur lyk of wat die buitestaanders van Afrikanerkultuur dink nie. Hy is te besig om die opskop in die laer te geniet.

Die liberales, steeds so vol ywer vir die ANK se marxistiese, voortgesette rewolusie, het hierdie herlewing van die Afrikanerkern eers ontken en toe herken. En hy bewe. ‘n Lewenskragtige Afrikaneridentiteit is ‘n banier waar rondom konserwatiewe Afrikaners kan konsolideer en ‘n verenigde Afrikanerkern sal lei tot die herlewing van Afrikaner-nasionalisme. Dit is die liberalis se bloedstollendste, langtand-, ghrieshaarnagmerrie. Die Afrikaner-liberalis se fundamentele kenmerk is juis dat hy of sy weens ‘n persoonlike onaanpasbaarheid met Afrikaneridentiteit uit die boesem van die volk, uit die laer, gedros het. Hierdie weglopery is selde ideologies gedrewe, maar is gewoonlik die gevolg van ‘n persoonlike wanaanpassing.

Hulle maak dan nuwe gebooie vir die mensdom, gebaseer op die lering van wesenlike gelykheid. Hulle Blink Nuwe Wêreld is ‘n Huxleyaanse utopie: sonder ras, sonder geslag, sonder gesinne. Let net daarop dat hierdie Groot Gebod afdwingbaar is, nié op die liberalis self nie – net op ander mense. Daarom sien hulle geen spanning tussen hulle filosofie en hulle persoonlike afwyking daarvan nie. Koos Kombuis, getroud met ‘n wit vrou, woonagtig in ‘n wit dorp, sien geen ironie daarin dat hy eufories skryf oor die noodsaak en haalbaarheid van rassevermenging nie. Frederick Fourie het doodernstig probeer om Kovsie-koshuise te vermeng vanuit ‘n beveiligde woning in ‘n eksklusiewe wit woonbuurt terwyl hy sy dogters na ‘n wit prestigeskool toe stuur. André Brink hyg histeries oor apartheid maar hou homself en sy gesin apart van ander rasse. Nico Smith pleit vir meer kontak tussen rasse, maar sodra sy verblyf in Mamelodi as reklameset gedien het, verwyder hy homself na ‘n kleinhoewe tussen blanke bure in die ooste van Pretoria.

Vir ‘n anderhalfdekade was hulle opvattings en optrede verdoesel deur ‘n mediastofstorm. Maar in die herontdekking van sy eie identiteit, kan die Afrikaner nou die linkse geveinsdheid herken vir wat dit is. En hy is vol afsku daarvoor. Die liberalis is vinnig besig om sy greep op die Afrikaner-psige te verloor. Enige iemand wat hierdie kwyning van liberale invloed wil volg, moet maar net die oog op die lot van Nasionale Pers hou.

Dekades lank het hierdie medialeviatan dit sy taak gemaak om vir die volk politieke sedelessies in elke Naspers-publikasie in te gee. Met weergalose hubris het dit die Afrikaners as kindertjies sonder enige werklike insig gesien. Nou trek die kindertjies egter hulle gesigte en sê nee!, hulle wil nie verder verstik aan Naspers-idees nie. Lesersgetalle in al Naspers se publikasies daal soos hoefysters in ‘n plaasdam. Kommentaarkolomme ná rubrieke op Beeld, Burger, Volksblad en Rapport se webwerwe word oorheers deur vurige, regse lesers wat die polities sawwe denke van die skrywers uitkryt.

Die liberales was lank genoeg die Hamelnse fluitspeler agter wie die kindertjies aangedwaal het. As hulle net lank genoeg wil ophou om hulle knik-en-grinnik-deuntjies te speel, sou hulle omgekyk het en ‘n skrikwekkende gesig gesien het:

Dis asof die Afrikaner weg was; nou is hy terug en nou wil hy weet wat de duiwel het aangegaan terwyl hy nie hier was nie. Om te sê hy is omgekrap, is nie juis nie. Hy is nie befoeterd nie – hy is tandeknersend, glurend, vuisballend, witwarmwoedend.

Wat die waarnemer tref, is die afwesigheid van die waarskuwings. Dit was ‘n groot ding gedurende die skemertyd van apartheid. Toé was daar baie wat somber waarskuwings gerig het. Dis asof almal net alarms wou laat afgaan, rooi vlae wou waai, noodfakkels wou opskiet. Daardie dae was swart woede die groot ding. Van Rian Malan tot Chris Louw, oortuig dat hulle iets sien wat die res ontgaan, het skril caveats geskryf. Louw het by sy redakteur, Harald Pakendorf aangedring: “Meneer, ons moet die mense laat weet. Die swartes is kwaad.”

En dat die swartes kwaad was, dié was seker; so kwaad dat hulle hulle eie skole, kroeë en gemeenskapsale afgebrand het, hulle eie mense met pangas doodgekap of gehalssnoer het, so kwaad dat hulle hulle eie ou tannies, nou nie met snoeiskêre ontledemaat het nie, maar gedwing het om Stasoft te drink en aan Omo te verstik omdat hulle inkopies buite die lokasies gedoen het. Uiteindelik het hulle hulleself só geskend dat FW de Klerk se regering in afgryse oorgegee het.

Maar nou is daardie selfde stemme verrassend stom. Waar is die ondersoekende joernaliste wat die geruis hoor? Praat hulle nie met die regte mense nie? Of ignoreer hulle die woorde en wanvertolk hulle die tekens? Want woorde en tekens is oral. Dit is in die kil, vasberade braaivleisdreigemente, in die verbete rassisme van jongmense wat op skool vir hulleself moet ontdek hoe skel die kontras tussen rasse is. Dis in die tandekners van boere wat sien hoe hulle kuddes gestroop word, in die gelate, doodluiterse planne wat boervrouens maak om die lyk van ‘n veedief te laat verdwyn indien hulle mans op ‘n maanlose nag die stropers op die regte tyd, die regte plek inwag.

Dit is in die kreet van ‘n petit vroutjie wat in die berge vir my een aand ete kook, pistool agter haar lyfband ingedruk. Sy is ‘n verkragtingsberader, ‘n skouer vir enige verontregte vrou om op te huil. Maar wat die velkleur van die slagoffer ook al is, die vergryper is altyd, altyd, maar altyd swart. “Ek haat hulle, Gustav, ek haat hulle almal!”

Ek hoor hierdie woede waar belastingbetalers byeenkom om te red wat te redde is teen die arrogante onnoselheid van regstellend aangestelde dorpsbestuurders. Ek hoor dit wanneer mense vertel hoe alles, alles, alles in die stokou Nuwe Suid-Afrika verval het. En ek hoor dit wanneer kundiges waarsku: Die water is op, die kos is op, die geld is op… En niemand luister nie.

En al die tyd waggel die nuwe Suid-Afrika voort, asof die besluitnemers dodelik onbewus is van die drukking wat in die onderkorse vulkaankamer opbou. Die swart regering, altyd bereid om hulle leidrade by die liberale pers en linkse meepraters te kry, gee geen aanduiding dat hulle besef die era van sogenaamde wit vrees het oorgegaan na die tydperk van uiters werklike wit woede nie. Dit gaan hulle grootste mistasting ooit wees.

As hulle en die algemene media besef het hoe diep, hoe smeulend, hoe wyd die Afrikanerwoede is, sou hulle elke dag, elke minuut, met elke nuusbulletin, op elke TV-kanaal en radiostasie en in elke koerant sonder ophou gewaarsku het: Die Afrikaner is kwaad. As hulle maar net hulle marxistiese, formulegebabbel sal staak. As hulle maar net sal vra wat staan die regering te doen om die sissende magma van Afrikanerwoede af te koel. En as hulle nie weet wie om te vra nie, laat hulle saggies aan Praag se deur kom klop.

Daar is werkbare oplossings wat die krisis kan ontlaai voor dit ‘n katastrofe word. Ons het die antwoorde, maar die tyd is min. Want vannag, môre, volgende week, is dit heel denkbaar dat nog ‘n hulpelose boeretannie se vingers met ‘n stomp snoeiskêr gehalveer kan word. En wie weet, as daar dié keer ‘n man op pad is om die skuldige monster tussen die oë te gaan skiet, gaan hy miskien nie ‘n vriend hê om hom te stuit nie. En wie sal kan sê wat dan sal begin en waar dit sal eindig?

games toЛобановский

Voor ons o?, Naspers, die monster wat sy eie voete eet

ImageLand sonder Insig

FW het die land opgeasteriskasterisk. So sê Nina Overton-de Klerk sê haar veertienjarige seun sê ‘n ongepoetste Afrikanerseun vir hom by sy “gewone Afrikaanse staatskool.” Haar presiese woorde, wat drup van die konvensies van selfgeregverdigte Afrikaner liberalisme, is: “Daarteenoor het my veertienjarige seun (in ’n gewone Afrikaanse staatskool), onlangs beleef dat ’n mede-leerling vir hom, geaksentueer met die middelvingerteken, gesê het: ‘Gaan sê vir jou Oom (FW) hoe hy die land opgef** het.’ Gevolg deur al daai soort van beskuldigings oor hoe die land aan swart mense oorgegee is, ensovoorts.”

Ons word met hierdie gruwelstaaltjie bedien in Ta’ Nina se geveinsde, aanstellerige rubriek oor die aanstellerigheid van geveinsde Afrikaners. Hierdie letterkundige aanbieding van haar sal weliswaar nie deur die gemiddelde leser onthou word teen die tyd wat hy verbygeblaai het tot by die sportblad nie, maar dit hét ‘n nut. Ons kan dit as ‘n  soort lakmoespapiertjie gebruik wat presies wys hoe kalkerig die grootste Afrikaanse koerantgroep ter wêreld die grond gemaak het waarin hy spit.

“As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek,” soos haar stukkie vir verveelde lesers opgedoen is in “By”, is een van daardie opgesmukte prekies wat so geliefd is deur Naspers-redakteurs. ‘n Mens kan dit Tippex-joernalisme noem; so onbenullig en onopvallend soos verlede maand se Lotto-nommers wat met wit ink op tikpapier geskryf is. Dit begin as ‘n pamflet teen die skynheiligheid van Afrikanersnobs en eindig as ‘n selle-ou, selle-ou brosjure vir ‘n politieke stelsel – Nuwe Suid-Afrikanerisme –  wat gevrek het voordat dit behoorlik uit die ideologiese broeikas kon kom. Nina se betoog is gebrekkig aan intellektuele vesel en proteïene en daar is meer te wen daarin om motreën te probeer eet as om dié rubriek te herkou. Wat dit wel demonstreer – as demonstrasie nog enigsins nodig is – is hoekom Naspers se koerantbedryf (daardie behemot wat besig is om sy eie voete te eet) se emfisemiese gehyg so roggelend word vanuit sy korporatiewe spelonk in Heerengracht 44, Kaapstad. Hierdie soort selfvoldane menings wat aangebied word in ongeërgde styl, sonder agting vir die behoorlike ontwikkeling van argumente en met karige respek vir Die Taal is cholesterol in die are van enige koerant. Die Burger, net soos die res van die Naspers-koerante, het juis nou dringend nuwe vitamines en minerale nodig. Hulle uitgewer, daardie monster wat so oorvreet is aan sukses, is merkbaar besig om van sy skubbe te verloor.

Verlede maand het daar iets met die mediamonster gebeur, op die oog af niks ingrypend nie, nie iets wat regstreeks die grond in die mediawêreld verskuif het nie en wat minder indruk op die leespubliek se bewussyn gemaak het as die kleur van Victor Matfield se mondskerm. En tog het dit die ingeligte waarnemer sy ken laat krap en sy kop laat knik asof dit iets is waarvoor hy gewag het: Die pretensieuse tydskrif, Insig, nog altyd maar net  ‘n klein, tengerige ponie in die Naspers-stal, het weens gebrek aan belangstelling gevrek. Dit is nie iets waaroor lank en roerend in walms van nostalgie oor getreur sal word nie. Die uitgewers veral, en hulle telraamjokkies in besonder, sal nie na die tydskriffie verlang nie. Insig het begin as ‘n soort van literêre vergaderplek vir verbitterdes waar iesegrimmige liberales mekaar se menings kon bewonder. Die enigste hitte in die oond was hulle verontwaardiging oor apartheid en met die afsterwe van dié politieke beleid, het Insig, van meet af nie juis vol spiere en lewenslus nie, bepaald bloedarmmoedig en traag geword. Sonder apartheid het dit niks gehad om op te teer nie. Vir die laaste paar jaar was dit as’t ware op ‘n korporatiewe hartlongmasjien, gesubsidieer deur sulke platvloerse maar ontsaglik winsgewende publikasies soos Die Huisgenoot. Die poging om Insig oor te doen as ‘n avante garde dissekteerverslag van sosiale transformasie, het uiteindelik ook misluk.

Ewe lusteloos was die nabetragting wat oor die saai lewe en onopvallende afsterwe van Insig in die blaaie en webruimtes van oorlewende Naspers publikasies gehou is. Natuurlik het die meerderheid kommentators presies geweet waar die blaam vir hierdie verlies hoort: Vierkantig voor die deur van daardie ongepoetste skobbejak, die Afrikaanse leser. Rian Malan noem hulle in ‘n aanhaling van Olive Schreiner “’n nasie van laer-middelklas-Filistyne.” “Filistyn,” soos dit hier diens doen, beteken ‘n dowwe persoon, iemand wat ‘n boek se waarde meet aan die hoeveelheid prentjies wat daarin is en wat sy lippe beweeg en sy vinger onder die woorde skuif as hy lees. Duidelik is ‘n diep, gesofistikeerde publikasie ver bo dié spul doffels se begrip.

‘n Tydskrif wat vir die Filistyne voorsiening maak is soos “gangreen of frostbite,” fulmineer Antjie Krog, jou werklikwaar nog dikvellig onder die indruk dat daar wraggies nog so ‘n frats bestaan soos iemand wat ‘n ingeduikte Coke-proppie omgee vir haar menings. Haar definisie van Filistynisme is enige iets wat keel skoonmaak in die omgewing van haar verbitterde liberalisme. “Sedert alles wat Afrikaans-links en konfronterend was deur Afrikaner-apatie doodgedruk is,” teem sy, “moet ‘n mens naweke deur bladsye kaf waad van gay-wees-is-sonde en die-Bybel-is-‘n-wetenskaplike-handboek om iets van gehalte in Afrikaans te lese te kry.”

Gehalte Afrikaans is, dus ‘n onhaalbare ideaal indien dit enigsins verskil met die Lewe Volgens Antjie Krog. Wel, Insig het nie. Dit het omtrent letters deur die omslag gelek so vol was dit van die uitgediende, muwwe, ontblote en uitgelagte idees van Krog en haar kader mantramompelaars. Maar, nie net was Insig se blare te hoog vir die Afrikaanse renosters om by te kom nie, hierdie Afrikaanse tydskrif het boonop die liberale uitgewersonde begaan om te maak asof die Afrikaner bestaan. Sê wie? Ag, kom aan… julle weet… wie anders as ons eie joernalistieke dorpsidioot, Max du Preez? As gevolg daarvan het hy – nè, julle wou mos – twee uit elke drie uitgawes van Insig geboikot, en – vatso! –  hoe kan enige publikasie só ‘n terugslag oorlewe? “(Daar was altyd te veel van ‘n fokus op ‘Afrikanersake’ na my smaak,)” skryf Du Preez op sy selfveragtende beste.

Nadat hierdie vername taalkundige erken dat hy “nie so mooi” weet wat ‘n wetenskapstaal is nie, pleit hy vir ‘n nuwe intellektuele Afrikaanse publikasie sodat ons kan voorkom dat “Afrikaans net ‘n huistaal en ‘n skindertaal en ‘n rugbytaal en ‘n gekerm-oor-minderheidsregte-taal word…” So ‘n tydskrif, droom hy hardop, moet “’n rouheid, ‘n vreesloosheid, ‘n verrassendheid, ‘n varsheid, ‘n onvoorspelbaarheid” hê. Wat hy duidelik in gedagte het, is die inhoud op PRAAG se webblad.

Hierdie nuwe, mitiese tydskrif, hierdie joernalistieke reënboogpot goud is iets waaroor die liberales aanhoudend mymer. Daar moet iets nuut wees, beduie hulle vir mekaar; vol vars idees, vertel hulle aanhoudend sonder om te erken dat so ‘n publikasie dan iets sal bevat wat net so min as ‘n tydmasjien kan bestaan: ‘n Vars liberale idee.

Vra jy dat hulle moet uitwei oor so ‘n tydskrif, rol die hoepelsinne. (Vir ‘n bondige beskrywing oor hoepels en hoepelsinne, kyk na “Max du Preez se hoepelsin” op PRAAG se webblad.) Dié nuwe tydskrif moet-vreesloos-wees-moet-polities-korrek-wees, dit moet-eerlik-wees-moet-nie-die-waarheid-praat-nie, moet-nuut-wees-mag-net-ou-stof-hersirkuleer, moet-verdraag-saam-wees-mag-nie-Afrikaners-verdra-nie… Dit moet genadiglik gereinig wees van alle logika, moet gesteriliseer wees van enige verwysings na enige Afrikaner-voortreflikhede, moet gesuiwer wees van enige simpatie met daardie verfoeilike minderhede wat hulleself aanmatig deur hulle te verbeel hulle het regte.

Wat hulle nalaat om vir mekaar te verduidelik is dat dié tydskrif ook nooit onafhanklik sal kan asemhaal sonder om weg te kwyn nie. Dit sal net so ‘n sawwe mislukking soos wyle onbetreurde Insig wees en vir dieselfde rede: Die redaksie se algehele, halsstarrige onsensitiwiteit vir hulle gehoor se emosionele klimaat, frustrasies en  ideale. Duidelik is hulle onbewus daarvan dat ‘n tydskrif ook maar net ‘n produk is, dat die langlewendheid van ‘n produk afhanklik is van die gehalte daarvan en dat die eerste reël van gehaltebeheer is om seker te maak wat dit is wat jou kliënt wil hê.

Miskien sou Naspers dringende aandag aan sy benadering gegee het as dit nie Insig was wat gesink het nie maar ‘n meer omvangryke publikasie soos, sê nou maar, Die Huisgenoot. Dan was daar ‘n verlies in die enigste werklike sin – meetbaar in Rand en sent. Daar sou ‘n geween en ‘n gerouklaag in die raadsale van Naspers gewees het. Soos dit is, het Insig maar ‘n klein geluidjie by afsterwe gemaak, en tog was dit ‘n onheilspellende klank, iets soos die gedempte knal van ‘n buikplank wat onder die waterlyn van ‘n groot skip op die oseaan losspring. Dit behoort suur te drup in die maagholte van ‘n ingeligte Naspersamptenaar. Insig mag miskien ‘n klein plankie gewees het maar dit is van dieselfde hout gemaak en is met dieselfde houtnaels geheg as die res van die skip. Dieselfde tekorte wat Insig laat wegkwyn het, is in elke ander Afrikaanse publikasie van Naspers ingeënt. Insig moes eintlik die langste geleef het want dit is ‘n liberale tydskrif vir liberale mense terwyl Rapport, Die Beeld en Die Volksblad liberale leesstof is vir konserwatiewe mense. Dit behoort die Antjie Krog/Max du Preez kaders se monde droog te laat.

Maar die liberalis het ‘n tradisionele onvermoë om enige iets sinvol te lees al is dit die skrif teen die muur. So “gis” Irna van Zyl, wat die professionele swartmerkie verdien dat sy eens Insig se redakteur en uitgewer was, dat die heersende Naspers wysheid is dat intellektuele behoeftes deur bylaes in koerante gedien word, soos Perspektief in Rapport en… By… in Die Burger.

En wat By ons in Die Burger gee, geagte en minder geagte lesers, is: Nina Overton-de Klerk.

In die land van die kaalkopopfopper

Al die swakhede van Naspers-styl Tippex-joernalisme is ingebind in Nina Overton-de Klerk se aanbieding, vir ons verheldering, van die woord “opgeasteriskasterisk” en haar opgesmukte verslag van die voorval waarin dit gebruik is. Dit is hoe sy die woord skryf: “… opgef**…” Wat irriteer is die inherente oneerlikheid van haar spellingkeuse. Kyk, ons wéét die veertienjarige aktivis het nie die uitdrukking “opgeasteriskasterisk” teenoor haar spruit gebruik nie. (Hy is in ‘n Nuwe Suid-Afrikaanse staatskool so dit is te betwyfel of hy weet wat ‘n asterisk is.) Ons almal weet presies wat dit is wat hy gesê het. Maar in egte Naspers-preutsheid word die krasheid van die waarheid verdoesel, in dié geval deur die gebruik van leestekens. Hier is ‘n fundamentele tegniese luiheid ter sprake. Die probleem – om die klein skobbejak se agtertangse karakter te ontbloot sonder dat Nina haar sawwe letterkundige handjies besmeer – verdien darem ‘n minuut van die skryfster se oorweging. Die leser is dit werd, sou ‘n mens dink.  As dit goed genoeg is vir Nina Overton-de Klerk om ons in te lig dat ‘n seun ‘n kras uitdrukking teenoor haar seun gebruik het, sonder dat sy vir ons die presiese woord hoef op te dis, laat Nina Overton-de Klerk ‘n manier bedink om dit so aan haar lesers oor te dra.

“Hierdie klein skermunkel,” kan sy skryf, “het in skeltaal vir my seun gesê hy moet vir sy Oom FW gaan kritiseer oor die algehele verval van die land as gevolg van sy ruggraatlose oorhandiging van mag aan die ANC.” Daar’s hy. Dit was nie moeilik nie en die sin is genadiglik vry van die onooglike selfsensuur van die asterisk.

Maar dit is nie goed genoeg vir Overton-de Klerk nie. Sy wil die kru uitdrukking voor ons oë hê om ons te oortuig van haar verbondenheid tot proletariese wortels. Nie net is sy ‘n verhewe liberalis wat ons begunstig met haar epistel uit die heuweltoppe van linkse Afrikanerdom nie, sy dra ook die kentekens van iemand wat bereid is om neer te daal om tussen die prole te wandel. “Daarom,” skryf sy in haar sub-teks, “kan julle my vertrou. Ek weet wie julle is en wat julle nodig het want ek…ken die f-woord.” Maar sy is nie bereid om daarvoor te betaal deur die woord uit te skryf nie. Sy los dit aan die leser oor om sy eie gedagteland te besoedel met die innerlike verklanking van die woord.

Dit is presies wat sal gebeur. Letters is simbole wat gebruik word om sekere klanke te verteenwoordig. ‘n Asterisk is nie ‘n letter nie en stel nie ‘n klank voor nie. Die aanwending daarvan in ‘n woord stel ‘n raaisel daar; nie enigsins ‘n ingewikkelde raaisel nie maar die verstand dring tog onwillekeurig daarop aan om dit op te los. Hierdie oplossing is ‘n suksesvolle mnemoniese werktuig en so word die oorspronklike woord net nog fermer in die bewussyn gevestig. Soos gewoonlik word die gewone burgers gelos om die selfvoldane liberalis se gemors te absorbeer. Nina Overton-de Klerk wil gewaagd maar nie waaghalsig wees nie. Sy wil in die openbaar p**p (en ons leen hierdie woord uit haar leksikon) maar wil nie hê ander moet dit ruik nie.

Sy wil haarself vrywaar met die argument dat daar soveel ander woorde saamgestel kan word uit haar konstruksie, dat dit nie te sê is dat sy enige gruwelwoord in gedagte gehad het nie. Miskien sal ons dink die seun het gesê “opgefyt,” “opgefim” “opgefus” of  “opgefez”? Nou maar goed. Kom ons akkommodeer maar Overton-de Klerk se skynheiligheid en kies vir ons twee letters – maar net nie “O” en “K” in daardie volgorde nie – om haar woord uit te lê. Ek persoonlik sal die aanstootlike “K” nie aanwend nie. Dit word te maklik gebruik om ‘n bruin woord, “k*k” te vorm, of, nog baie erger in Naspers se oë, die swart woord, “k*ffer”. So, geen “K” vir my nie maar ek hou van die “O”. En, ag nou ja, gee dan vir my ‘n “P”. Daar het ons dit: “Opgefop.” En dit is passend.

FW het, in die volle sin van die woord, ons goeie ou Suid-Afrika, daardie land wat so “wonderskoon” was soos Hanru Niemand sielvol sing, properlies opgefop.

Hy het dit opgefop met sy foppen plakkate wat “eie skole, eie woongebiede” in sy verkiesingsveldtog van 1989 waarborg. En watter fopop was sy referendum nie toe hy die Afrikaner so ver gekry het om homself op te fop deur “ja” te stem nie. En toe fop FW voort met die onderhandelinge en fop sy volk deur die ore deur nooit, soos hy belowe het, vir hulle die kans te gee om sy foppen oorgawe te ratifiseer nie. En daardie regering van nasionale foppen eenheid, dié was nou eers vir jou ‘n foppen klug. Toe fopof FW mos daaruit en los ons om rond te fop in die gemors. As daar Afrikaners is wat hom nou wil opfop verstaan ek dit. En as daardie knaap by die “tipiese Afrikaanse staatskool” sy foppen middelvinger vir Nina se seun se oom wys, moet ons seker begrip hê vir hom.

Ek wens Overton-de Klerk wil vir ons vertel wie dié jong man is. Ek beskou hou as skrander en met baie meer politieke insig as sy maatjie se ma met die dubbeldoor van. En ek stem saam met hom; foppen al die pad. Die land is opgefop. Dis nie net ek en hy wat so dink nie. Deesdae is die Groot Fopper homself, FW foppen de Klerk, self “besorgd” oor die land, oor regstellende aksie en landbou en só aan. Dis nou nie juis ‘n noodgil in die nag nie maar, fop’it alles, dis die naaste wat hy ooit aan ‘n erkenning dat hy opgefop het sal kom.     

As hierdie besef sy “kale ou kop”, soos Eugene Terreblanche dit noem, binnegedring het, is FW die enigste van hierdie De Klerks wat die lig gesien het. Skoonsus Nina is, in egte Naspers-styl, vasbeslote om blind te bly vir die werklikhede van die Nuwe Suid-Afrika en, met ‘n geïrriteerde gefladder van haar pen, maak sy  die desperate krete oor die groeiende nasionale katastrofes af as “daai soort van beskuldigings.”  Blykbaar is sy erg koud gelaat deur die nasionale paaienetwerk wat verkrummel, elektriese toevoer wat elke dag meer wisselvallig word en munisipale dienslewering wat nou net in ‘n vlaag van nostalgie onthou  kan word. Onderwysstelsel waarvan die hoofproduk ‘n verwarde, verbitterde en ongeletterde geslag kinders sonder vaardighede en hoop is? Suiwer piffel. Diefstal, kapings, moorde en willekeurige verkragtings? Dis maar net “daai soort van ding”, my dier. Nina Overton-de Klerk kan nie daardeur geroer word nie, nie terwyl sy erns maak van ‘n veel gewigtiger onderwerp nie: Die skynheiligheid van sommige Afrikaners.

Haar sentrale betoog – dat daar liberale Afrikaners is wat lippediens doen teenoor die Nuwe Suid-Afrika terwyl hulle dit eintlik in hulle harte verpes – is so alledaags dat ‘n blok blanke papier in die koerant dit ewe goed kon gestaaf het sonder om soos Overton-de Klerk vir die trotse Afrikaanse leser aanstoot te gee. Al was hier nie menings oor homoseksuele mense en verwysings na die Bybel nie, sou Antjie Krog verniet hierin gesoek het na “gehalte Afrikaans.”  Nina Overton-de Klerk, “kommunikasiekonsultant” wat sy nogal is, is ‘n lustelose en onbeholpe skrywer met karige eerbied vir taalreëls en geen aanvoeling vir die inherente ritmes en uitdrukkingsrykdom ons Taal nie. By haar kry ons geen deernis vir Afrikaans nie.

Ek, net soos haar spruit kom uit ‘n “gewone Afrikaanse staatskool” en daar was niks fatsoenlik aan Hoërskool Stoffberg in Brakpan nie. Maar selfs daar het ons geleer dat die standaardsin ‘n onderwerp, werkwoord en voorwerp bevat. Hierdie is basiese elemente van taalgebruik en, as jy enigsins respek vir jou taal het, sal jy dit in gedagte hou wanneer jy skryf. Baie skrywers, ter wille van klem of vir effek, verontagsaam soms hierdie reël. Soos ek in hierdie sin. Ek glo dat geen skrywer met enige respek vir sy ambag hierdie foefie sonder deeglike oorweging sal aanwend nie. Nina Overton-de Klerk, daarenteen, het skynbaar so ‘n lae dunk van haar lesers en voel haarself so verhewe bo enige taalkundige konvensies dat sy hierdie reël in bykans twintig persent van haar sinne breek. Dit is maar net slordige skryfwerk en behoort nie die sensuur van ‘n hoërskoolonderwyseres, wat nog te praat van ‘n subredakteur, te ontduik nie.

Hierdie gehawende skryfstyl vol galsterige menings en met clichés wat flap in die wind is, helaas, nie ‘n afwyking van Naspers se redaksionele beleid nie. Hier geld ‘n ander basiese impulse as ‘n aandrang op gehalte. Die subredakteurs en bladontwerpers is gedienstige meelopers. Die opskrif vir Overton-de Klerk se storie is: “As Afrikaners met die mond seën en in hul binneste vloek.” Opskrifte is die subredaksie se verantwoordelikheid. Selfs al sou die skryfster ‘n titel vir haar storie voorstel, het sy nie die bevoegdheid om te verseker dat dit gebruik sal word nie. Opvallend genoeg gaan haar storie oor sommige Afrikaners, eintlik ‘n piepklein groepie, maar in die hande van die subredaksie is dit alle Afrikaners wat by geleentheid so huigel. Miskien is dit nou maar weer net die tipiese agterlosigheid van vandag se Afrikaanse pers maar ek sou dink dit is eerder ‘n Freudiaanse glipsie wat vir ons wys wat Naspers se redaksionele hart van vol is.

Dit is ‘n arrogante hart, oorgerus in die kennis dat dit binne ‘n onaantasbare behemot klop. Onaantasbaar? Dit is so dat Naspers nie soseer die grootste vis in ‘n klein poeletjie is as die enigste seekat in ‘n koffieblik nie. Daar is geen noemenswaardige teenstaanders om dié mediareus se posisie te bedreig nie. Maar uit hierdie situasie kom ‘n sekere ongeërgdheid oor sy lesers se behoeftes. Die maatskappy maak die onverantwoordelike aanname dat wat goed is vir Naspers, goed is vir die land. In plaas daarvan om te vra wat sy lesers se ware opvattings en behoeftes is, neem Naspers dit op homself om vir hulle te besluit. Sy aanbod aan hulle is: Dé, lees dit of los dit. Daarom is dit onvermydelik dat, sodra enige alternatiewe aanbod ontstaan, die lesers toenemend gaan kies om Naspers te los.

Dit is ‘n algemene bemarkingswysheid dat ‘n hardewarewinkel nie 8mm-bore verkoop nie maar 8-mm gate. Die leser koop ‘n koerant en ‘n tydskrif nie bloot om ingelig of vermaak te word nie maar vir bevestiging van wie hy is. Maar Naspers se uitgewers neem dit nou al heeltemal te lank op hulleself om vir die Afrikaner te besluit nie net wat hy mág nie, maar wat hy wíl lees. En elke uitgawe van elke Naspers-koerant en –tydskrif bombardeer die Afrikaner met beelde en menings wat steurend met die volk se herkoms, opvattings en waarnemings is.

Die Huisgenoot, byvoorbeeld, wat van ‘n betroubare, soliede Nasionale Pers-gesinstydskrif na ‘n smerige Napers- skinderblad gemorfeer het, voer ‘n onsubtiele veldtog om die ideologie van veelrassigheid aan die Afrikaner te verkoop. Of dit nou gemengde paartjies op die voorblad is of die aanwysing van Brian Lara as die “seksiesste krieketspeler van die Wêreldbekertoernooi,” die grondfilosofie is dat daar géén verskil tussen rasse is nie en as Lara se “kom-hierso” ogies dit nie vir jou doen nie, is jy ‘n verfoeilike rassis. Hier is nuus wat Naspers in hulle eie koerante kans skryf: By verre die meerderheid lesers van Die Huisgenoot wil nie lees dat Brian Lara die seksiesste krieketspeler op aarde is nie. Dis miskien nie polities korrek nie, maar hulle dink ‘n goeie, vars, blanke jongman, AB de Villiers byvoorbeeld, is baie aantrekliker. En, ja, hulle dink so juis omdat hulle wit is en hý wit is. Vandag se wetenskap bewys wat ons almal nog altyd instinktief geweet het: Die ras waarin jy grootword vorm die maatstawwe wat jy aan fisiese skoonheid stel. Dit was altyd so en so sal dit altyd wees. Net Die Huisgenoot en sy makers het dit blykbaar nog nie gehoor nie.

Alle Afrikaanse Naspers-publikasies is besig om in gehalte en getalle te kwyn. Maar in die monster se grootheidswaan, en omdat hy nie noemenswaardige teenstaanders het nie, ignoreer hy die tekens. Hoogmoed kom voor ‘n val en geen maatskappy in Suid-Afrika is meer selfvoldaan as Naspers nie.

Niemand hoef vir die mediamonster voor te lig wat om te doen om homself te vernietig nie. Hy doen dit vanself.

‘n Miljoen voete, met slaai en ekstra kaas

Tom Wolfe, die weergalose betragter en woordskilder van die Amerikaanse sosiale landskap, het New York, die stad, in een van die mees invloedryke opstelle oor die Nuwe Joernalistiek as ‘n “miljardvoetige ondier” beskryf. Ons is van geaardheid meer bedeesd en sal daarom net ‘n miljoen voete aan Naspers toeken.

Hierdie miljoenvoetige monster van ons is ‘n indrukwekkende verskynsel want nie net het hy die ontsaglike massa van ‘n dinosourus nie maar ook die aanpasbaarheid van ‘n knaagdier en die gedyvermoë van ‘n kakkerlak. En tog, hierdie kolos, baie soos ‘n seekoei wat ballet, sukkel toenemend om fyntjies te trap.

Sy sukses en oorlewing weerskante van ‘n nasionale politieke rewolusie was ‘n peillose besigheidsprestasie. Deur skrander bestuur, met ‘n sekere waaghalsigheid en met onweerstaanbare beslistheid het dié mediamaatskappy homself losgewoel van sy herkoms. Dié sou hom skynbaar onvermydelik onder die oppervlakte gesleep het, reg die maalkolk in wat ontstaan het met die wegsinking van Afrikaner-heerskappy. Naspers het daarin geslaag om homself te herontwerp maar, baie soos ‘n mens wat net een keer van geslag kan verander, gaan hierdie mediamonster uitvind dat sy identiteit nou finaal ingemessel is in die huidige politieke bestel en dat sy voortbestaan onlosmaaklik verbind is met die lot van die Nuwe Suid-Afrika. As veelrassige politiek in Suid-Afrika misluk, sal Naspers swaar gekwes word.

 So lank as wat Groot Besigheid ‘n werkbare verhouding, hoe ongemaklik ook al, met ‘n swart meerderheidsregering het, kan Naspers vanuit hierdie skans funksioneer om internasionaal sy ryk te vestig en te onderhou. Maar daar is ‘n natuurlike teenstaander van die Nuwe Suid-Afrika en die spanning tussen ‘n rassistiese, onderdrukkende regering en hierdie opponent kan Naspers se transaksie met die spreekwoordelike duiwel befoeter. Hierdie speek in die wiel is, ironies genoeg, die Afrikaner en Naspers het juis uit die Afrikaner gekom om die Afrikaner te dien. Naspers loop op Afrikaner-voete maar dit is die Afrikaner se herontdekking van sy volksidentiteit en –trots wat Naspers se invloed en posisie moet bedreig. ‘n Sielsgesonde Afrikaner sal noodwendig met Naspers se belange bots. Om in sy huidige florerende inkarnasie te oorleef, het die monster geen keuse nie: Hy moet toesien dat die Afrikaner verdeeld, verward en onderdruk bly. Die monster moet sy eie voete eet.

Dit was nie so lank gelede nie wat die hele Naspers ––  toe nog Nasionale Pers ––  voete, geraamte, buik, kop en arms, die ganse dier, uit die Afrikaner bestaan het. Die maatskappy is in die twintigerjare gestig met die tiekies en halfkrone van die Afrikanervolk wat toe nog gehawend en uitgeteer was na die verskrikking van die Tweede Vryheidsoorlog. Die mediamaatskappy het sterk en gesond gegroei in pas met die Afrikaner se herrysenis en met sy konsolidering van die politieke mag. Nasionale Pers het ‘n deurslaggewende aandeel gehad in die vestiging van Afrikaans as ‘n sterk, dinamiese taal. Hierdie was ‘n volksmaatskappy in die beste sin van die woord.

In 1948, met D.F. Malan se verkiesingstriomf, het Nasionale Pers se lojaliteit in klem verskuif van volk na politieke party. Hierdie verbintenis tussen Nasionale Pers en Nasionale Party was heen-en-weer ‘n voordelige een. Pers het die volk gekondisioneer vir die Party se politieke maneuvers en met die Party se guns kon die mediamaatskappy uitbrei deur die totstandbringing en oorname van ‘n gesonde stal koerante, tydskrifte en boekuitgewers. Wanneer daar gesê word dat, in die era tussen Malan en De Klerk, die aarts-Afrikaner Nasionale Party gestem het, in die N.G. Kerk gebid het en by Volkskas gebank het, moet bygevoeg word dat hy Nasionale Pers gelees het. Die Nasionale Party het die volk gelei en Nasionale Pers het die volk gedien.

In die tagtigerjare, egter, het die dienaar godsdienstig geword toe hy die groot geldgod ontdek het. Die Mammonsprofeet wat sekerlik die nuwe evangelie met die grootste fanatiesisme aan Nasionale Pers gebring het, was ‘n jong regsgeleerde wat homself nie tuis gevoel het in die regsbedryf nie. Die storieskrywer kan beswaarlik ‘n beter fiktiewe karakter saamstel as wat Koos Bekker in die werklike lewe is. Hy is deels internasionale, merkantiele held en deels volksrampokker. Hy is ‘n vaardige onderhandelaar, ‘n sterk leier en het die ekonomies hoog aangeslaande vermoë om patrone in die mark te sien en die vermoë om sy visies te laat materialiseer, die soort wat eerder vra “hoekom nie?” as “hoekom?”

Ontgogel deur die regsberoep, het die jong Bekker afgesit Amerika toe ter wille van ‘n MBA by Columbia Universiteit in New York. Satelliettelevisie was aan die posvat in die VSA en hy het met die oë gesteel en homself deeglik ingegrawe in die nuwe tegnologie. Bekker en twee Afrikaanse makkers het die stang vas gebyt en ewe kordaat opgemarsjeer na Ton Vosloo, toe aan die hoof van Naspers, om hom te oortuig om hulle te ondersteun om betaaltelevisie te loods in Suid-Afrika. Uit hierdie dramatiese ontmoeting sou MNET gebore word. Dit het ‘n hele verskuiwing van die tektoniese plate binne Naspers veroorsaak. Die volksgerigte uitgewersmaatskappy het ‘n internasionale mediaswaargewig geword met indrukwekkende belange in satelliet-TV, selfoonnetwerke en elektroniese mediaplatforms.

Hierdie oorgang het saamgeval met ‘n ander, en nog groter, verskuiwing – die nasionale een van ‘n apartheidsbewind na meerderheidsoorheersing. Dit was ‘n onsekere tyd en het fyn ewewig en ratse voetwerk geverg. Indien daar enigsins ‘n debat binne die raadsale van Naspers was, het die Mammoniste die nasionaliste getroef. Die maatskappy sou gedien word, ongeag van die omvang van die offer. Naspers kon weer daarin slaag om hulle lojaliteite te verplaas, dié keer van die kwynende Nasionale Party af na die Nuwe Suid-Afrika. Die grootste potensiële bedreiging vir die reënboognasie is ‘n sterk blok Afrikaners met eie aspirasies en wat aandring op hulle regte. Vir die voortbestaan van die Nuwe Suid-Afrika en derhalwe vir die oorlewing van die maatskappy, moes Naspers ‘n besluit neem wat moontlik bitter, maar beslis drasties, was: Die Afrikaner moes verdwyn, absoluut net verdwyn.

Die Volk wat nie wou saamwerk nie

Naspers het, soos Frankenstein se monster, venynig omgeswaai om sy maker te verslind. Die maatskappy wat deur die Afrikaner met soveel sorg en trou gebou is, het nou die ywerigste advokaat geword vir die aftakeling van die volk. Deur hulle meningsveldtogte en propaganda te ontleed, kan die Naspers-strateë se Endlösung vir die Afrikaner vasgestel word. Dit is vervat in vier stappe:

Eers Abdikasie, dan Transformasie, daarna Integrasie en, uiteindelik, Annihilasie.

Die aanvanklike stap was ‘n maklike een, gechoreografeer deur FW de Klerk en Roelf Meyer se papperige oorgawe in Kempton Park. Naspers het nie geleentheid gehad om te wys hoe manhaftig hulle die Afrikaner kan rangeer om nasionale sepoekoe te pleeg nie. Maar die tweede fase in die genadedood van die Afrikaner het Naspers met entoesiasme op homself geneem. In elke uitgawe van Rapport, die drie susterskoerante (Beeld, Die Burger en Die Volksblad) en elke week in Die Huisgenoot en in elke ander tydskrif, het Naspers redakteurs, verslaggewers en rubriekskrywers die Afrikaner oortuig om ter wille van die utopiese transformasie van die land, homself te verag.

Die handleiding vir hierdie aanslag is uit die werk en filosofie van ‘n obskure Italiaanse kommunis, Antonio Gramsci, geknip. Nadat hy tot sy ontnugtering deur Benito Mussolini opgetronk is, het Gramsci probeer ontleed hoekom die verwagte Marxistiese rewolusie so ‘n patetiese flop in Italië was. Sy insig was dat ‘n kommunisme  nie ‘n Westerse land deur geweld kan oorrompel nie. Daarvoor is die Weste te bedrewe in die verfoeilike kunste van geld- en oorlogmaak. Gramsci se voorstel was dat so ‘n land tog kan val deur die leefwêreld van die inwoners daarvan – hulle kultuur – die teiken van ‘n strawwe maar subtiele en deurlopende veldtog te maak.

Naspers het dit op hulleself geneem om die Afrikaner as’t ware te gramsci. Die volk is bykans onvernietigbaar deur eksterne aanvalle, maar as sy geskiedenis, tradisies, prestasies en gemeenskapslewe aangeval word en intellektuele molekule vir intellektuele molekule weggekalwe word, sal die Afrikaner homself uiteindelik van binne af vernietig. Naspers, met sulke gewillige bondgenote soos die nuwe SAUK en die land se onderwysstelsel, het met die grootste en geduldigste beslistheid aan die werk gespring.  Die Afrikaner, prewel Naspers se publikasies soos ‘n duiweltjie op die volk se skouer, is, met die moontlike uitsondering van die Nazi’s, die grootste monsters wat nog ooit uit die geledere van homo sapiens gekom het. Die Afrikaner sal nooit kan vergoed vir drie eeue se onreg teen die saggeaarde, mensliewende swart ras van Afrika nie en daarom is die minste wat hy kan doen om te verdwyn. Die huidige slagting onder veral die boere is die Afrikaner se verdiende loën en hy moet dit sonder teëspraak verduur. Daar is niks beredderingswaardig  aan die Afrikaner nie; nie sy taal, sy geskiedenis, sy letterkunde, sy kerk, sy eertydse militêre trots nie. Niks. En hy moet homself net voortdurend begenadig ag dat hy nog voete op die land het in dieselfde tyd as sulke barmhartige halfgode soos Mandela, Tutu, Mbeki…

Hierdie filosofie is onverdedigbaar in die lig van gesonde verstand en tog het Naspers se poging om die onverkoopbare aan die Afrikaner te verkwansel ontstellend na aan algehele sukses gekom. Agtien maande gelede het kommentators nog gesmaal dat die “Afrikaner stoom verloor het,” en het hulle gegrinnik oor die stomheid waarmee die volk voor die skeerder saamgedrom het. Maar  uiteindelik het hierdie poging gefaal: Dit is inherent vals en het nie geresoneer met die waarheid in die gesamentlike hart van die Afrikaner nie. Die Afrikaner wéét wie en wát hy is: ‘n Taai, skrander, vredeliewende, wetsgehoorsame, gelowige en deernisvolle volk wat nog altyd net die ruimte en geleentheid wou hê om homself te regeer sodat hy sterk en vooruitstrewend kan word en in die posisie sou wees om die swakkere volke om hom te help. Naspers se bombardement onwaarhede het soos metaangas onder die volk se kors opgebou en uiteindelik was dit ‘n oënskynlike onskuldige verskynsel wat deur hierdie laag geboor en suurstof en ‘n vlammetjie by die gas gevoeg het. Dit was ‘n sagte-rock liedjie oor ‘n afgestorwe generaal en ‘n volk se pleidooi aan hom. Vlamme, rook, magma, verskroeiing. Naspers ontken dit nog, maar hulle het die stryd om die volk se hart verloor.

Die enigste rede hoekom Naspers nog hoegenaamd suksesvol is om enige leesstof onder die volk te versprei, is die stelling wat hy ingeneem het teen die ANK. Naspers het homself haarfyn geposisioneer as ‘n Nuwe Suid-Afrika voorsanger eerder as om homself te verbind tot die heersende politieke party. Dit gee vir redakteurs soos Jonathan Crowther, Tim du Plessis en Henry Jeffreys die geleentheid om hulle duime te byt in die rigting van die rassistiese Mbeki-regime sonder dat hulle die Afrikaner enige bestaansreg gun. Dit is net hierdie venyn teenoor die ANC wat vir die Afrikaanse Naspers-publikasies nog enigsins geloofwaardigheid in die volk se oë gee. Maar hierdie sorgvuldig ingerigte posisie het ‘n prys: Dit is ‘n statiese een. Koerante en tydskrifte gedy op vernuwing maar met die Bresjneff-tipe stagnering waarin die Nuwe Suid-Afrika vasgeval het, kan daar niks nuuts in Naspers se lyfblaaie wees nie. In Suid-Afrika is net een van twee politieke modelle beskikbaar: Multi-kulturalisme of  selfbeskikking. Naspers het sy wa gehaak aan die multi-kulti trekker en die onvermydelike mislukking van veelrassigheid gaan ongetwyfeld ‘n einde bring aan Naspers se greep op die Afrikaner se siel.

Naspers, die judasbok wat die Afrikaner deur die slagproses van Abdikasie en Transformasie begelei het, gaan nou tot sy afgryse sien hoe die slagskaap vassteek by die derde stap, Integrasie. Die Afrikaner begin nou toenemend weer besef wie en wat hy werklik is. Wanneer daardie kennis sterk genoeg in die volksbewussyn is, gaan die Afrikaner omdraai en dan ook die eerste twee stappe, Transformasie en Abdikasie, omkeer. Die Afrikaner sal weer die meester van sy eie land en volk en die kaptein van sy eie lot wees. En waar sy lot afwyk van Naspers s’n, is dit die mediamonster wat onafwendbaar sal moet verval.

Selde was so ‘n groot mediagroep so kwesbaar deur klein mededingers soos wat Naspers vandag is. Twee jaar gelede het ‘n onafhanklike groep redakteurs en verslaggewers die eerste Afrikaanse Sondagkoerant, Die Wêreld, uit die niet tot stand gebring en, met ‘n meer gefokusde redaksionele beleid en noukeuriger beplanning, kon hulle Die Rapport erg gekwes het. Soos wat dit was, moes Naspers, volgens agter-die-hand stories in die mediawêreld, van bedenklike tegnieke gebruik maak om die nuwe japsnoet te pootjie. Hierdie koerant was ‘n kordaat poging om Naspers te takel waar die mediamonster nie net ‘n ontsaglike gewigsvoordeel gehad het nie  maar ook die omgewing van die stryd kon beheer.

Daar is wel een publikasiepyp wat Naspers nie verstop kan kry nie: Die internet. Daarop gedy klein, onafhanklike verspreiders van inligting en kommentaar. PRAAG is die vernaamste van hierdie uitdagers. PRAAG het ‘n indrukwekkende getal besoekers op die webwerf. Tans steek dit nog af teen die enorme hoeveelheid Naspers-lesers, maar PRAAG het twee dinge wat Naspers nooit weer sal hê nie: ‘n Groeiende leserstal en die instinktiewe ondersteuning van ‘n herrysende Afrikanervolk.  

PRAAG is uitstekend geposisioneer om die sprong van elektrone na ink te maak, van kwartaalblad en boeke na tydskrif, weekblad, dagblad… wie kan sê… en Naspers het die volk moerig genoeg gemaak sodat ‘n nuwe aanbod, een wat praat soos wat die volk voel, onherstelbare krake in die monster se pantser sal slaan.

Naspers het nog nie hierdie nuus gekry nie. Vir hulle is dit besigheid soos altyd, met die klem op “besigheid.” Hulle koerante en tydskrifte kan nie iets rewolusionêr of nuut ondersteun nie. Daarom vloei die wit ink in liters en liters Tippex-joernalisme. Meningskrywers word nou juis gekies vanweë die sufheid van hulle denke en die kortsig van hulle waarnemings. Die enigste vereiste om ‘n rubriek vir Naspers te hanteer, is dat die skrywer se verstand nie vertroebel sal wees deur enige vurigheid, forsheid of verfrissendheid nie. “Onbehoorlike denke,” soos deur George Orwell voorgeskryf as die enigste teengif teen die oormagtige aanslag van totalitarisme, word nie by Naspers geduld nie. Daarom vul hulle voortdurend hulle span rubriekskrywers aan met sulke onbeduidende persoonlikhede soos Koos Kombuis, Max du Preez en… Nina Overton-de Klerk.

Sy vertel, met ‘n spatsel grootdoenerigheid, dat haar seun, een wit vriende en een swart vriend, die venynige kritikus van haar swaer “uitgesorteer” het. Presies hoe hulle dit gedoen het, weier sy om te sê, anders as om op te merk dat dit “genadiglik vuisloos” was.  “Einde van storie,” soos sy weereens in ‘n sin sonder ‘n werkwoord skryf.

Dit word aan ons oorgelaat om te bespiegel oor hoe hierdie jong aktivis reggesien is. Omdat haar seun ‘n De Klerk is, is dit instinktief om te glo dat die seun afgedreig, omgekoop of belieg is. Maar dit is onregverdig om Nina se seun so te belaai met die sondes van sy vaders. Daar is ‘n ander manier waarop die jong De Klerk die venyn van die ontstoke seun teenoor hom kon getrek het, ‘n benadering wat insig, kloekmoedigheid en ‘n sin vir regverdigheid, alles so jammerlik tekort in die De Klerk-familie, sou toon:

Hy kon met hom saamgestem het.

игри для детеилобановский политик