Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die skepping van die nuwe Suid-Afrika, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag in Pretoria gesê.
“Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die daarstelling van die nuwe Suid-Afrika, van die historiese vergaderings in Dakar, Senegal in die 1980’s tot met die saamwerk om ‘n demokratiese skikking te vind,” het Zuma gesê tydens ‘n vergadering met Afrikaanse professionele en besigheidsmense.
Zuma het ‘n paar planne van die ANK uitgewys om misdaad, gesondheid, onderwys, grondhervorming en ekonomiese beleid oor die volgende 5 jaar te benader.
Hy het gesê wanneer dit by onderwys kom, die ANK wil fokus op taalontwikkeling, veral sedert navorsing getoon het dat dit die mees effektiewe metode is wanneer kinders begin om te leer in hulle huistaal.
“Ons is bekommerd oor berigte dat sommige swart kinders Engelse onderrig verkies en nie baie ernstig is oor hulle huistaal nie. Dit beteken dat ons baie moet doen om die inheemse tale te bevorder.”
Terwyl die ANK nie Engels en Afrikaans wil agterweë stel nie, wil dit verseker dat die ander tale onwikkel en geleer word.
Zuma het gesê die ANK beklemtoon sy verbintenis tot ekonomiese transformasiebeleide soos breë basis SEB en rasvoorkeur.
“Ons sien sulke beleide soos die as belangrike komponente van nasiebou, rekonsiliasie en belegging in ekonomiese groei en ontwikkeling.”
Zuma het gesê die ANK sal kyk na maniere om die instelling van die beleide te verbeter, om seker te maak dat meer mense soos jeug, vroue en gestremdes voordeel trek.
Die huidige grondhervormingsprogram moet hersien word en versnel word. Dit is ook belangrik dat mense wat grond ontvang behoorlike ondersteuning na die tyd ontvang.
“Ons moet hulle voorsien van tegniese vaardighede en finansiële bronne om die grond produktief aan te wend om volhoubare lewenswyses en behoorlike werk te skep in landelike gebiede.”
Die stryd teen MIV/Vigs bly steeds ‘n prioriteit, het Zuma gesê.
“Ons moet werk om die tempo van nuwe MIV besmettings met 50% te laat daal deur ‘n aggressiewe voorkomingsveldtog.”

Dit wil voorkom asof die resessie ‘n soettand het. Soos wat werkloosheid toeneem, lyk dit asof Amerikaners, en veral volwassenes meer lekkers, van jelliebeertjies tot sjokolades, veral die goedkoper soort, eet, het lekkergoedvervaardigers, winkeleienaars en industriespesialiste gesê.
Terwyl globale aandeelpryse gedaal het en verskeie van Sjina se Afrika-vennote diep in chaos verval het, is Sjina besig om terug te tree van sy meer aggressiewe planne.
Politieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.
Slegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.