“Dit kom voor dat verskeie pasiënte gehiperventileer het en sommige het selfs aanvalle gehad,” het Nick Dolman, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Die 20 tot 25 leerlinge tussen 14 en 15 jaar oud was meestal meisies.
Dollman het gesê 10 van die leerlinge se toestand was ernstiger as die res en hulle is van die groep geskei. ‘n Aantal toetse het hulle “medies stabiel” bevind.”
“Die polisie is na die toneel geroep en ongeveer 10 leerlinge het dwelmtoetse ondergaan. Al die uitslae was negatief,” het Dollman gesê.
Nog die paramedici, nog die onderwysers kon die rede vir die histerie vasstel. ‘n Traumaberader het die leerlinge besoek en sal Vrydag weer besoek aflê.
Op 11 Maart is 90 leerlinge in Ladysmith in KwaZulu-Natal gehospitaliseer.
Provinsiale gesondheidswoordvoerder Leon Mbangwa het gesê die 90 leerlinge, meeste van hulle meisies het geskreeu, gespring en histeries opgetree.
Verlede Maandag is 51 leerlinge by ‘n juniorskool in Lusikisiki in die Oos-Kaap gehospitaliseer oor ‘n drie dae tydperk, omdat hulle volgens hulle skoolhoof opgetree het asof hulle van die duiwel besete was.
In beide die insidente, net soos dit Donderdag was, was die meeste van die histerieslagoffers jong vroue.
