Dlamini-Zuma na Tripoli

ImageSuid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Woensdag in die hoofstad van Libië, Tripoli aangekom waar sy ‘n groep senior regeringslui sal lei by ‘n vergadering van die AU se buitengewone uitvoerende raad van ministers van buitelandse sake.
Minister Dlamini-Zuma het in Tripoli aangekom van Geneva af, waar sy saam met ander Suid-Afrikaanse kiesers haar stem oorsee uitgebring het by die Permanente Suid-Afrikaanse Sending in Geneva.

Minister Dlamini-Zuma, wat ondersteun word deur die direkteurgeneraal van buitelandse sake, dr. Ayanda Ntsaluba, woon die vergadering by binne die konteks van Suid-Afrika se verbintenis om strukture binne die AU op te rig as deel van die konsolidering van die Afrika-agenda.

коннектор светильника к шинопроводуФильчаков прокурор отзывы

Suid-Afrikaners stem in die buiteland

Suid-Afrikaners wat oorsee bly het die geleentheid gehad om hulle stemme te kan maak op Woensdag, met kiesers wat opgedaag het in groot getalle in groot stede.

Teen laat Woensdagaand was personeel by die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen steeds besig om ‘n konstante stroom kiesers te hanteer wat ingekom het om te stem, het ambassadewoordvoerder Niall Wilkins gesê.

“Daar was ‘n konstante stroom kiesers heeldag lank,” het hy gesê.

“Dit het baie goed verloop, hulle almal weet hulle is deel van ‘n spesiale demokratiese proses.”

Wilkins het gesê Suid-Afrikaners in die stad het begin toustaan omtrent 4 uur die oggend. Die stad het die grootste kieserstasie in die verkiesing, met ‘n totaal van 7427 kiesers wat geregistreer is om daar te kan stem.

In New York was daar egter probleme.

Verskeie mense wat by die konsulaat was om hul paspoorte te kry was teleurgestel omdat hulle nie geweet het hulle kon stem nie.

Sowat 16,240 kiesers het beoog om te stem by die 124 Suid-Afrikaanse sendings in die buiteland.

Die tweede grootste oorsese kieserstasie was in Canberra, Australië, met 1235 geregistreerde kiesers, dan Dubai in die Verenigde Aramiese Emirate met 900 kiesers en Wellington in Nieu-Seeland met 410.

Die kleinste kieserstasies was Asmara (Eritrea), Suva (Fiji), Ramallah (Palestina), Bujumbura (Boeroendi) en Trinidad en Tobago – wat elkeen net een geregistreerde kieser gehad het.

пневмоинструмент вФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma stel lastereis in teen Guardian

ANC-leier Jacob Zuma dagvaar die Gaurdian vir naamskending oor ‘n artikel wat verlede maand gepubliseer is wat sy leierskapstyl as “moreel besmet” beskryf het.

Hy eis ‘n verskoning en skadevergoeding van die gerespekteerde Britse dagblad, het sy regsverteenwoordigers in Londen, Shillings Prokureurs Maandag in ‘n verklaring gesê.

Dit het nie die bedrag gespesifiseer wat Zuma eis vir die artikel deur Simon Jenkins nie. Die artikel is gepubliseer onder die opskrif “Get used to a corrupt and chaotic South Africa. But don’t write it off.”

Die regsfirma het gesê “Mnr. Zuma glo die gepubliseerde stuk bevat erge vals beweringe wat nie verdedig kan word nie, waarvan die ergste is dat hy ‘n verkragter is.”

Zuma sê oor die berig dat  “die media akkuraat en eerlik verslag behoort te gee. Dit is nie regverdig dat hulle leuens moet druk, of sake uit verband uit trek net vir sensasionalisme en verhoogde inkomste nie.”

“Hoe kan hulle toegelaat word om ‘n persoon se reputasie op dié manier te skaad? Die wêreld het ‘n media nodig waarop mense kan staatmaak, selfs in Brittanje. In die saak is ek verplig om op te tree waar daar verkeerd opgetree word teenoor my.”

Shillings Prokureurs het gesê die artikel is verwyder van die webwerf van die Guardian.

Daarin is mense wat met Suid-Afrika te doen het gewaarsku "dat hulle gewoond moet raak aan Zuma se styl van regering – moreel besmet, administratief chaoties en korrup,” en is ‘n naamlose vriend van die joernalis aangehaal wat Zuma beskryf as “ ‘n krimineel en ‘n verkragter”.

Zuma, wat na verwagting die president sal word na die verkiesing volgende week dagvaar ook die plaaslike spotprentkunstenaar, Jonathan Shapiro, die Sunday Times en sy aandeelhouermaatskappye vir 7 miljoen rand, oor ‘n strokiesprent wat hom uitbeeld waar hy die “reg” in die vorm van 'n vrou, Justitia, verkrag.

игри для девушекФильчаков Александр Васильевич

Oorlog in Irak sal duurder wees as Vi?tnam

ImageDie hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.

Indien die Kongres die addisionele befondsing toestaan wat dié week deur die Obama-administrasie versoek is, sal die koste van die oorlog toeneem met $87 miljard vir 2009, wat ‘n vorige versoek wat goedgekeur is deur die Bush-administrasie insluit.

Indien dit gevoeg word by die bedrag wat in 2008 spandeer is, beteken dit die oorlog in Irak sal die belastingbetalers ‘n totaal van omtrent $694 miljard uit die sak gejaag het. In vergelyking het die Viëtnamoorlog wat $686 miljard gekos in inflasieaangepasde dollars en die Tweede Wêreldoorlog $4,1 triljoen, volgens ‘n studie van die Kongres se navorsingsdiens wat verlede jaar voltooi is.

Alhoewel die koste van die oorlog in 2009 sal krimp vergeleke met 2008, het die koste van die oorlog in Afghanistan begin toeneem.

Amerika het in 2008 $34 miljard spandeer in Afghanistan. Hierdie jaar beoog die Obama-administrasie, wat beplan om addisionele magte na die land te stuur, om $47 miljard te spandeer.

Militêre analiste glo die Irakoorlog se kostes sal aanhou krimp terwyl die oorlog in Afghanistan se kostes sal toeneem.

free live rouletteДанильченко

Die pi?tisme brei uit

Image

Dr. J.T. (Johannes) van der Kemp

Michiel Christian Vos was die geestelike opvolger van Van Lier. Hy is in 1759 aan die Kaap gebore. Hy het jonk getrou om sy erfgeld in die hande te kon kry en sodoende vir predikant te studeer. Ná 'n paar jaar as predikant in Nederland het hy in 1794 leraar van Tulbagh geword.

Met die verskyning van Vos het die piëtisme aansienlik onder die boere begin uitbrei. Sonder teenkanting het dit nie gegaan nie. Sommige lidmate was nie gediend met die nuwerwetse sentimentele godsdienstigheid nie. Die belangstelling in die geestelike toestand van die Khoi-Khoin en slawe was vir party oordrewe. Vir baie was Vos egter die profeet van 'n nuwe tyd. Hy het hulle gewys wat 'n "waaragtige bekering" behels en hoe 'n bekeerde mens sy of haar lewe moes deurbring. Vos het meer helpers gekry. In 1799 is die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap gestig en in dieselfde jaar begin die eerste vier sendelinge van die Londense Sendinggenootskap (onder andere dr. J.T. van der Kemp) hulle werk in Suid-Afrika.

Die uitwerking van die godsdienstige herlewing was volgens die reisiger M.H.K. Lichtenstein nie altyd heilsaam nie. Van die mense van Roodezand skryf hy aan die begin van die negentiende eeu dat hulle openhartig en diensvaardig was. "In hul huise heers netheid en aan hulle tafels weelde en oorvloed; hulle vroue en dogters gaan gekleed soos die inwoonsters van 'n stad en maak 'n nie heeltemal ongegronde aanspraak op verstand en beskaafdheid. Jammer is dit maar dat hier in die laaste jare, weens die verkeerde neigings van dweepsieke sendelinge, 'n soort van bigotterie ingedring het, wat die goedhartige en vrolike karakter van die mense misvorm en hulle in onaangename, nors fanatieke verander het. Dans, gesang en spel is uit die geselskappe verban, en hulle kan hul predikant [H.W. Ballot, opvolger van Vos], dit nouliks vergewe dat hy verdraagsamer dink en die jeug nou en dan tot vrolikheid aanmoedig. Deur die besighede van die landbou, die jag en reise behou die seuns nog hulle lewendigheid; maar die meisies sit gestadig in 'n vroom werkeloosheid. Met gebede sonder sin en veelvuldige Psalmgesang verstik hulle al die lewendige gevoel van die jeug." Dis seker oordrewe gesê, al was iets hiervan waar.

In werklikheid het die piëtisme nie 'n heeltemal nuwe geestelike stempel op die Afrikaners afgedruk nie. Daar was ook 'n egte nie-fanatieke vroomheid. Lichtenstein het dit selfs opgemerk onder afgesonderde grensbewoners, wat nooit met die piëtisme in aanraking gekom het nie. Hy skryf dat mens nooit uit die mond van 'n kolonis 'n onwelvoeglike woord of vloek hoor nie. "Ek was meer as een keer getuie daarvan dat hulle hulle met 'n sekere kies gevoel en edele afkeer van ruheid van ons dragonders of ander Europeane uitgelaat het, wanneer sulke persone in driftige opgewondenheid gevloek of onbehoorlike taal gebruik het. Die hoofoorsaak van hierdie goeie hoedanigheid is seker die algemeen-heersende godsdienstigheid van die koloniste en hulle afsondering van die wêreld, wat hulle teen baie ondeugde vrywaar."

липецк техноОлександр Фільчаков прокурор

Inbeldiens teen korrupsie en inkompetensie kom

Mense gaan in staat wees om korrupte aktiwiteite aan te meld deur middel van ‘n inbeldiens wanneer ANC-hoof Jacob Zuma oorneem as president van die land na die algemene verkiesings.

Terwyl hy met duisende mense gepraat het by ‘n ANC-saamtrek in Ngwelezane, buite Empangeni, het Zuma voorgestel dat ‘n nasionale tolvrye nommer ingestel word waar mense korrupsie kan aanmeld.

Die nommer sal ook gebruik kan word om lui regeringsamptenare aan te gee.

Zuma het gesê hy het opgemerk dat min mense korrupsie aanmeld.

‘n Struktuur wat optrede monitor sal seker maak dat dooie hout uit die regering verwyder word.

“Die struktuur sal verseker dat lui mense uit die regering verwyder word en vervang word met mense wat die werk kan doen.”

Zuma het gesê daar is regeringsamptenare wat dink dat hulle groter is as die mense.

“Die struktuur sal ook toesien dat korrupsiesake vinnig hanteer word, omdat daar op die oomblik baie mense is wat geskors word met volle betaling vir baie lang tye.”

где купить детектор лжиДанильченко Юрий прокурор

ANC trek IVP-kiesers

Dinsdag het die ANC gesê dat hulle die vestings van die IVP, hulle aartsvyande binnegedring het.

“Mense het ‘n skuif gemaak van die IVP na die ANC,” het ANC woordvoeder Jessie Duarte gesê voor Zuma se verskyning by die saamtrek in KwaZulu-Natal se Ngwelezane woongebied.

“Hulle het n groot getalle oorgekom. Ons saamtrekke in sogenaamde vestings van die IVP word bygewoon deur duisende mense,” het sy gesê.

Sy was vinnig om uit te wys dat die ANC nie gegroei het as gevolg van Zuma se gewildheid nie.

“Ons hoor dat die mense sê die ANC het gegroei as gevolg van Zuma se gewildheid. Dit is nie waar nie. Zuma is nie ‘n populis nie. Die mense het na die ANC toe gekom omdat hulle gesien het wat die ANC regering gedoen het.”

Vinnige opnames wat gedoen is gedurende die ANC-saamtrekke het egter getoon dat sommige mense wel na die ANC toe gekom het omdat hulle van Zuma hou.

Hulle het gesê Zuma se luistervaardigheid en passie om onderwys beskikbaar te maak vir alle jong mense is een van die redes hoekom hulle van hom hou.

sponsored appsДанильченко Юрий отзывы

Die DA en ons zombiedemokrasie

Die verklaring deur mnr. Kobus Marais van die DA dat swart ekonomiese bemagtiging "broodnodig" is, bevestig weereens PRAAG se standpunt dat dié party net 'n "ANC Lite" is. Daar is geen wesentlike verskille tussen die DA en die ANC se beleide oor ras, etnisiteit, taal en die noodsaak van anti-blanke maatreëls soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie.

Die verskille tussen die DA en ANC het met persoonlikhede en styl te make en nie met substansie nie. Ook verdedig die DA die gebreklike grondwet wat Roelf Meyer in 1994 sonder 'n werklike mandaat van die Afrikaner aanvaar het. Meyer was nie net 'n verraaier wat sedertdien by die ANC aangesluit het nie, maar ook onnosel, een van die geteelde NP-Broederbondtipes uit die verlede wat hul posisies op grond van 'n kruipende konformisme verwerf het.

Omtrent elke artikel in die grondwet is in terme van ras gekwalifiseer, sodat blankes en Afrikaners tweederangse burgers sal wees vir solank as wat die gebreklike grondwet in ons land gaan geld.

Suid-Afrika, asook ons hele subkontinent wat deur die Zimbabwekwessie oorheers word, behoef 'n nuwe visie. Amerikaanse ideologie rondom rassevoorkeure vir swartes oorheers vandag in Suider-Afrika net soos wat Sowjetdenke en rampspoedige sosialistiese eksperimente vroeër hoogty gevier het.

Die gemiddelde kieser is egter so gebreinspoel deur ons konformistiese media waarin kritiese denke en debat kwalik geduld word dat hy of sy nie in staat is om 'n rasionele keuse by die stembus uit te voer nie. Die gesig van duisende Afrikaners wat binnekort klakkeloos vir die DA met sy steun vir rassistiese anti-blanke beleid gaan stem, verteenwoordig 'n ewe groot bespotting van die demokrasie as die vorige verkiesing in Zimbabwe.

Ons leef in 'n zombiedemokrasie waarin feitlik niemand dit durf waag om die rampspoedige beleid van rassevoorkeure vir swartes te bevraagteken nie, veral nie die amptelike opposisie nie.

детские потолочные светильникиАлександр Фильчаков Васильевич

VF Plus l? kriminele klag teen Helen Zille

Image

Conrad Beyers

‘n Raadslid van die VF Plus in die Tshwane Metroraad, dr. Conrad Beyers, het vroeër vandag ‘n klag by die Brooklyn Polisiestasie in Pretoria teen die leier van die DA, me. Helen Zille, gaan lê na aanleiding van ‘n sms-veldtog wat deur die DA in Zille se naam gevoer word, nadat hy op sy selfoon ‘n boodskap van vermoedelik die DA se massa-sms-diens ontvang het.

Die sms is op groot skaal aan VF Plus-ondersteuners regoor die land gestuur. Die sms lees soos volg:

“Net die DA is groot genoeg om 2/3des vir Zuma te keer. Moenie jou stem vermors op klein partye soos die VF nie. Stem DA en stop Zuma. Groete, Helen Zille.”

Die VF Plus se leier in Gauteng, mnr. Jaco Mulder, het in ‘n verklaring daarop gewys dat die sms neerkom op ‘n vals verklaring met betrekking tot die werking van die kiesstelsel asook die steun van die VF Plus.

Artikel 89(2) verbied die publikasie van enige vals inligting met die doel om die uitslag van die verkiesing te beïnvloed.

Volgens Mulder is die verbod so ernstig dat daar in artikel 98 ‘n vonnis van soveel as 10 jaar tronkstraf – in geval van ‘n skuldigbevinding – voorgeskryf word.

Die feit van die saak is dat geen enkele opposisieparty homself die alleen-posisie kan aanmatig om die ANC se tweederde-meerderheid weg te neem nie. Meeste meningspeilings wys dat die DA-steun die afgelope ses maande in byna al die provinsies agteruit gegaan het. Volgens Markinor gaan die posisie van amptelike opposisie waarskynlik in 7 van die 9 provinsies deur Cope of die IVP opgeneem word. Die enigste partye wat in die tyd groei aangeteken het was die VF Plus en Cope.

“As die ANC sy tweederde-meerderheid verloor sal dit danksy die groei van die VF Plus en Cope wees en nie danksy die agteruitgang van die DA nie”, het Mulder gesê.

real slotsФильчаков Александр Васильевич

VN sukkel om soldate in die Kongo te hou

Image

Indiese vredesoldaat in die Kongo

Die wêreld se grootste VN-vredespoging loop die risiko om uitmekaar te val in die Kongo, as gevolg van die potensiële verlies van meer as ‘n kwart van sy soldate en onwilligheid aan die kant van ander nasies om nog soldate te stuur.

Die top-VN-amptenaar vir die Kongovredesending, ook bekend onder die Franse akroniem MONUC, het Donderdag aanvaar dat Indië byna 4400 soldate, wat tans die ruggraat van die sending van 16 475 man verteenwoordig, kan onttrek.

Die onderhandelings is aan die gang met Indië oor die toekoms van sy soldate,” het Alan Doss gesê ná hy die veiligheidsraad ingelig het.

VN-amptenare sê hulle het net nie genoeg soldate om al die burgerlikes in Kongo doeltreffend te kan beskerm nie, insluitend ten minste 1 miljoen wat ontwortel bly weens gevegte in ‘n land wat groter is as Wes-Europa maar met net 480km se geteerde paaie.

“Die swaar werk, moet ek hier sê, sal steeds gedoen moet word deur die Kongolese Nasionale weermag," het Doss gesê, alhoewel dit moeilik sal wees omdat die Kongo se inkomste met 70% gedaal het as gevolg van die ineenstorting van grondstofpryse.

Pakistan se 3 550 soldate maak MONUC se tweede grootste afdeling uit, gevolg deur omtrent 1 300 soldate elk van Bangladesj en Uruguay en meer as 1000 elk van Suid-Afrika en Nepal.  

deposit mobileФільчаков Олександр Васильович

Motlanthe plaas Khutsong oor na Gauteng

Image

Kgalema Motlanthe

President Kgalema Motlanthe het ‘n nuwe wetswysiging aangekondig waaronder Merafong-munisipaliteit geherinkorporeer word in Gauteng, het sy kantoor Dinsdag gesê.

Motlanthe se woordvoerder het gesê die president het 3 April gestel as die datum waarop die oorgrensmunisipalewetherroeping en verwantesakeveranderingswet in werking sal tree.

Dit beoog om ‘n einde te bring aan jare van ongelukkigheid oor ‘n besluit wat in 2005 geneem is om grense te skuif en Merafong in die Noordwesprovinsie geplaas.  

Inwoners van Merafong, wat die Khutsong woongebied insluit, het hulle tot die strate gewend in soms gewelddadige betogings en gekla dat hul lewenstandaard sal daal, aangesien die Noordwesregering minder doeltreffend was wat dienslewering betref as die Gautengregering.

Die protes het gelei tot die regering se aankondiging verlede jaar dat hulle die besluit van 2005 sal omkeer.

финские саунылобановский политик

Conficker – wat ‘n wurm

Vir die lesers wat Windows gebruik, is dit seker nou 'n goeie tyd om jou rekenaar na te gaan vir die virus Conficker of Downadup soos dit bekend staan.

Die virus het na raming al reeds tussen 7 en 15 miljoen rekenaars wêreldwyd besmet en het op 1 April 'n nuwe fase binnegegaan. Die meeste kenners het verwag dat die outeurs van die virus so 'n paar dae ná die eerste gaan wag voordat hulle die kode ten volle gaan implementeer; dit het nou wel gebeur. Op die 8ste het TrendMicro 'n nuwe lêer op een van hul besmette rekenaars opgemerk.

Die nuwe verwikkeling het dit nou moontlik gemaak dat die virus (variant Conficker C) met ander P2P- (peer to peer) netwerke kan kommunikeer. Die verspreiding van die nuwe lêer is baie subtiel en dit is om so min moontlik aandag te lok. Volgens Ivan Macalintal van Trend Research is die kommunikasie nou in volle swang en is dit net 'n kwessie van tyd voordat die kode verder gaan ontwikkel.

Wat doen die virus dan? Wel, die outeurs van die virusse is daarop uit om geld te maak, dit is al. Hulle is nie kinders wat in hul slaapkamers kodes aanmekaar slaan om ander te irriteer nie; hierdie werk is van hoogs opgeleide en gemotiveerde bendes wat net een ding voor oë het: om mense se geld te steel.

Met aanlyndienste, van bankwese tot veilings en waar mense soms dieselfde wagwoorde en gebruikersname vir talle werwe het, is die virusse daarop uit om daardie inligting te bekom en te oes. Wat die virusse ook doen, is om miljoene masjiene in "botnets" te verander wat dan onskuldige mense se masjiene oorneem om daardie funksies te verrig.

Die virus het 'n gaping in Microsoft se Windows-program uitgebyt en die programmatuurreus het selfs 'n $250 000-vergoeding beskikbaar gestel vir inligting wat wat kan lei tot die inhegtenisname van die persone.

Wat kan gedoen word om die ding te stop, wel, kry jou virusprogrammaguur op datum, maak seker jy gebruik bekende firmas soos Norton of TrendMicro. Besoek ook hul werwe om jou masjien na te gaan. Een kenmerk van die virus is wanneer jy een van die werwe wil besoek, sal dit 'n blad vertoon wat meld dat die werf onbereikbaar is.

Maak seker jou Windows-stelsel is op datum met die jongste veiligheidsbywerkings en installeer 'n brandmuur.

Vir meer inligting sien:

Wikipedia – http://en.wikipedia.org/wiki/Conficker

http://blog.trendmicro.com/downadconficker-watch-new-variant-in-the-mix/

http://www.symantec.com/norton/theme.jsp?themeid=conficker_worm&inid=us_ghp_link_conficker_worm

укладкапрокурор Фильчаков

Slaan die Zuma-yster terwyl dit warm is

ImageOngelukkig kon ek laasweek se gesprek met mnr. Jacob Zuma nie bywoon nie, hoewel ek aktief daaraan gewerk het dat dit moes plaasvind.

Min mense besef watter politieke deurbraak vir Afrikaners plaasgevind het.  Deur sy uitspraak oor Afrikaners se inheemsheid het JZ namens die ANC amptelik erken dat die Afrikaners wel ‘n inheemse Afrikastam is.  Waar Mbeki alle witmense oor dieselfde kam geskeur en as ryk settlers gebrandmerk het, het die nuwe swart koning Afrikaners as wit Afrikane gesaniteer.  Binne die Afrika-kultuur is dit ‘n reusagtige politieke ommeswaai.

Daardeur het hy verskeie politieke en emosionele deure vir Afrikaners oopgemaak waardeur ons nou die politieke arena vanuit hoë morele grond kan betree.

Eerstens besit elke stam van Afrika ‘n kerngebied waar sy tradisies en gewoontes vetroetel word.  Die Duitsers noem dit ‘n kulturheimat  – ons noem dit bloot ‘n tuisland.  Zuma se stelling plaas die regering nou in ‘n drukgang, want hoe kan Afrikaners dan ‘n inheemse Afrikastam sonder ‘n tuisland wees?  Tensy Malema se Oraniabesoek  bedoel was om Orania as die Afrikaners se tuisland simbolies te erken. 

Sou JZ se uitspraak daarop neerkom dat die ganse Suid-Afrika inderwaarheid die Afrikaners se kulturheimat is, dan sal sekere strukturele veranderings aan regeringsbeleid benodig word om uiting daaraan te gee, want amptelike ANC beleid dui tans op presies die teenoorgestelde.  Dan sal ons straat en dorpsname in ere herstel moet word of minstens as paralelle name erken moet word. Dan sal ons erfenisse en tradisies, skole, kurrikulering  en taal deur ons en ons alleen beheer moet word.

Soos Dan Roodt gesê het, kon Zuma iets regkry wat hy en ek en ander oor die afgelope agt jaar nie kon regkry nie, naamlik om die breë spektrum van Afrikanerdom vir ‘n vergadering bymekaar te maak.  Wat ons Donderdag gesien het, was die Afrikanerraad in aksie in sy gesprek met die toekomstige staatspresident van die land.

Ons volkie se sikofantiese versugting om naby aan mag te verkeer, blyk die enigste wyse te wees vir die daarstelling van die te stigte Afrikanerraad om ons volksbelange te beskerm. 

As dit dan so is, laat ons dan daardie pad loop.

best slots toОлександр Васильович Фільчаков

‘n Stem vir die DA is ‘n stem vir nog ‘n Afrikaner-holocaust

ImageHelen Zille se onredelike aanval op dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus toon net weer: 'n jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie. Die DA, wat steeds deur die Engels-liberale Prog-kliek beheer word, is in wese anti-Afrikaans en verwag van Afrikaners dat hulle hul taal, kultuur en identiteit moet aflê om deel te word van die multikulturele, Engelstalige "reënboognasie" wat biskop Tutu en ander marionette van die Britte en Amerikaners aan ons land voorhou.

Die DA se verkiesingslagspreuk, "One nation, one future" verteenwoordig 'n stuk koloniale drogredenasie so groot soos Milner se imperialistiese droom van een Suid-Afrika onder Britse gesag wat Engels praat. Dwarsdeur die negentiende eeu het opeenvolgende Britse lords die Afrikaners vertel dat die volgende geslag vrywillig sou verbrits of verengels en dat dit daarom nie die moeite werd was om Nederlandse of Afrikaanse taalregte aan die bevolking toe te staan nie.

Die neerhalende wyse waarop Zille na die Afrikaners se "aparte etniese kassie" verwys, is nie net aan Pieter Mulder en die Vryheidsfront Plus se adres gerig nie. Sy praat met elke Afrikaner wat nie die sogenaamde "universele kultuur" van die vermetele groepie Engelse "progressiewes" wat sowel die DA as die mynhuise beheer, wil aanvaar nie. Net soos wat die mynhuise ons omgewing opophoudelik besoedel en kanker en ander siektes by ons kinders veroorsaak, besoedel die DA ons politieke landskap met hul agtergehaalde koloniale liberalisme.

Helen Zille is die geestelike dogter van Kitchener en Milner. Sy wil hê dat die Afrikaner as volk en as nasionale groep met 'n eie taal, kultuur en identiteit moet verdwyn.

Daarom: 'n Stem vir die DA is 'n stem ten gunste van nog 'n Afrikaner-holocaust in hierdie land. Weliswaar bepleit Zille, anders as haar koloniale Engelse voorgangers van honderd jaar gelede, nie die fisieke uitwissing van die Afrikaner nie, maar wel sy kulturele en nasionale uitdelging om deel van die multikulturele, Engelse nasie te word.

Terwyl Zille die ANC veroordeel, wil 'n mens vra: wat is die DA anders as 'n "ANC Lite"? Op elke belangrike beleidspunt, sover dit die Afrikaner betref, stem die DA en die ANC ooreen. Trouens, Zille oortref die ANC in haar holruggeryde verwysings na apartheid. Terwyl Jacob Zuma van die ANC so pas toegegee het dat daar vele aspekte van Afrikanerregering in die ou Suid-Afrika was wat die land tot voordeel gestrek het, soos doeltreffende landbou en respek vir wet en orde, wil Zille eintlik die stereotipe siening van die Afrikaner as verdrukker en rassis wat Suid-Afrika "verwoes" het aan haar eie Afrikanerkiesers verkoop.

Kyk na die DA en ou DP se rekord:

  • Tydens die Kemptonparkonderhandelings steun die DP die gedagte van een amptelike taal vir Suid-Afrika, naamlik Engels.
  • Tydens 1999-2000 steun die DA die herafbakening van Pretoria om van Afrikanerkiesers in daardie gebied 'n minderheid in hul eie stad te maak.
  • In dieselfde periode (1999-2000) steun die DA die naamsverandering van Pretoria na die gedrogtelike "Tshwane".
  • Meer onlangs in Kaapstad het mev. Zille se DA-stadsraad Afrikaanse straatname verander om plek te maak vir dié van ANC-helde.
    Die DA steun insgelyks gedwonge integrasie, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en die sosialistiese welvaartstaat wat die ANC ingestel het en wat ons land op die duur gaan ruïneer.
  • Trouens, die DA is nog meer radikaal as die ANC wanneer grondhervorming ter sprake is. Op 30 Oktober 2008 het mnr. Kraai van Niekerk, die DA se woorvoerder oor landbou, verklaar dat die DA "diep bekommerd" is dat die ANC se teiken van 30% landbougrond in die hande van swart boere teen 2014 nie gehaal gaan word nie en dat die DA "ten volle tot dié doelwit verbind is", die huidige afname in voedselproduksie ten spyt.
  • Les bes, die DA beskou die huidige stelsel met sy ingeboude voordeel aan demografie en benadeling van minderhede as die ideale stelsel met die ideale grondwet.

Daar mag mense wees wat dink dat die DA-bewind Kaapstad tot voordeel gestrek het. Maar hoe waar is dit? Die DA se stryd met die ANC in die Wes-Kaap berus op magsug en nie op beginselverskille nie. Het die plakkerskampe rondom Kaapstad minder geword onder die DA as onder die ANC? Het misdaad afgeneem of toegeneem? Wat het mev. Zille gedoen om die migrasie van Xhosas uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap te stuit? Net mooi niks. Die DA se politieke strategie is op sand gebou en op die duur gaan die party sy Wes-Kaapse magsbasis moet afstaan aan die onvermydelike uitwerking van demografie en gaan dit terugval op die hovaardige gekef wat die party sedert mev. Helen Suzman se dae as alleenverteenwoordiger in die parlement kenmerk.

Helen Zille beskuldig dr. Pieter Mulder daarvan dat sy party 'n "paringsdans" met die ANC sou uitvoer. Maar wie is die een wat ons gereeld op TV sien toitoi met haar geliefde Xhosas? Kennelik het sy haar politieke styl, vuis in die lug, by Winnie Mandela geleer, dieselfde persoon wat sy so naarstiglik tydens haar jare by die Black Sash gesteun het.

Haar rou krete van "Viva! Viva!" by sulke geleenthede som die intellektuele inhoud van DA-beleid mooi op.

Die liberalisme kon nog nooit hond haaraf maak in die Suid-Afrikaanse politiek nie, omdat dié filosofie strydig met die werklikheid is. Suid-Afrika is 'n multietniese of veelvolkige staat en nie bloot 'n nasie wat uit 'n versameling individue bestaan – soos wat die DA voorhou – nie.

Dit is hoog tyd dat die DA weer terugkeer na die goue ghetto's – of moet ek sê "etniese kassies", mev. Zille? – van Houghton of Constantia waaruit die party ontspring het, waar mense hul jenewer en tonikum drink en droom dat Suid-Afrika 'n Engeland-in-die-kleine verteenwoordig. Hoe Afrikaners ooit in die doodloopstraat van die DA se koloniale Engelse politiek beland het, weet nugter.

Op sy minste toon dit watter verwarring die disinformasie veroorsaak het wat elke dag deur die hoofstroommedia uitgepomp word.

сколько стоит пломбирование зубалобановский александр жена