VN sukkel om soldate in die Kongo te hou

Image

Indiese vredesoldaat in die Kongo

Die wêreld se grootste VN-vredespoging loop die risiko om uitmekaar te val in die Kongo, as gevolg van die potensiële verlies van meer as ‘n kwart van sy soldate en onwilligheid aan die kant van ander nasies om nog soldate te stuur.

Die top-VN-amptenaar vir die Kongovredesending, ook bekend onder die Franse akroniem MONUC, het Donderdag aanvaar dat Indië byna 4400 soldate, wat tans die ruggraat van die sending van 16 475 man verteenwoordig, kan onttrek.

Die onderhandelings is aan die gang met Indië oor die toekoms van sy soldate,” het Alan Doss gesê ná hy die veiligheidsraad ingelig het.

VN-amptenare sê hulle het net nie genoeg soldate om al die burgerlikes in Kongo doeltreffend te kan beskerm nie, insluitend ten minste 1 miljoen wat ontwortel bly weens gevegte in ‘n land wat groter is as Wes-Europa maar met net 480km se geteerde paaie.

“Die swaar werk, moet ek hier sê, sal steeds gedoen moet word deur die Kongolese Nasionale weermag," het Doss gesê, alhoewel dit moeilik sal wees omdat die Kongo se inkomste met 70% gedaal het as gevolg van die ineenstorting van grondstofpryse.

Pakistan se 3 550 soldate maak MONUC se tweede grootste afdeling uit, gevolg deur omtrent 1 300 soldate elk van Bangladesj en Uruguay en meer as 1000 elk van Suid-Afrika en Nepal.  

deposit mobileФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae