?Slagoffers van apartheid? kan nou eis van Duitse en Amerikaanse firmas

Slagoffers van Suid-Afrika se ou apartheidsregering het ‘n geregtelike groenlig gekry in Amerika om die week voort te gaan met eise vir skadevergoeding van vyf groot Amerikaanse en Duitse firmas vir hulle hulp van dekades aan onderdrukking deur wit heerskappy.
'n New Yorkse regter, Shira Scheindlin, het gesê sake waarin geld geëis word teen Duitsland se Daimler en Rheinmetall Groep en die Amerikaanse Ford, General Motors en IBM kan voortgaan, het die webwerf Law.com Donderdag berig.

Die klaers – twee groepe Suid-Afrikaners – beweer dat die firmas apartheid ondersteun het deur voertuie, wapens, rekenaars en ander items aan die apartheidsbewind verkoop.

Soortgelyke eise dat IBM en Japan se Fujitsu betrokke was in moorde en marteling is van die hand gewys.

Die regter het ook eise teen Barclays Bank PLC vir beweerde werksdiskriminasie van die hand gewys en teen Brittanje se Barclays en Switserse UBS dat hulle geld geleen het en die koop van Suid-Afrikaanse weermagsertifikate ondersteun het, het Law.com gesê.

Volgens Amerikaanse wet, kan nie-Amerikaanse burgers hof toe gaan teen maatskappye wat ‘n vastrapplek het in Amerika, indien hulle kan bewys dat internasionale menseregte geskend is.

уличные фонари ценаФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae