“Mense het ‘n skuif gemaak van die IVP na die ANC,” het ANC woordvoeder Jessie Duarte gesê voor Zuma se verskyning by die saamtrek in KwaZulu-Natal se Ngwelezane woongebied.
“Hulle het n groot getalle oorgekom. Ons saamtrekke in sogenaamde vestings van die IVP word bygewoon deur duisende mense,” het sy gesê.
Sy was vinnig om uit te wys dat die ANC nie gegroei het as gevolg van Zuma se gewildheid nie.
“Ons hoor dat die mense sê die ANC het gegroei as gevolg van Zuma se gewildheid. Dit is nie waar nie. Zuma is nie ‘n populis nie. Die mense het na die ANC toe gekom omdat hulle gesien het wat die ANC regering gedoen het.”
Vinnige opnames wat gedoen is gedurende die ANC-saamtrekke het egter getoon dat sommige mense wel na die ANC toe gekom het omdat hulle van Zuma hou.
Hulle het gesê Zuma se luistervaardigheid en passie om onderwys beskikbaar te maak vir alle jong mense is een van die redes hoekom hulle van hom hou.
