Ekhuruleni se metropolisiewoordvoerder inspekteur Mveli Nhlapo het gesê die man is deur vier mans wat gemaak het asof hulle ‘n saamrygeleentheid gesoek het naby die Oakmoor spoorwegstasie in Tembisa van die pad af getrek teen omtrent 5:45 die middag.
“Toe hy stadiger gery het, het hulle sy vragmotor met klippe gegooi en het hy beheer verloor,” het Nhlapo gesê.
Toe die 22-meter lange vragmotor tot stilstand gekom het, het omtrent 50 mans uit die bosse verskyn en die bestuurder aangerand, het Nhlapo gesê.
“Dit is nie onmoontlik dat hulle betrokke was by die opmars in Johannesburg nie, aangesien een van hulle ‘n Satawu-T-hemp gedra het,” hewt Nhlapo gesê.
Die bestuurder is liggies beseer en niemand is gearresteer nie.
