Die hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.
Indien die Kongres die addisionele befondsing toestaan wat dié week deur die Obama-administrasie versoek is, sal die koste van die oorlog toeneem met $87 miljard vir 2009, wat ‘n vorige versoek wat goedgekeur is deur die Bush-administrasie insluit.
Indien dit gevoeg word by die bedrag wat in 2008 spandeer is, beteken dit die oorlog in Irak sal die belastingbetalers ‘n totaal van omtrent $694 miljard uit die sak gejaag het. In vergelyking het die Viëtnamoorlog wat $686 miljard gekos in inflasieaangepasde dollars en die Tweede Wêreldoorlog $4,1 triljoen, volgens ‘n studie van die Kongres se navorsingsdiens wat verlede jaar voltooi is.
Alhoewel die koste van die oorlog in 2009 sal krimp vergeleke met 2008, het die koste van die oorlog in Afghanistan begin toeneem.
Amerika het in 2008 $34 miljard spandeer in Afghanistan. Hierdie jaar beoog die Obama-administrasie, wat beplan om addisionele magte na die land te stuur, om $47 miljard te spandeer.
Militêre analiste glo die Irakoorlog se kostes sal aanhou krimp terwyl die oorlog in Afghanistan se kostes sal toeneem.
