Zuma stel lastereis in teen Guardian

ANC-leier Jacob Zuma dagvaar die Gaurdian vir naamskending oor ‘n artikel wat verlede maand gepubliseer is wat sy leierskapstyl as “moreel besmet” beskryf het.

Hy eis ‘n verskoning en skadevergoeding van die gerespekteerde Britse dagblad, het sy regsverteenwoordigers in Londen, Shillings Prokureurs Maandag in ‘n verklaring gesê.

Dit het nie die bedrag gespesifiseer wat Zuma eis vir die artikel deur Simon Jenkins nie. Die artikel is gepubliseer onder die opskrif “Get used to a corrupt and chaotic South Africa. But don’t write it off.”

Die regsfirma het gesê “Mnr. Zuma glo die gepubliseerde stuk bevat erge vals beweringe wat nie verdedig kan word nie, waarvan die ergste is dat hy ‘n verkragter is.”

Zuma sê oor die berig dat  “die media akkuraat en eerlik verslag behoort te gee. Dit is nie regverdig dat hulle leuens moet druk, of sake uit verband uit trek net vir sensasionalisme en verhoogde inkomste nie.”

“Hoe kan hulle toegelaat word om ‘n persoon se reputasie op dié manier te skaad? Die wêreld het ‘n media nodig waarop mense kan staatmaak, selfs in Brittanje. In die saak is ek verplig om op te tree waar daar verkeerd opgetree word teenoor my.”

Shillings Prokureurs het gesê die artikel is verwyder van die webwerf van die Guardian.

Daarin is mense wat met Suid-Afrika te doen het gewaarsku "dat hulle gewoond moet raak aan Zuma se styl van regering – moreel besmet, administratief chaoties en korrup,” en is ‘n naamlose vriend van die joernalis aangehaal wat Zuma beskryf as “ ‘n krimineel en ‘n verkragter”.

Zuma, wat na verwagting die president sal word na die verkiesing volgende week dagvaar ook die plaaslike spotprentkunstenaar, Jonathan Shapiro, die Sunday Times en sy aandeelhouermaatskappye vir 7 miljoen rand, oor ‘n strokiesprent wat hom uitbeeld waar hy die “reg” in die vorm van 'n vrou, Justitia, verkrag.

игри для девушекФильчаков Александр Васильевич