“Amerika probeer desperaat om sy leierskap te laat geld, net soos 10 jaar gelede, toe Amerika die agenda bepaal het,” meen Kennth S. Rogoff, ‘n ekonoom van Harvard en voormalige hoofekonoom van die IMF na aanleiding van toenemende druk om die instelling te omvorm.
Met meer lande wat elke week in ‘n krisis versink, is daar algemene konsensus dat die IMF toegang tot meer fondse moet verkry. Sedert verlede jaar het die IMF byna $50 miljard in lenings toegestaan aan 13 lande. Die proses vir lenings is tans meer vaartbelyn en die bestuur hoop dat om die dinge “losser” te maak, die bitterheid wat teen die IMF opgebou het in die verlede as gevolg van streng vereistes, sal verminder.
By ‘n voorbereidingsvergadering twee weke gelede, het ministers van finansies van die Groep van 20 (G20) ingestem om finansiering “baie substansieel” te verhoog, alhoewel die Europeërs tot ‘n ekstra $250 miljard en nie $500 miljard ingestem het nie.
Die Sjinese sien die fonds as ‘n manier om Amerika te “manipuleer”. Die goewerneur van Sjina se sentrale bank, Zhou Xiaochuan het onlangs voorgestel dat die Amerikaanse dollar uitgefaseer word as die wêreld se standaardreserwegeldeenheid. As ‘n plaasvervanger het hy voorgestel dat Spesiale Trek Regte, of STR’s gebruik word. STR’s is ‘n sintetiese geldeenheid wat deur die fonds geskep is vir gebruik tussen IMF en die 185 lidlande.
Ekonome sien die idee ten minste eers iewers in die toekoms as realiseerbaar. Maar die blote gedagte dat die dollar se status afneem – ‘n tema wat ook deur Russiese amptenare opgeneem is – stuur ‘n duidelike boodskap.
Amerika sal Sjina se status die week aanspreek, wanneer die VSA besonderhede bekend sal maak van nuwe hoëvlak gesprekke met Beijing, wat deur Hillary Clinton gelei gaan word, volgens ‘n senior administrasie amptenaar, wat anoniem wil bly omdat die inligting nog nie openbaar gemaak is nie.
Die aankondiging sal volg na die eerste ontmoeting tussen president Obama en die Sjinese president Hu Jintao in Londen.

Apartheid het die ondernemingsgees in Suid-Afrika vernietig, het minister van finansies, Trevor Manuel, Sondag gesê.
Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die skepping van die nuwe Suid-Afrika, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag in Pretoria gesê.