‘Wit, blou-oog mense is verantwoordelik’

Gordon Brown se pogings om ‘n 80-miljardpond reddingspakket vir wêreldhandel aanmekaar te sit, het gisteraand ‘n struikelblok getref toe die Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula de Silva hom uitgespreek het teen “wit, blou-oogbankiers" wat die wêreldekonomie op sy knieë gebring het.

Mnr. Brown het ongemaklik toegekyk toe sy gasheer uitgevaar het in ‘n tirade waarin hy gewaarsku het dat volgende week se G20-beraad in Londen ‘n “taai” saak kan wees.

President Lula het gesê dit is heeltemal onregverdig dat die armste mense in die wêreld swaarkry as gevolg van die foute van die ryk Westerse finansiers.

“Dit was ‘n krisis wat aangeblaas en gevoed is deur irrasionele optrede van mense wat wit is met blou oë, wat voor die krisis gelyk het of hulle alles weet van ekonomie,” het hy verklaar.

“Nou het hulle gedemonstreer dat hulle niks weet van ekonomie nie.”

President Lula, die leier van Brasilië se vernaamste linkervleuelparty, het gesê dat geen swart man of vrou, geen inheemse persoon, geen arm persoon op enige manier verantwoordelik is vir die globale bankkrisis nie.

“Ek ken geen swart bankier nie,” het hy gesê. “Die deel van die mensdom wat verantwoordelik is, behoort vir die krisis te betaal.”

Brasilië is die derde been van mnr. Brown se toer, wat Dinsdag afgeskop het met ‘n toespraak aan die Europese parlement in Straatsburg, voor hy na New York gegaan het.

Sy pogings om die grondslag te lê vir die beraad word egter gepla deur spanning tussen Amerika en Europa oor hoe om die afplatting te hanteer.

Die Tsjeggiese eerste minister, Mirek Topolanek, die huidige EU-president, het die Amerikaanse president Barack Obama se fiskale stimulus en hulppakket “die weg na die hel” genoem.

отделочные материалы для ваннойФильчаков прокурор отзывы